Dagboek

Hierdie afdeling bevat dagboek-inskrywings van Tobie en Annalie de Wet in datum volgorde, met die nuutste bydraes heel bo-aan.

Vrydag 2 November

Vandag is dit winterkoud hier in die Noord-Ooste van Japan. More gaan dit blykbaar nog kouer wees. Heeltemal te laat, maar ons gee nie om nie, het die verlengde herfstyd geniet. En Maandag vertrek on terug Suide toe, na Tokushima.

Gister was ons laaste dag by Sakura kafee. Het dol gegaan. Mense het in hul hordes opgedaag, altesaam diep in die dertig, mense van die rampgebied, mense tussen wie ons die afgelope drie maande gewees het. Hulle het gekom om sommer ook van ons afskeid te neem. Van hulle het selfs geskenke gebring. Ons het gevoel ons teenwoordigheid is gewaardeer. Baie dankbaar. Afskeid nie maklik nie, veral as die moontlikheid daar is dat ons mekaar dalk nooit weer gaan sien nie…. Word gevra en moet maar se: Ons sal weer kom…. Hierdie mense het in ons harte ingekruip. Mooi mense, jonk en oud. Hulle het letterlik deur DIEP WATERS gegaan. Gewone mense, mense van die platteland, boere mense, niks aansit nie. Gasvry.

Na Sakura kafee is ek en Annalie na HENMI san waar hy en sy vrou in een van die tydelike wooneenhede woon nadat die tsunami verlede jaar tot plafonhoogte dwardeur hulle pragtige aftreehuis is, en Henmi san amper verdrink het. Hy is reeds 78 jaar oud en sy seker ook redelik ver in haar sewentigs.

Het ’n lang pad met Henmi san en sy vrou, SEIKO san gekom, al van verlede jaar, toe ons vir meer as ’n week net by sy huis gewerk het, dit help skoonmaak het van binne en buite. Saam met vrywilligers vanaf lande soos Korea, Fillipyne, China, Amerika, Nieu Zeeland, meestal jongmense, Christenjongmense wat kom help het, gestuur deur verskillende Christen-organisasies soos Jeug-vir-Chritus, Campus Crusade for Christ, Food for the Hungry ens. Skouer aan skouer het ons saam gewerk, dikwels nuwe groepe. Almal onder leiding en toesig van Tateishi sensei. Henmi san se huis se vloerplanke is almal opgebreek en die modder uitgehaal. Die muurpersele ook alles afgebreek, al die vuilis wat deur die tsunami ingebring is en agter die muurpersele was, verwyder, sodat net die binneste houtstrukture bly staan het. Toe was dit skoonmaak van binne met blaasbalke wat alle stof moes wegblaas, alle spykers een vir een uitgehaal ens.

Henmi san en sy vrou was albei onderwysers, hy nogal ’n Engelse onderwyser. Het dikwels met ons Engels gepraat. Wydbelese man. Het ’n indrukwekkende biblioteek gehad in die agterkant van sy huis. Kosbare boeke, onvervangbaar. Die is alles deur die tsunami verwoes. Annalie het ure en dae saam met hom gesit en boek vir boek deur gegaan om te sien of daar nie boeke was wat nog gered kon word nie. Elke boek het ’n besondere plek in Henmi san se hart gehad. Daaroor het hy en Annalie heeltyd sit en gesels. Nogal pynlik gewees.

Oor en oor het Henmi san sy verhaal vertel. Sy vrou was nie by die huis nie, was by haar ma in die hospitaal, toe die aardbewing gebeur het. Hy het onmiddelik begin om glasstukke ens. niksvermoedend op te ruim toe die water by die voordeur begin instroom en net hoeer en hoeer binne die huis opstyg. Hy spartel om kop bo water te hou, sy voete raak gou-gou nie meer grond nie, hy word opgestoot tot amper teen die plafon waar hy aan ’n lysie vasklem en vir ’n geruime tyd in die water bly hang. Oor en oor het hy aan elkeen wat belangstel verduidelik hoe dit gebeur het. Die merke van hoe hoog die tsunami gekom het sowel as waar sy vingernaels in die muur ingegrawe het, sit nog netso teen die muur. Selfs die TV mense het ’n opname kom maak destyds. Gelukkig was sy plafon ’n bietjie hoeer as ’n normale Japannese huis se plafon, anders was hy definitief kop onder die water.

Papnat, sonder enigiets droogs, sonder elektrisiteit, sonder verhitting (dit was bitter koue winter en het nog ook gesneeu), sonder kos en drinkgoed moes Henmi san die hele nag in die donkerte van sy huis deurbring. Hy kon nie uitkom nie want sy hele tuin was vol van rommel wat teen sy deure en vensters opgestapel was. Eers die volgende middag kon sy vrou hom bereik. Sy was seker dat hy verdrink het….

Ons het met Henmi san en Seiko san ’n besondere verhouding kon opbou, het selfs met mekaar gekorrespondeer nadat ons verlede jaar daar weg is. Na ons terugkeer vanjaar het ons baie gou hulle gaan opsoek waar hulle in die tydelike wooneenheid bly. Was ’n heerlike weersiens!! Nou die dag het hulle ook spesiaal na ons by Sakura kafee gekom, nadat hulle eers al die pad na ons huisie hier in Takyama woongebied gekom het, gedink dis waar die kafee is…

Gister het ons gaan totsiens se….. Net sy is by hul plek in die tydelike wooneenheid. Hy is by hul huis in Nobiru dorp, bietjie die tuin gaan skoonmaak. Sy nooi ons in, maar ons wil nie nou lastig wees nie, ons staan sommer by die deur en gesels. Dis in elk geval ’n stuk Japannese hoflikheid om nie ’n uitnodiging om binne in iemand se huis in te gaan sommer maklik te aanvaar nie. Meeste gesprekke vind by die voordeur plaas. Hulle weet nie wat om te doen nie, vertel sy, moet hulle hul huis laat herstel en terugkeer en pal in die vrees lewe dat die tsunami weer kan kom, OF, moet hulle hoeer op teen die berg ’n nuwe huis bou op ’n erf wat die Regering beskikbaar stel? Dis ’n bitter moeilike besluit. Hy is reeds 78 en die grond vanaf die Regering sal eers oor 3 jaar beskibaar wees….dan moet die huis nog gebou word…. Sy is egter duidelik bekommerd oor wat van haar gaan word wanneer hy heel waarskynlik voor haar sterf en sy alleen in die huis in die “gevaargebied” moet bly. Daarby is die huis ook redelik groot….

