Raak betrokke

Hierdie blad is nog onder konstruksie … word binnekort opgedateer.

Hoe kan ek ‘n medewerker word?

  • Deur voorbidding op ’n gereelde basis – vir die twee sendeling gesinne, vir Missie Japan se uitvoerende bestuur, en véral vir die werk in Japan en die moedige gemeentetjies (gemiddeld 30 mense per gemeente) van die RCJ waarmee ons saam werk.
  • Deur te help om die werk wyer bekend te stel en nuwe medewerkers te werf. Vertel vir jou vriende van Missie Japan se werk en bring ons in kontak met belangstellendes.
  • Deur deel te raak van ’n groep wat ons kom besoek in Japan, of deur Japannese besoekers wat gereeld na Suid-Afrika kom, gasvry te ontvang.
  • Deur gereeld met die sendelinge kontak te maak. Ons kontakdetails is onder die hofie Sendelinge.

En as ek finansieël betrokke wil raak?

  • Om die werk effektief te kan doen, is fondse nodig. Die lewenskoste in Japan is hoog en die plaaslike gemeentes in Shikoku kan nie veel bydra nie.
  • Missie Japan se werk kan alleen voortgaan as soveel moontlik gemeentes en individue getrou help bydra – verkieslik elke maand. Debietorders is dalk die heel beste plan! Die goeie nuus is dat die Here nou al sedert 1974 die middele vir hierdie werk voorsien; en Hy bly getrou in Sy sorg.
  • Alle fondse word administreer deur die Getuieniskantoor van die NG Kerk Vrystaat.

Finansiële besonderhede

Rekening naam:    Missie Japan
Bank:                     ABSA
Takkode:               632005
Rekening nr:         4049690248

Missie Japan adres

Getuieniskantoor
Posbus 1399
Bloemfontein, 9300
Tel:+27 51 406 6729
Faks: +27 51 447 2145
E-pos: getuienis@ngkerkovs.co.za