Perspektief op Japannese ekonomie wat taan – 12 Febr 2013
Rondom 1910 was Japan die wêreld se grootste uitvoerder van sy (silk) – 80% van totale uitvoere. Daar was baie hoop en vooruitsigte op ‘n blink ekonomiese toekoms. Maar kort daarna sou die twee Wêreldoorloë hierdie kortstondige optimisme kelder.
In die eerste generasie ná die tweede Wêreldoorlog het die sg. ‘salarisman’ Japan gered uit die as. Die land het binne vier dekades die tweede grootste wêreld-ekonomie geword. Maar ‘n generasie van gebroke gesinne het daarmee saam gegroei. Afwesige pa’s was (en is) aan die orde van die dag, nie die uitsondering nie. Intussen (sedert die vroeg 90’s) het ‘n twee dekade lange era van deflasie en stagnasie gevolg. En toe ruk die groot drie-dubbele ramp van 11 Maart 2011 hierdie eiland weer tot op haar fondamente…
…en Japan gaan steeds gebuk onder hierdie reuse krisis. Daar is steeds 320 000 mense wat in tydelike behuising skuiling vind, terwyl slegs 24% van die tsunami-rommel tot dusver verwyder is en net 27% van nuwe huise se konstruksies sover begin is. Die kernkrag-ramp se voortslepende gevolge is allermins verby. Verder is daar die dreigende gevare op die land se voorstoep wat nasionale veiligheid skerp in gedrang plaas, by name Noord-Korea en China. En in die onderwys is daar kommerwekkende aanduidings van ‘n daling in akademiese kwaliteit, terwyl boelie-kwessies hand oor hand toeneem. Onlangs is allerlei geweld en magmisbruik in sportgeledere (o.a. judo) ook oopgevlek.
Maar die pas aangewese eerste minister, Shinzo Abe, het sy tweede termyn begin met verstommende vaart en beloftes om die land weer te laat opstaan. Sy teruggryp na nasionalistiese patriotisme imponeer baie eendersdenkende Japannese burgers. Hy wil Japan weer heelbo laat uitstyg op die ekonomiese troon, soos in die gloriejare. Met agressiewe spandering, en nuwe inflasie-teikens om ‘n sterk Yen te beveg, is daar oënskynlik groot optmisme in die lug. In sy onlangse (30 Jan) intreerede sê Abe onder andere die volgende: ‘The reconstruction of hometowns is an undertaking that will restore the hope to live among the people in the disaster areas. Restoring the smiling faces of the people who are industriously living in the present may also very well be a way to repay the departed souls of the victims watching over us from heaven, who are wishing only for those smiling faces … Former Prime Minister Hitoshi Ashida said the following amidst the burned-out ruins after the war, urging on young people who were brooding over how the future would turn out. “Don’t go asking others ‘How will it all turn out’; instead remember that ‘There is no path forward other than by carving out our own fate with our own hands.'” … I would also like to appeal to each of the Japanese people listening to this address. The most important thing is to restore pride and confidence in yourself, is it not? … There is no one else who will create a “strong Japan.” It is none other than we ourselves who will do it.’
Foto met erkenning aan http://www.bbc.co.uk/
Dit is sterk woorde, vol oortuiging. So klink politici mos gewoonlik. En tereg ook, hulle moet mos leiding en motivering verskaf. Maar wat kortsigtig is van hierdie tipe uitsprake – myns insiens, as ek kommentaar hierop mag waag – is die eenogige fokus op die herstel van trots en vertroue in die ‘self’ om verandering te weeg te bring. Met die verdere doel om afgestorwenes terug te betaal (repay). Hiermee verklap minister Abe iets van die tipiese Boedhistiese verering van voorgeslagte, wat deur die meerderheid Japannese as belangrik geag word. En dis logies, in die lig van die land se godsdienstige landskap deur die eeue …
Maar ‘n Christelike perspektief hierop sal steeds wil vra: is ‘n selfgenoegsame benadering wat wesenlik gerig is op welvaart en eie gewin, en dikwels ten koste van gesonde familiebande uitgevoer word, (vanuit enige godsdienstige oortuiging beskou) wenslik? Het die onlangse geskiedenis nie juis getoon dat so ‘n benadering die land diep (geestelik-emosionele) skade berokken nie? Breek dit nie juis die hegte gemeenskap wat dit probeer vestig, eerder af nie? Hoe is die kerk in so ‘n gemeenskap betrokke? Die antwoord is nie eenvoudig nie, want die vraagstukke binne hierdie 99% nie-Christelike konteks is ingewikkeld. Ek vermoed Christene se taak hier begin met offervaardige liefdesdiens, hoe anders!? Die uitleef van waardes soos egte deernis en eenvoud, tesame met die getuienis van lewens wat kies vir integriteit en lewegewende hoop, bo prestasie en die tydelike ‘gewin’ van materialisme. Maar dit bly uitdagend, en kerke in Japan het baie ondersteuning nodig om in hierdie konteks te dien en uit te reik met ‘n evangelie-boodskap wat lynreg teen die grein van die heersende kultuur ingaan.
Wees asb. ‘n vennoot in gebed hierin…
Dankie vir inligting. Dit help om beter voorbidding vir julle en al die Christene te doen. Mag jul lewens Christus se lig versprei in die moeilike tyd en baie gewen word vir Gods Koningkryk.
[…] duur voort. Die pyn van verlies skeur steeds tot in die diepste vesels van ontelbare mense. Ekonomiese druk is groot. Die letsels van lyding is nog oral duidelik sigbaar. Ek lees vandag in ‘n koerant […]
[…] duur voort. Die pyn van verlies skeur steeds tot in die diepste vesels van ontelbare mense. Ekonomiese druk is groot. Die letsels van lyding is nog oral duidelik sigbaar. Ek lees vandag in ’n […]
Ek worstel tans self met soveel mammas wat siel-alleen is terwyl die manne ver weg oor die grense van die land gaan geld verdien – sakke vol geld, maar geld wat geen vreugde in die gesinsverband bring nie. Hoe verskraal die soeke na geld nie ons lewens nie.