Ons groet vir Seiko san en op ons pad terug gaan kyk ons of Henmi san dalk nog by sy huis besig is. Baie bly om hom nog daar aan te tref, besig om tuin skoon te maak. Hy lyk ook bly om ons te sien. Begin sommer dadelik weer soos gewoonlik te gesels. Herhaal wat Seiko san vertel het. Voeg egter by dat die erfie wat die Regering beskikbaar stel, slegs ’n kwart van sy huidige erf is. Hier het hulle veertig jaar gewoon. Hy is lief vir tuinmaak. Wys vir ons pragtige rotse wat iemand vir hom in sy tuin kom aflaai het, netsoos dit was in sy eie ouers se huis. Baie duidelik dat Henmi san sy besluit reeds geneem het: Hulle gaan maar hier bly, hier waar hulle al die jare gebly het. Hy sal net ’n spesiale kamer bo in die dak laat inbou waarheen hulle kan vlug wanneer die volgende tsunami kom….

Dis moontlik ons laaste storie uit die rampgebied. Het baie meer stories gehoor. Het nie eers probeer om alles te onthou nie, wat nog van opteken…. Maar agter elke storie sit ’n mens soos onsself, ’n gesin soos ons eie gesin, wat deur baie DIEP WATER is, wat erg getraumatiseer is, wat baie verloor het, sommige alles, huis en grond en werk, sommige ook geliefdes en familie en goeie vriende, bure, mense wat gesien het hoe ander voor hulle oee verdrink het, wat lyke in hul tuin of omgewing en in motorkarre gesien het, mense wat nou in piepklein tydelike wooneenhede moet woon, baie vir wie die toekoms onseker is…. Einlik het ek genoeg vertel… Wil nie meer nie… Dit kan dalk net goedkoop raak….

Hier word nou huis skoongemaak en gepak. Maandagoggend vroeg vertrek ons terug Tokushima toe om einde van November na SA terug te keer. Sondag preek ek my laaste preek in Higashi-Sendai gemeente. Onmiddelik daarna ’n afskeid-ete. Dan Kerkraadsvergadering waar ons werk bespreek sal word en moontlik ook die toekoms…. Sondagaand ’n laaste aandete by twee families in die tydelike wooneenheid….

——————————————-

Donderdag 25 Oktober

Hy is ’n oupa-grootjie van 78 en sy ’n ouma-grootjie van 72, met drie dogters, 9 kleinkinders en 16 agter-kleinkinders. Hy is ’n gesoute boer, ’n rysboer, wat sy ryslande baie naby die see gehad het in Tona dorpie. Hier het hy opgegroei en geboer, sy hele lewe lank. So ook sy pa voor hom. Die tsunami het egter gekom en sy woonhuis en al sy ryslande meegesleur. Waar sy rys eers gestaan het, is dit net water. Die see het dit oorgeneem. Dis nie al nie, die tsunami het hul derde dogter en die se Hoerskool dogter ook meegesleur…voor die oee van een van die seuns van die dogter…en met die pa, haar man, wat met die ander seun besig was om kop bo water te probeer hou…

Takahashi is hul van, die groot-ouers s’n. Sy naam TOSHITSUGU en sy ISAKO. Het haar die eerste keer met een van haar kleindogters en agter-kleinkind by Sakura kafee ontmoet. Daarna het sy met twee klein-dogters en hul kinders gekom, meer as een keer weer. Twee mooi en vriendelike dogters. Oulike agter-kleinkinders. Die gesin maak onmiddelik indruk, ’n ouma en haar kleinkinders en agterkleinkinders wat lief is vir mekaar….. Sy wat ISAKO is, veral praat soos en lyk soos ’n gesofitiskeerde persoon. Moes ook ’n mooi vrou in haar jonger dae gewees het, steeds baie mooi en innemend, en sekerlik ’n wonderlike ouma….

Haar man kom nie kafee toe nie…. maar sy nooi ons baie hartlik uit om hom by hul huis te ontmoet. Vandag is my kans, want dis nie so besig by die kafee nie. Gewapen met ’n bordjie van die koeke wat Carina nog gebak het, gaan soek ek na hul huis. Dis heel agter in die woonbuurt, die heel laaste huis aan die einde van die breerige pad, links, naby die berg, ’n geel-pienk huis. Kry dit heel maklik. ’n Groot huis, twee wooneenhede aanmekaar, nuut, so lyk dit. Toe ek nader kom hoor ek iemand roep binne: “Hier kom Tobie!” Een van die getroude kleindogters is dadelik by die voordeur. Sy verduidelik dat haar oupa-hulle langsaan is. Ek stap om. Hy wag my in, TOSHITSUGU, ’n waardige grys oom, sterk gesig, sterk gebou, duidelik ’n boer! ISAKO is ook daar om my in te nooi. Toshitsugu praat nie veel nie. Wanneer hy praat sukkel ek om hom te verstaan. Ek dink hy praat die streek se dialek. Maak maar asof ek alles verstaan… Gelukkig praat ISAKO mooi stadig en duidelik. Haar verstaan ek redelik goed.

Sy verduidelik dat hy met rys geboer het tot voor die tsunami. Nou het hulle nie meer grond nie. Die water het die weggeneem…. Onmiddelik na die tsunami het hy sy verwoeste huis gaan opruim, dit van modder probeer skoonmaak. Die stank en die gifstowwe in die modder het hom egter blykbaar permanent aangetas, sy longe. Hy is sieklik, sit maar meestal so in die huis….

Die grond waarop hulle nou woon, is na die tsunami aangekoop en die huis is nuut gebou, groot genoeg vir die hele familie om naby mekaar en saam te woon. Na die tsunami het hulle besluit dat die heel belangrikste wat oorbly is hul oorblywende familie, hul oorblywende twee dogters en die se gesinne, hul kleinkinders en agter-kleinkinders. Dis hul rykdom. Die een dogter met haar gesin woon wel nog in SENDAI en die skoonseun, wie se vrou en dogter weggevoer is, woon nie te ver van hulle nie. Sy wat ISAKO is gaan elke aand om vir die skoonseun en kinders te sorg en by hulle oor te slaap. Gedurende die dag is sy by haar eie huis, haar man en haar ander dogter en die se gesin van vier kinders en drie kleinkinders, wat in die eenheid net langs hulle s’n is.

