Vuvuzela in Tokushima!? 15 Julie 2010

Beste vriend/vriendin,

Dit het als begin by Victor (Pillay)…en die borriegeel hemp en mini vuvuzela wat hy (in Mei vanjaar) vir my saam gebring het uit Suid-Afrika. Toe ek die hemp op die Vrydag-oggend van die wêreldbeker se opening aantrek na my Japanese klas (by Tokushima se stasie gebou), was die Kaap Hollands. ‘n Groepie laerskool-kinders en hulle juffrouens het my (oppad klas toe) uit die bloute met vrae gepeper oor spelers se posisies, “superstars”, Aaron Mokoena en nog wat… Dit was juís by TOPIA waar ek die eerste keer dié hemp by ‘n aanbieding oor Suid-Afrika aangehad het.

Kort daarna het ‘n koerant verslaggewer ‘n draai by ons huis gemaak n.a.v. ‘n radio onderhoud wat ek o.a. oor die wêreldbeker, pikkewyne, apartheid en ‘n mengelmoes van reënboognasie onderwerpe moes voer (in baie gebroke Japanees!). Toe Japan vir Kamereon aangevat het in hulle eerste wêreldbeker-wedstryd het meer as 1500 mense by Tokushima se indrukwekkende ASTY-gebou op ‘n groot skerm kom kyk. N.a.v. die vroeëre koerantberig is ek (en pa Tobie en ma Annalie was ook by) genooi om by dié geleentheid wéér oor Suid-Afrika ‘n uitstalling te behartig. Dit was groot prêt! Loer gou hier.

Die sneeubal-effek het verder uitgekring deurdat Shikoku (die eiland waarop ons woon) se TV-stasie toe ook die vuvuzela onder oë (en ore!) wou kry op ‘n gewilde 17h00 program genaamd Gojikaru. Voor dié direkte (“live”) TV-opname het ek min/meer ‘n idée gehad wat ek gevra sou word in die onderhoud. Maar dit was maar ‘n senutergende geleentheid aangesien ek ‘n absolute beginner in Japanees is, en hier voor kameras vinnig op my voete moes dink (hulle hét toe ook heelwat onvoorbereide vrae gevra!).

Lang storie kort: dit het goed gegaan, danksy groot genade! En die goeie nuus is: jy kan deel in dié ervaring deur hier onder te kliek vir ‘n paar uittreksels (uit die 50 min program). Neem asb. die 5 min en leer (deur te kyk) sommer heelwat meer oor Japanners se manier van praat, dink en doen…

Die punt van die storie? Loof die Here saam met ons vir Victor, die wêreldbeker, ‘n mini vuvuzela en die borriegeel hemp! Dit het sommer baie deure oopgemaak om nuwe verhoudings te bou, Japanees te oefen, en ons gemeente in die gemeenskap (nie-bedreigend) bekend te stel. Net genade!

Vrede

Stéphan, Carina, Annlie en Cornelius

NS: ‘n belangrike regstelling – Annlie verjaar Saterdag (sy word 3) en nié Cornelius nie (hy het 9 Junie 1 jaar oud geword).

Comments (8)

wil puntJuly 15th, 2010 at 6:27 AM

hehe! Great stuff!

Tinus van ZylJuly 15th, 2010 at 6:59 AM

Dis FANTASTIES Stephan! Dit het nou sommer my dag gemaak!

Dit laat my dink aan daai liedjie van U2 wat gaan oor die Heilige Gees: “She moves in mysterious ways!”

Dat die World Cup in SA sulke deure vir jou oopgemaak het in Japan, gaan my verstand te bowe!

En baie geluk met hoe jy gepraat het. Ek weet nie hoeveel foute jy gemaak het nie, maar om die selfvertroue te hê om op TV so te praat, is self ‘n wonderwerk!

Shai+Elreza MulderJuly 15th, 2010 at 8:15 AM

Pragtig! wonderlik om kontak te he al is julle so verrrrrr

Pieter en Cicile StraussJuly 15th, 2010 at 5:55 PM

Baie geluk en prys die Heer

Pieter en Cicile StraussJuly 15th, 2010 at 6:03 PM

Baie geluk met jou moed om die geleentheid aan te gegryp het en prys die Heer vir die deure wat Hy oopgemaak het. Om HOM te volg is `n nimmereindigende avontuur.
Baie geluk, Annlie, Jesus seën jou.

Coretha vd HeeverJuly 15th, 2010 at 6:49 PM

Ladu-u-u-u-u-u-u-u-ma Stephan! Jy het jou baie goed van jou taak gekwyt. Bid dat dit na baie gesprekke sal lei in die toekoms.

Lauren van HeerdenJuly 29th, 2010 at 7:43 AM

Wow, I’m very impressed with your Japanese!! I’m amazed at all you’ve learnt in only just over a year…well done!

Flying the flag high for South Africa – thank you!

Neville & Christine LobbJuly 29th, 2010 at 8:01 AM

well done Stephan & Carina for spreading the Gospel in such an unthreatening way to the “hungry” brothers & sisters in Tokushima.
My wife & I spent 5 years in Tokyo spreading the Word to our adult students at Berlitz, conducted Bible studies at home to all who were interested and generally live out the Gospel. Our Lord even converted 1 soul, [Kiyoko] who was baptised and confirmed in our Anglican church, St Alban’s. We regularly communicate with Kiyoko and some 10 others to whom we always witness Our Lord. We were in Setagaya-ku, western Tokyo, for 5 years and loved Japan and its people. May Our Lord continue to bless your ministry.

Leave a comment

You must be logged in to post a comment.