‘n Annerste Goeie Vrydag – 2 April 2010
Goeie Vrydag in Tokushima, ons eerste een. Ons is bederf met die lente in Paastyd … Toe ek gister onder die indrukwekkende grys en blou geskakeerde wolke, en tussen die plek-plek pienk bloeisels in die berge gaan draf het, kon my hart nie ophou sê: dankie Here, die lente is hier! Dit is híér in baie meer as net die seisoen se merkers … maar ook veral in ons Verlosser en Vriend se opstandings-LIG en LEWE wat deurgebreek het.
Vanoggend lees ek Psalm 22. Die donkerte, verlatenheid, geweld, verlies, magteloosheid en frustrasie (soos met die eerste Goeie Vrydag) …. maak plek vir die aangrypende belydenis (vers 10-11) te midde daarvan: “U het my die eerste lewensLIG laat sien, my veilig laat rus aan die bors van my moeder. Van my geboorte af is ek onder u sorg, van die begin van my lewe af is U my God.”
En ek dink weer aan die fondament van ons diepste identiteit. Die Drie-enige God, beliggaam in Christus … selfs van vóór my geboorte af. Dankie Here, dat hierdie ‘annerste’ Goeie Vrydag steeds goed is omdat U orals en altyd ons Verlosser is.
Redeemer, redeem my heart again. Saviour, come and shelter me from sin. You’re familiar with my weakness, devoted to the end … Redeemer, Saviour, Friend.
Die wonder van nuwe lewe na n lang winter is voorwaar n bevestiging dat ons Verlosser opgestaan het. God se opstanding is veel groter as die bloeisels en dooie takke wat bot, Mag ons lewens ook iets wys dat Jesus die dood oorwin het