Ek huiwer om haar uit te vra oor hoe alles gebeur het, maar ek moet weet, wil graag weet om ook die storie te vertel van ’n ouma-grootjie wat haar dogter en kleindogter so tragies verloor het… Ek probeer maar die stukkies en brokkes bymekaar sit: Klink my asof hulle ook nie presies weet nie. Die man was in ’n ander vertrek besig om homself en sy een seun te red. Hy het van niks geweet nie… Die seun wat wel gesien het, praat nie veel nie…..

Klink asof die water gekom het terwyl die dogter by die huis terug gekom het vanaf haar skool en die ma haar by die voordeur ingewag het. Die water moes die dogter mee gesleur het, en terwyl sy om hulp skree moes die ma agterna gegaan het om haar te probeer gryp en toe self meegesleur is….

Vir ons wat hierdie stories aanhoor kan dit dalk na net nog ’n tragiese storie klink. Hier voor my sit egter ’n ouma-grootjie en ’n oupa-grootjie met onbeskryflike pyn en hartseer…. Hulle wys dit nie, lyk en klink vrolik en gelukkig. ISAKO se dan ook, dat hulle fokus op hul familie, hulle is bymekaar, hulle waardeer en geniet mekaar. Hulle wil nie trane stort nie. Ek dink sy probeer se dat hulle hul troos in mekaar vind, in die wat lewe, en daarin om saam te wees…

Toe ek haar egter daarna vra…. met huiwering en respek…, dat haar hart nogtans baie-baie seer moet wees en wanneer sy alleen is en saans gaan slaap, dan moet daar tog trane ook wees…. Ja, se sy onmiddelik, vannaand in die bed huil sy, en wanneer sy alleen in die motor na haar orlede dogter en kleindogter se gesinnetjie ry dan huil sy…

Wat die res van hierdie dag betref, het ons ’n stillerige dag by die kafee gehad. Maar dit was goed so want dit het beteken dat daar lekker met die mense wat gekom het gesels kon word. Dit was ’n baie sinvolle dag en my besoek aan die Takahashi’s het dit vir my mooi afgerond.

More kom on gas vanaf KOKURA en ons het ’n vol dag. Ons nooi Annalie se kontakte by Shichi-ga-Hama tydelike wooneenheid vir middagate saam met ons gas, Tsuko HIRANO san. Daarna die res van die dag en aand weer na SAKURA HOUSE.

Saterdag na AOMORI in die Noorde waar ek by ROKU-no-HE preek. Maandagoggend val ons in met Sakura Kafee, en die laaste week hier in die rampgebied is redelik volgepak.

Vandag was TATEISHI sensei se verjaardag.

——————————————————-

Tuesday 23 October

The story of YUI HAMADA

It was Sunday afternoon. She was at Watari congregation where I preached. After service we had lunch together at NOZOMI center. Then for more than two hours she shared her story, almost without stopping, tears often running down her cheeks. I just sat there and listened quietly and reverently, deeply moved by a story of deep-deep human suffering, hurt and pain, and at the same time of God’s incredible great love, mercy, grace and healing. It is one of the most touching stories I have ever heard. It gave me a fresh insight in the depth of human need and in how God, through our Lord Jesus and the ministry of His SPIRIT, answers that need. It touched and revived my own heart and soul.

It is not the story of another victim of the North-Eastern tsunami in Japan, but a victim of another kind of tsunami, maybe a “tsunami” with even worse effects in the life of one individual. However, it’s the story of God’s victory in the life of this one individual, and of the Lord shaping her for her great task of reaching out to her fellow Japanese here in the disaster area.

It is the story of YUI HAMADA, the recently (May 2012) appointed fulltime staff worker at NOZOMI center in YAMAMOTO town, one of the worst affected disaster areas, just south of Sendai, closer to FUKUSHIMA and the radiation fears than up North. The center is run by the foreign missions in collaboration with the RCJ. Mission Japan was also initially involved in setting up this service center in an area where much less is done than in many other areas.

YUI is a beautiful young Japanese girl of only 25 years old, as young as our youngest. She grew up in a village close to the ocean where people are staunch shinto and buddist believers, very faithfully observing all the rituals of their religion, mostly without knowing much about what it is all about, but respecting and keeping their Japanese traditions. From childhood she went with her grandparents to temples (Buddist) and shrines (Shinto). Even as primary school pupil she would, every day on her way to and back from school, stop and pray at the temple and shrine next to the road. She had a deep spiritual sense of being a small part of a big world with all the spirits around her.

From her devout and conservative family and environment she was taught that Christianity was a Western religion not respecting Japanese culture and traditions. They would warn her against being brainwashed. Propagating and believing in only one true God is arrogantly discriminating against other beliefs, gods and religions and is causing rather division, conflict and pain….

Going to Middle School (Japan has a three-layer school system, as the USA, with 6 years primary school, 3 years Middle School and 3 years High School.), she became a member of the school’s VOLLEYBALL club. Now, in Japan these sport teams take their sport very-very serious. We have experienced that with our youngest son, Nico, being a member of his Middle School RUGBY club. They practice almost daily for hours everyday from the beginning of the school year until the end and even in vacations. And the teachers / coaches can be very-very strict in their discipline. The better the team, the more serious does it become. YUI’s team took it very serious. So, when they are not doing well enough they were beaten-up by their coach, who also happened to be the headmaster of the school…

YUI was made the scapegoat of the whole team. The teacher would focus on her and always single her out whenever something goes wrong. One day he was taking her aside and told her that he is going to make her a sacrifice for the whole team (That was the first time that she heard the word “sacifice” in this context and meaning…..). Whenever the team is doing bad, he will punish and beat her up before the whole team, making her an example. In many-many ways he abused her psychologically and physically. He would tell her she is garbage, of use for nothing, of no value… Those verbal abuses hurt even more and deeper than the physical abuses. More and more she just felt unloved and unwanted. Gradually she started to believe him and realise she is all the time just causing pain to other people. One day the coach took her to a dark place and told her everything was her fault, everything…!

