Nuusflits 10 Februarie 2009
Beste ondersteuners,
Hierdie is ‘n kort nuusflits om jou op hoogte te hou van hoe sake verloop met ons Vrystaatse bekendstellingstoer. Tussen goudvelde van stralende sonneblomme, manjifieke mielies en gasvrye en versorgende vriende wat ons op reis ontmoet, ervaar ek hoe die Here ons seën bo verwagting! Dis regtig ‘n groot voorreg om oral ontvanklike medewerkers te ontmoet wat deel wil word van die Missie Japan span. Ek is die afgelope twee dae aan die beweeg in die Welkom-omgewing, terwyl Carina en Annlie tans ‘n kosbare tydjie saam met familie en vriende in die Kaap spandeer.
Ons program vorentoe
- 10 Feb – Riebeekstad-Erfdeel gemeente (10h00); Wesselsbron (19h30)
- 11 Feb – Hoopstad (10h30); Hertzogville (15h00); Dealesvile (18h30)
- 12 Febr – Boshof (18h30)
- 13-14 Feb – Administrasie en beplanning by Getuieniskantoor in Bloemfontein
- 15 Febr – Bethlehem-Noord (09h30); Gardeniapark in Bloemfontein (18h00)
- 17 Febr – Berg-en-Dal in Bloemfontein (10h30)
- 18 Fer – Petrus Steyn (10h30); Steynsrus (14h00); Ficksburg (18h00)
- 22 Feb – De Aar (oggenddiens)
- 23 -24 Feb – Verskeie besoeke saam met Japanese afvaardiging in Bloemfontein
- 25 Febr – Clarens en Reitz saam met Japanese
- 26-27 Feb – Missie Japan bestuursvergadering by Menuha saam met Japanese
- 1 Mrt – Uitstuurdiens Aliwal-Noord (10h00); Kovsiekerk in Bloem (18h00 en 19h30)
- 2 Mrt – Kroonstad (oggend); Henneman (aand)
- 3 Mrt – Viljoenskroon (oggend en middag); Sasolburg (aand)
- 8 Mrt – Marquard (oggenddiens)
Ander belangrike sake
- Teen vroeg Maart behoort ek meer details te kan gee oor die presiese stand van Missie Japan se finansiële sake. Dit bly steeds ‘n groot uitdaging om “teen” ‘n geweldige sterk Yen genoeg fondse te genereer (sien http://www.exchange-rates.org/history/JPY/ZAR/G/180 ). Ons staan tans op ongeveer R24 000/maand; wat rondom 60% is van wat ons op ‘n volhoubare basis nodig het. Meer as R67 000 se eenmalige bydraes is al ontvang.
- Vir meer besonderhede oor finansiële bydraes, lees hieronder.
Gebedsonderwerpe
- Dankie sê dat ons goeie gesondheid beleef in hierdie tyd, nadat ons trek uit Aliwal-Noord baie goed afgeloop het.
- Dankie sê vir ‘n huis tot ons beskikking buite Bloemfontein danksy ‘n goeie vriend.
- Dankie sê vir ons ongebore baba (nou 23 weke) en vra vir krag vir Carina in die swangerskap.
- Vra vir volharding en dissipline in die taalstudie wat ons 1 Januarie begin het.
- Vra vir ondersteuning deur gemeentes en individue wat nog hul betrokkenheid oorweeg.
- Bid vir al ons visum aansoeke (ook veral vir dié van ons kollegas Gys en Linda Olivier s’n).
- Vra vir herstel en beterskap in Dr. Gideon van der Watt se gesondheid. Hy is tans in Bloemfontein in die hospitaal na ‘n intense moegheid (moontlike hart komplikasies).
- Vra vir wysheid en krag vir almal betrokke by voorbereidings en reëlings vir ons Japanese broers en susters wat van 18 Februarie in die land sal wees op toer.
Mag jy self God se seën op besondere maniere ervaar deur vir ons en Missie Japan in te tree!
Vrede
Stéphan en Carina
084 513 8516
————————————————————————————————————————–
Finansiële besonderhede van Missie Japan:
Rekening naam: Missie Japan
Bank: ABSA
Takkode: 632005
Rekening nr: 4049690248
- Alle fondse word administreer deur die Getuieniskantoor van die NG Kerk Vrystaat.
- Die kantoor se kontakbesonderhede is 051-406 6729 en getuienis@ngkerkovs.co.za
- By ‘n inbetaling kan u asseblief u naam en van, asook die verwysing VDW byvoeg.
- Indien u self ‘n debietorder ingestel het, stuur asb ‘n e-pos of faks aan die getuienis-kantoor om te sê van watter dag en maand af dit in werking tree.
Baie dankie vir u bereidheid om ons roeping ‘n realiteit te maak.
U is ‘n volwaardige medewerker wat saam met ons gestuur is na Japan.