Nuusflits 12 September 2008
Beste ondersteuners,
In hierdie afgelope week het ek en Carina met verteenwoordigers van die RCJ ‘n internet (skype) onderhoud gevoer. Dit was ‘n baie verrykende en geseënde ervaring, en ons is opgewonde oor en opnuut bewus van die groot verwagtinge wat die RCJ koester oor ons en alle medewerkers in die NG Kerk familie se rol in Japan.
Suid-Kaap bekendstelling
Ma 15 Sept: Nieu-Bethesda (14:30); Graaff-Reinet (18:00)
Di 16 Sept: Willowmore (10:00); Uniondale (12:00); Oudtshoorn-Wes (16:00); Calitzdorp (19:00)
Woe 17 Sept: Volmoed (09:00); Oudtshoorn-Moeder (11:00); Oudtshoorn-Park (14h30); Oudtshoorn-Welgeluk (19:00)
Do 18 Sept: Ladismith (10:00); Barrydale (12:00); Buffeljags (17:00 en 18:30)
Vry 19 Sept: Bredasdorp (10:00); Caledon-Wes (12:30)
Sat 20 Sept: Swellendam ouetehuis(10:00)
Son 21 Sept: Swellendam erediens (09:30)
Ma 22 Sept: Heidelberg (10:00); Riversdal (12:00)
Di 23 Sept: Hartenbos (10:00); Groot Brakrivier (15:00); George-omgewing (middag-aand)
Do 25 Sept: Mosselbaai Moeder (09:30); George-omgewing (middag-aand)
Sat 27 Sept: Mosselbaai Moeder (09:00); Stilbaai (middag)
Son 28 Sept: Outeniqualand erediens (09:30)
Ma 29 Sept: Aberdeen (na 17:00)
Enige iemand is welkom om enige van die byeenkomste by te woon. Kontak my gerus met navrae. Inligting oor die program vir die Oos-Kaap (14 – 27 Oktober) sal volg, vroeg Oktober.
Gebedsonderwerpe
· Dankie sê vir die Here se sorg i.t.v. die verstommende klomp positiewe reaksie wat ons al gekry het na afloop van ons eerste bekendstellings-geleenthede.
· Vra vir krag en vrede in ons geestelike, emosionele en fisiese voorbereiding vir die tyd wat voorlê in die Suid-Kaap.
· Vra vir aanvaarding van ons roeping, asook volhoubare ondersteuning deur gemeentes en individue wat die bekendstellings sal bywoon.
· Vra vir dissipline en energie om ook nou in alle erns met taalstudie te begin.
Baie dankie!
Vrede
Stéphan en Carina