This was the last straw. She lost all hope in life. Inside her everything died. Everyday she thought of dying, of taking her own life, of erasing herself completely out of this world and the lives of other people. Every night she would pray to the gods that she won’t wake up the next morning.

Because of all this suffering and hurt and accompanied stress she became very-very sick. The medication she used also caused side effects making life even more miserable. “Why am I still alive and breathing, while not being able to do anything good anymore…?” Was the question she struggled with. She had all the reasons to die… “Why live??!!” She couldn’t answer that question. “What’s the purpose of living…? If there is no good and real purpose, then I need to finish it all so that I can be free forever…”

One day her dad spoke to her about studying abroad. The idea came from a family member who was also a pastor. He was going to help her to get to the USA to do her high schooling there. Then he gave her a Bible and his wife prayed for her. She has never experienced anybody praying for her like this. It was a weird experience and she felt very uncomfortable. In her prayer the pastor’s wife prayed and said that the Lord is going to heal her and use her to be a blessing to others. Though she didn’t understand anything of what the person prayed, it was indeed a prophetic prayer…!

She took the Bible, but decided never to open or read it. Doing that will be a betrayel of the spirits and gods of her family and people… But she couldn’t help or stop herself: She did open the Bible at the Gospel of John and start reading. However, she didn’t understand a word…! This is a Western book written for Western people, not for Japanese! All strange names in it, no Japanese names…! She put the Bible back and decided not to waste her time with this strange book. But next day she took and open and read it again. Afraid of what others would say she would hide the Bible, but secretly carry on reading. Until she got to the words: “Seek and you shall find.” This touched and moved her. She got goose bumps. Never had she read something like this. It came with power to her soul. Too powerful….

Then she went to America as a young teenager girl, alone on her own. She couldn’t speak any English and first had to go to a special English language school as preparation for the American High School. Just wanting to be accepted by everybody she joined the others in their lifestyle of fun, drinking, and other bad and wild things. However, inside she felt an aching emptiness and a deep spiritual thirst….

One night when she was almost kidnapped, she realised she had gone too far. Then she started to pray, not really knowing how, but saying to God, “If You are really there, please show yourself to me.”

At this stage she entered a Christian High School in the Sates. For the first time in her life she experienced real acceptance. She was accepted as “YUI” and not as someone’s daughter or granddaughter. Every day they would tell her that God / Jesus loves her. It really touched her. She felt that she is not only good to be punished and beaten. There is actually Someone who loves her. She wanted to know who this Jesus is. So she started to go to church with her American host family.

However, she again fell seriously sick. The stress became again too much for her. She couldn’t speak English well yet, and she didn’t want to bother other people. In order to get rid of this terrible stress she started to beat and cut and hurt herself. Deep down she knew if she could just get herself to call on God to help her, He probably would do it, but she still was afraid to betray the spirits of her people and country.

One night she cut herself just a little deeper, thinking that it will bring an end to everything… However, as she suddenly looked at her body and saw it covered with cuts and bruises and blood all over, she was shocked at herself. Her heart was aching severely. She couldn’t bear it any longer. She knelt down and prayed, asking God for forgiveness, saying sorry for the hurts she caused Him, other people and herself. She prayed: “Please come into my life. I cannot live anymore without You!” She didn’t really know yet how to pray. She just quoted some Scripture verses as she was praying, saying to God: “You love me. You accepted me just as I am. You died on the cross for all my sins. You rose again. You are a living God. You listen when we call on You. Please, Holy Spirit of Jesus, come into my heart and life. I believe….”

Even though her physical condition and sickness didn’t change immediately, she experienced absolute PEACE and STILLNESS deep in hear soul. JOYFUL tears started to roll down her cheeks (And as she was sharing this, the same tears were just streaming down her cheeks…). By herself she thought: “WOW, God is GOOD! He’s alive! He heard my prayer! He came into my life!! He actually took my hands! He lifted me up out of the deep dark pit where I was living most of my life.”

Her parents were not Christians, and still are not. She phoned them from the States and shared her experience with them. Her mother was on the phone. She recalls it to be the longest silence she has ever experienced on the phone. Then her mother asked her: “Do you understand what you are doing?” She replied: “Yes, very well. I choose LIFE! Not only that, I also realised that if I didn’t do it, I would not have been able even to exist any longer.” Her mother responded: “You have always been stubborn. Go ahead!” They accepted her conversion. They realised something extraordinary has happened to her. However, they still warned her not to forget her Japanese roots….

After this experience she did a year of Bible studies in preparation for baptism and was eventually baptised in a Christian church in America.

Three years ago her father took her alone and told her he is glad for her and even that he himself “is praying to Jesus.” One day her mother said to her: “I wish I could forgive people as you do.” And her mother shared her struggles to forgive. She could tell her mother: “It is because I have received forgiveness from God that I am able to forgive others. But before I could forgive, I myself first had to be healed.” She then and there prayed for her mother. Ever since her mother has been very supportive of her. Some days when she calls her mother from NOZOMI center, sharing her struggles, her mother would encourage her, saying: “Jesus will never leave you, my daughter.”

At this stage of the conversation I asked YUI whether she had any deeper experience with the Holy Spirit which stood out in her Christian life. She immediately told me that after being a Christian for six years she attended a conference where the speaker was challenging them about forgiveness. He asked his audience: “Is there anyone you perhaps haven’t forgiven yet?” She thought, no, there is no one in my life I haven’t yet forgiven, but then the face of her Middle School volleyball coach who abused her, popped up in her mind… She then asked some one to pray with her, but when she wanted to pray herself, she just couln’t speak. Suddenly, as her friend was praying, she saw a vision of Jesus on the cross on the hill of Calvary. The blood was running down from Him and the hill and touched her feet. She started to cry. In her heart she knew Jesus died also for that teacher….!! Her prayer turned into a blessing for the teacher, that God will touch and heal him…That experience taught her who God really is, His deep love for sinners and it filled her own heart with love, also for the teacher.

