Missie Japan Blog deel vars insigte oor die uitdagings en vreugdes van Christen wees in Japan. God se Lig skyn hiér op unieke maniere.
Ons bedieningsfokus is tans gerig op die Kobe Gereformeerde Teologiese Kweekskool en landwye kerk bedieninge.
Hierdie blog help medewerkers om saam met ons betrokke te raak by die uitleef van Christelike geloof, hoop en liefde.
Oor die skrywer
Stéphan van der Watt (dr.)
is sendeling-predikant van die Reformed Church in Japan. Carina, sy vrou, en hulle vier kinders Annlie, Cornelius, Lodewyk en Stephan, deel in die bediening. Lees meer oor hulle en ander sendelinge van Missie Japan, deur hier te kliek.
Oor Missie Japan
Missie Japan is
• ‘n gesamentlike getuienisaksie van die NG Kerk en ander Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, in noue vennootskap met die Reformed Church in Japan.
• ‘n vrywillige geloofsaksie wat ondersteun word deur individue, groepe, gemeentes en wyer kerkverbande regoor die wêreld.