When YUI was telling me about this vision and experience, I immediately thought of the words in Romans 5: “And hope does not put us to shame, because God’s love has been poured out into our hearts through the Holy Spirit, who has been given to us. You see, at just the right time, when we were still powerless, Christ died for the ungodly. Very rarely will anyone die for a righteous person, though for a good person someone might possibly dare to die. But God demonstrates his own love for us in this: While we were still sinners, Christ died for us.” I said to YUI: “That’s the filling of the Holy Spirit. That’s His ministry, to pour God’s love into our hearts, making the objective truth of Christ’s sacrificial death on the cross an inside reality in our hearts…!”

YUI then again repeated how she hated this teacher. Everyday she took a knife in her bag to school planning to kill him and then herself, going to hell together to see him suffering…! And she hated, not only him, but many other men who abused her physically and mentally. Seeing this vision she remembered him telling her: “You are a sacrifice. I will beat you in place of the team so that they can play better.” But Calvary says: “Jesus was the sacrifice. He took my place. He suffered so that I, the sinner, the ungodly, don’t have to bear the pain anymore. He was beaten and bled and died in my place and for me and for the teacher…”

YUI then started to tell about her calling to share Christ and his love to others. She said she heard Christians talk about a “calling,” and wanted to know from God what His calling for her is. What has God in mind for her future life? “Please show me,” she prayed and He did. He gave her several visions. One of a room full of many kids, they were all over her and they were crying. She was reading them a story of Jesus. At that stage she was busy studying education at Calvary College in America, but she didn’t want to be a teacher. She wondered where and what this room could be… a church room? An orphanage? It was a beautiful picture and she wanted to do what she saw…

Then it switched to another stage: She was now taking o-nigiri (Japanese rice balls) to an old man. He was a Japanese, and she realised she was now not in America but in Japan!! Again the vision switched to a room where a woman was standing before a mirror, crying. She was dressed up as a woman of the night, ready to go out… YUI so much wanted to speak to this woman in her vision… The vision ended with this deep inside desire to help such a person… Then it again changed: She saw a white house. People were eating together in it, they were studying the Bible, they were growing vegetables, there were abused kids, they need to hear the Word of God every day. It was such a beautiful house!!

When she accepted the call to NOZOMI center and came here, she immediately recognised the house in her vision: IT WAS NOZOMI CENTER!! And what is happening here, is exactly what she saw in her vision. Here she is among many different people with all kinds of needs, each having his/her own story of suffering and pain. People from the community, children, men, women, elderly people, they come with their needs. Her vision is happening, and this place can become a place of worship of the living God who loves sinners and who forgives the ungodly and who heals the sufferers….

 

——————————————————–

Vrydag 19 Oktober

Vandag het ek die kans gekry waarna ek al ’n hele ruk uitgesien het, naamlik om Miwako san se man te ontmoet en sy storie te hoor. Ons het vir Miwako san en haar laerskool dogter van graad 3 sommer van die begin nadat ons hier aangekom het by SAKURA HUIS ontmoet. Sy woon net agter Sakura Huis, met basies net die  treinspoor tussen haar huis en Sakura Huis. Intussen het die treinspoor toegegroei want sedert die tsunami die hele omgewing oorstroom het, loop die trein gladnie meer hierdeur nie. Sy het vir ons vertel van haar man wat ’n ingenieur om ’n boot is wat olie aan groot vragbote op die diepsee voorsien, en hoe hulle boot die tsunami trotseer het. Het ons ook ’n hele spul fotos gewys wat hy gedurende en na sy ervaring geneem het. Vanoggend net nadat ons Sakura Kafee oopgemaak het, kom sy en se dat haar man vandag by die huis is. Ek is welkom om ’n draai te kom maak.

Toe die kafee amper toe kon maak, kry ek vinnig by Annalie twee stukkies oorskiet koek in ’n mooi plastiese bakkie, en sit af na Miwako san se huis. Baie mooi netjies van buite en binne reggemaak tenspyte van die feit dat die hele onderste vloer tot by die plafon oorstroom was.

Gewonder hoe haar man lyk en hoe hy sou reageer wanneer hierdie vreemde uitlander by sy huis aanklop…. Gelukkig is Miwako ook tuis en is dit duidelik dat hulle my besoek verwag het. Alhoewel nog ek nog Annalie hom gladnie ontmoet het nie, praat hy sommer dadelik van “Tobie” en “Annalie” asof ons ou vriende is…. Hulle het duidelik ons bespreek. Miwako bied ook sommer dadelik Japannese tee en koek aan. Hy laat ook nie op hom wag nie en val weg aan die koek wat ek gebring het. Hy is ’n jongman van ongeveer 36 jaar oud, het ek uitgereken. Lenig gebou, bruin gebrand, duidelik geen gesofistikeerde ou nie, hy praat gladnie soos die meeste Japannese doen enige beleefde taal teenoor my nie. Hy is seker van homself, amper brêêkerig… en hy praat lekker…vertel hoe hyself sy huis skoon en reggemaak het na die tsunami en is duidelik trots daarop en vertel sommer ook van hoe hy maar ’n rowwe seuntjie was en dat hy iemand is wat hou van avontuur en waaghalsige dinge. … Dis ook baie duidelik dat hy al met mense van ander lande en tale te doen gekry het, want hy maak elke keer seker dat ek verstaan wat hy se. ’n Lekker ou. Ek geniet hom. Kry sommer groot vrymoedigheid om hom direk uit te vra.

Hulle boot, ’n reuse 800 tonner, was geanker by Sendai hawe toe die aardbewing plaasvind. Hulle vier bemanningslede was op die boot, die kaptein, hy die ingenieur en twee ander. Hulle het onmiddelik gevoel en besef hierdie is ’n geweldige een!! Die boot het gewieg soos ’n groot hoee verdieping gebou. Agtien jaar gelede het hyself ervaring van ’n tsunami gehad toe hy in Sumatra was en toe die water onder die boot skielik skrikwekkend laag sak soos wat die see heeltemal terugtrek, het hy geweet hier kom ’n GROTE!! Natuurlik was die heel eerste gedagte om dadelik die boot te verlaat en iewers op land en op droee grond na veiligheid te vlug, maar wat word dan van die boot (honderde bote, groot en klein is uiteindelik verwoes in die tsunami)….. Op sy aandrang besluit hulle om onmiddeklik die diepsee in te vaar die tsunami tegemoet…!! Alle radio vebinding was nou afgesny vanwee die aardbewing. So hulle vier en hul boot was nou heeltemal alleen op hul eie besig om die diepsee in te vaar… Op die boot se radar kon hulle egter die tsunami sien en wat hulle gesien was iets baie onheilspellends hoog. En toe is die brander so hoog soos ’n berg vlak voor hulle…. Hulle gee vet, so vinnig as wat die boot kan beweeg, en klim die berg, letterlik loodreg tot bo op die kruin en om die volgende oomblik weer loodreg anderkant af te val. En toe hulle onder is, is die volgende golf, netso hoog soos die eerste een, regvoor hulle…! Maar gelukkig met net genoeg tyd om weer die versneller te trap en weereens loodreg op te styg (indien hulle dit nie kon regkry nie sou die boot onderdeur die tweede golf gegaan het, en was dit verby gewees met hulle en hul boot. Hy meen dat dit was waar sy geluk gele het, daardie paar sekondes wat hulle gehad het om weer te kon klim). Ook oor hierdie golf kom hulle heelhuids en daarvandaan nog ’n paar golwe, maar heelwat kleiner as die eerste twee.

Nou is dit reeds donker, en hulle het geen radio verbidning met enigiemand op land nie. Van ver kon hulle net sien hoe die vure van die olieraffinaderye in op land brand. En die rommel van huise se dakke, motors, vragmotors, bote, reuse containers ens wat na hulle aanspoel. Hulle besef hulle kan nie terugkeer hawe toe nie met al hierdie rommel rondom hulle en bote en ander goed wat reeds op die seebodem le nie. Vir drie dae wag hulle dus sodat hulle op die ou end ook nie meer kos gehad het nie. Die hele tyd kyk hulle uit vir drenkelinge wat dalk gered kon word. Gedurende die nag laat hulle hul soekligte skyn vir sulke mense om hulle te sien.

Intussen kon hy ook nie met sy vrou en kind kontak maak nie. As ingenieur kon hy dadelik sommetjis maak en bereken dat die tsunami tenminste twee meter hoog hulle huis moes getref het….

Die namiddag van die derde dag begin hulle om baie versigtig tussen die rommel deur land toe te beweeg en teen die aand kom hulle uiteindelik veilig aan, om ’n verwoesting te sien soos nog nooit in sy lewe nie. Dit het gelyk asof hy oor die tydgrens terug beweeg het in die geskiedenis, vanwaar hy nog ’n paar dae in Sendai hawe was, en hom nou in ’n ander verwoeste wereld bevind…. ’n Eienaardige ervaring.

Die volgende oggend het hy met ’n rugsak van voor en agter, volgepak met kos en ander ware die 24 kilometer na sy woonhuis geloop.  By sy huis aangekom is die grondvloer verwoes en is daar geen teken van sy gesin nie. Omdat dit al donker is, gaan slaap hy die nag op die tweede verdieping. Die volgende dag gaan soek verder hy na sy vrou en dogter vir wie hy uit eindelik in een van die tempels kry waar hulle saam met talle ander skuiling gaan soek het.

Vra ek hom, hoe voel hy oor sy ervaring, antwoord hy, hy hou van gevaarlike dinge doen. Hy sal dit weer doen…. Ek kan sien hy bedoel dit….

Vandag was dit net ek en Annalie en Noriko by die Sakura kafee. Tateishi sensei is nog nie terug vanaf die Sinodesitting in Tokyo nie. Annalie voel baie sleg van die verkoue wat haar uiteindelik oorrompel het en moet vasbyt tot die heel einde. Ek hou nog…. maar vir hoe lank…? Weereens ’n baie mooi klompie mense vanuit die omgewing, onder andere ’n ouma-grootjie, ISAKO san, met haar twee getroude kleindogters en die se kinders, met wie sy saam woon nadat die tsunami hulle getref het. Haar jongste dogter en die se 16-jarige dogter, ’n hoerskool kind, het albei in die tsunami verdrink… Sal nog haar storie wil hoor maar is baie huiwerig om te veel te vra. Besef dat die pyn en smart baie diep en erg moet wees….. alhoewel sy heeltyd glimlag en ’n mens beindruk met haar innemendheid…

Sondag preek ek by WATARI gemeente, nie ver van NOZOMI sentrum in YAMAMOTO dorp nie.

 

—————————————————

Donderdag 18 Oktober

Vandag was ons laaste middag-eet geleentheid in een van die tydelike wooneenhede saam met die mense wat daar woon. Elke maand reel die gemeente van Higashi-Sendai so ’n geleentheid. Dis die derde keer dat ons dit bywoon. Het die eerste keer maar baie vreemd en uit ons plek gevoel. Die tweede keer het dit al heelwat beter gegaan. Hierdie keer het ons al baie meer eie met die mense begin voel en blykbaar hulle ook met ons. Dit vat tyd en geduld om deel van nuwe mense te word en soort van aanvaar te word. Hoe langer, hoe beter gaan dit….

Buiten vir die personeellede van Higashi-Sendai gemeente wat alles reel en organiseer, is almal teenwoordig bejaardes in hul sewentigs en tagtigs, afgetredenes. Drie mans, die ander almal vroue. Hulle gesels land en sand, maak heeltyd grappies en lag lekker. Almal mense van die platteland, regte boeremense, netsoos ons eie mense, mense van die aarde, die grond, sonder enige pretensie. Hulle kon my ma of pa of oom of tannie gewees het, van die mense met wie ek op ons plaas in Swellendam se distrik omgegaan het. Ons kon netso goed aan ’n etenstafel by ’n kerkete in die NGKerk op Swellendam gesit het…. Verskil is, ons sit almal hier, soos die gebruik nog dikwels by sulke geleenthede is, plat op die vloer, op ’n TATAMIE mat, ’n sagte dik vloer gemaak van rysplant. Dis hoe veral die ouer mense dit nog verkies om te sit en ontspan. Vir my en Annalie bly dit maar bra ongemaklik en selfs pynlik. Om verligting te kry moet ons heeltyd ons posisie verander.

Langs ons sit ’n oulike tannie, YUKIKO NINOMIYA san. Sy is 84 jaar oud. Die enigste een wat op ’n stoel sit. Haar bene kan nie meer buig nie…. Dis die heel eerste keer dat sy die ete-geleentheid bywoon maar sy maak dadelik indruk op ons. Die ander ken haar goed. Sy het saam met van die ander opgegroei, na dieselfde skool gegaan. Sy lyk na so ’n goedige ou tannie, soos een van ons eie boere tannies. Lag te lekker. Ons hou sommer dadelik van haar. Sien sy kyk so af en toe in ons rigting, nes asof sy wil uitreik maar ook nie seker is nie..

Annalie komplimenteer haar oor haar oulike sokkies. Annalie hou nogal daarvan om dit te doen en mense hou daarvan wanneer sy dit doen. Dit het dikwels ’n goeie gesprek tot gevolg. Laggend atwoord sy dat sy die sokkies ontvang het as ’n donasie van die mense wat goed uitgedeel het aan almal wat alles in die tsunami verloor het. Sy voeg by dat sy ook alles in die tsunami verloor het, alles… buiten vir haar bankboekie, haar mediese skema kaart, haar stempel (HANKO) wat sy inderhaas gegryp het toe sy skielik moes vlug. Vinnig het ook nog ’n paar Japannese Yen-note gegryp… Dan, spontaan, vertel sy verder haar verhaal.

Sy het drie kinders gehad, ’n seun en twee dogters, nege kleinkinders en 16 agter-kleinkinders. Het saam met haar oudste seun van 64 gewoon, naby die see…. Haar seun het die dag van die tsunami van sy werk af gehad, ’n werksvakansiedag. Daarom het hy die vorige aand tot laatnag gedrink. Wou nie haar vra of hy alleen gedrink het of saam met vriende nie. Moontlik saam met vriende. Hy het klaarblyklik redelik erg gedrink, soos dit maar dikwels ook hier in Japan gaan by sulke geleenthede, want die volgende dag het hy heeldag geslaap, vas geslaap….

Toe kom die tsunami, die namiddag. Haar broers-kind (wat ook by die eet-geleentheid was), wat blykbaar naby haar gewoon het, het dadelik met hul motor haar kom oplaai om te vlug. Hulle kry egter haar dronk seun nie wakker nie. Hulle kan hom nie beweeg nie. Uiteindelik kon hulle nie anders as om sonder hom te vlug nie. Hy het op ’n watermatrasbed geslaap en die tsunami het hom met matras en al meegesleur, sonder dat hy blykbaar iets daarvan geweet het…. Later het hul sy lyk netso op die matras gekry… Sy noem dat hy so mooi gelyk het, geen water gesluk het nie…

Sy vertel verder ook van haar agter-kleinkind van 2-jaar oud, wat in die kleuterskool is. Die kleuterskool onderwyser het met haar en nog ’n kind na die Nobiru Laerskool gevlug waar hulle op die klein verhogie probeer het om van die water weg te kom. Die onderwyser het die twee kinders in haar arms probeer vashou terwyl die water al hoeer styg en sy self ook moet vashou om staande te bly en nie deur die water meegesleur te word nie. Sy beveel die twee kinders om self aan haar vas te klou. Die ouer een doen dit maar die jonger een, die 2-jarige agterkleinkind van Yukiko san, is nog te swak, haar handjies glip los, ’n paar keer, en elke keer keer die onderwyser haar met haar bo-been en lig haar kop weer bokant die water… totdat alles uiteindelik verby is.

Yukiko san bly nou saam met haar oorlede seun se dogter en twee agter-kleinkinders in een van die tydelike wooneenhede. Vier van hulle in ’n baie nou ruimte….

Na die tyd se ek en Annalie vir mekaar: Die Japannese is tog besonderse (eienaardige of unieke) mense. Wanneer hulle hul verhale vertel is dit dikwels laggende… Maar dis tragiese stories. Dit is trauma. Dit moet diep, baie diep seer aan die binnekant wees….

Omdat dit ons laaste saamwees met hierdie spesifieke groep was, gebruik ek die geleentheid aan die einde om hulle te bedank vir die voorreg om ’n kort tydjie saam met hulle te kon deurbring. Ek vertel hulle dat ons ook mense van die plaas en die platteland is, mense van die grond en dat ons so eie met hulle kan voel, asof hulle ons familie kon wees. Ons besef dat hulle seer baie diep moet wees, dat hulle daarmee sal moet saamleef vir die res van hul lewe, hulle wat oud is, alles verloor het, en hul laaste jare so moet ingaan. Verduidelik aan hulle dat ons nooit maar nooit hul pyn en hartseer naastenby sal kan verstaan nie…. Maar ons is geraak deur hul positiewe houding, hul humor. Ons dank hulle vir die voorreg om hulle te kon leer ken en sommige van hulle se stories te kon hoor… Ons sal hulle nooit kan vergeet nie…

Vanoggend vroeg moes ons Carina en die kinders gaan afsien by SENDAI stasie om by Stephan in TOKYO aan te sluit waar hy die RCJ Sinodesitting bygewoon het. Daarvandaan is hulle terug TOKUSHIMA toe. Nou is ons ALLEEN hier in die Noorde van Japan, hulle ’n 1000 kilometers Suid. Dit was goed om hulle hier te kon he, alhoewel in hul eie huisie. Natuurlik was dit ook uitputtend met drie geweldige woelwaters wat baie van ons opge-eis het. Vir rus en ontspanning was daar nie ’n kat se kans nie. Maar hulle het ons lewe hier vol gemaak. Ons kon baie tyd met mekaar deurbring. Hulle het verhoed dat ons eensaam en alleen gevoel het…. Nou is dit ’n  ander saak… En wie gaan nou help met die koekbakkery…? Want more is alweer SAKURA Kafee. Annalie moet maar inspring…

 

——————————– 

Woensdag 17 Oktober

Dis alweer ’n week later sedert my vorige inskrywing.

Wil opteken ons gesprek met NAKAMURA san, diep in haar sewentigs en belis na-aan tagtig. Al hierdie betrokkenheid van Higashi-Sendai gemeente in die rampgebied het met haar, as lidmaat van Higashi-Sendai gemeente, begin….

Sondag by die kerk het ek haar gevra om haar verhaal weer ’n keer vir ons te vertel. Maandag het sy spesiaal met haar fiets na ons by SAKURA KAFEE gekom en ons na haar huis om die draai genooi. Sy was duidelik baie gretig om te gesels. Miskien ook uit dankbaarheid en waardering vir ons en ons kerk se betrokkenheid….

 

Haar huis is reeds mooi netjies herstel. Nadat TATEISHI en vrywilligers die aanvanklike skoonmaak gedoen het, het haar familie en hul vriende die res gedoen. Op die oomblik woon net haar seun alleen in die huis. Sy is sedert die tsunami nog steeds tuis by haar dogter en die se gesin in Sendai, wie ook lidmate van Higashi-Sendai gemeente is.

 

Haar huis is in die middel van NOBIRU and TONA dorpies wat totaal deur die tsunami oorstroom is, eintlik skrikwekkend na-aan die see en redelik laag gelee ook nog…. Sy was die enigste lidmaat van die gemeente in die gebied en heel moontlik die enigste Christen-gelowige in die dorpies met ongeveer 15,000 inwoners voor die tsunami…

 

Met die namiddag van die aardbewing en tsunami was sy op die trein op weg om haar kleinkind in Sendai te gaan haal. Toe die aardbewing plaasvind, het sy net op die trein geklim, ’n paar meter van haar huis, en het die trein net begin beweeg. Soos gewoonlik met ’n aardbewing in Japan het die trein onmiddelik tot stilstand gekom. Almal is versoek om uit te klim en saam ordelik na die naby-gelee NOBIRU Laerskool, wat as ’n aangewese toevlugoord in geval van ’n tsunami dien, te stap, ongeveer 15 minute te voet vanaf waar die trein tot stilstand gekom het. Van die mense in die groep het reeds per selfoon verneem dat ’n geweldige tsunami op pad is en dat dit reeds die Sendai hawe getref het en baie omgekom het. Dit sou slegs ’n kwessie van tyd wees totdat die tsunami ook Nobiru en Tona dorpies bereik…. Maar hoeveel tyd….?

 

Aangekom by NOBIRU laerskool, ontdek hulle dat die drie-verdieping laerskool se deure vanwee die aardbewing nie kan oopmaak nie en dat hulle dus, soos dit in so ’n geval sou gebeur het, nie na die derde verdieping sou kon vlug nie. Daar is reeds ’n geweldige samedromming van mense by die skool se aangrensende enkelverdieping skoolsaal wat ook al omtrent 80 % volgepak was.

 

Nakamura san staan naby iemand wat ’n selfoon het en verneem dat by die hawe waar die tsunami eerste gekom het, daar reeds oor die 200 lyke gevind is en dat ’n reuse tsunami-brander van 7 meters hoog op pad is na waar hulle hul bevind. Sy beweeg dus dadelik na die bietjie hoeer verhogie in die saal en neem haar plek in by die venster. Die water begin toe reeds met ’n vaart in die skoolsaal instroom. Die verhogie is klein en mense skarrel desperaat om almal net ’n staanplek te kry. Baie maak dit nie en verdrink voor almal se oe, bejaardes en kinders….. Sommige gryp aan die gordyne en probeer hulleself ophys.

 

Sommige mense wat aanvanklik net na die tsunami na die laerskool gevlug het, maar toe gou eers na hul nabygelee huise teruggehardloop het om sekere waardevolle goed te gaan haal, is egter ook deur die tsunami oorval…

 

Van waar Nakamura san staan, kon sy uitkyk buite en sien hoe die water aankom en saam met die water rommel op rommel meegesleur word, motors, vragmotors, bote, huise se dakke, stompe, planke…. In baie van die motors sien sy mense sit wat aanvanklik juis na NOBIRU laerskool probeer vlug het maar op pad deur die tsunami oorval is…. voor haar oee verdrink kinders en ander mense. Die rommel buite word ’n berg so hoog amper soos die plafon.

 

Buite en binne is dit nou stikdonker, dit sneeu en dis koud. Nakamura san was goed geklee en het selfs ’n bietjie eetgoed by haar gehad omdat sy op pad na haar kleinkind was. Haar eetgoed kon sy met van die ander, veral kinders deel. Baie het met min klere aan en selfs kaalvoet inderhaas by die toevlugoord opgedaag. Meeste was papnat van die water. Bejaardes sterf van die koue… In die donkerte kon sy hoor hoe die laerskool kinders mekaar bemoedig en aanmoedig om vas te byt.

 

Na ’n paar uur begin die water sak en slaag hulle uiteindelik daarin om die laerskool se deur oop te forseer. Oor en tussen die berg van rommel deur moet hulle vir hulle ’n voetpaadjie oopbeur na die aangrensende laerskool om uiteindelik die res van die donker en koue nag op die derde verdieping te kon deurbring.

 

Die volgende dag word sy en ander oorgeskuif na ’n ander toevlugoord in die aangrensende dorpie waar sy nog ’n paar nagte oorbly totdat sy by haar familie in die nabygelee MATSUSHIMA dorp (20 minute per motor vanaf Tona dorpie) gaan bly het. Daar bly sy vir ’n maand. Die huis was in ’n laagliggende gebied gelee en sy was oortuig dat hulle almal deur die tsunami meegesleur was. Wonder bo wonder egter is die hele dorp van Matsushima gespaar omdat dit omring is van talle eilande (’n baie beroemde en gewilde toeriste oord in Japan waar toeriste op opwindende boot toere tussen die eilande deur geneem word. Onsself het jare gelede saam met ons goeie sendelingvriende Jacky en Annemarie Grundlingh ook eenmaal so ’n toer gedoen ), en ook omdat die rigting van die stroom blykbaar ’n rol gespeel het.

 

Die hele tyd is Nakamura san sonder haar selfoon wat sy die middag van die aardbewing toe sy na die trein was in haar huis gelos het. Sy het geen verbinding met haar familie en hulle met haar nie. Haar een seun werk in ISHINOMAKI stad wat grootliks deur die tsunami oorweldig is. Sy was oortuig hy is ook meegesleur. Eers vier dae later kon hulle met hom kontak maak en verneem dat alhoewel sy werksplek totaal verwoes is, hy wel oorleef het.

 

Onmiddelik na die aarbewing en tsunami het haar predikant, TATEISHI sensei na Nakamura san begin soek en eers na ’n paar dae met haar kontak kon maak. Maar dis ’n heel ander storie wat ek wel nog uit Tateishi sensei se mond sal laat vertel.

 

Belangrik egter is dat TATEISHI sensei met helpers onmiddelik begin het om NAKAMURA san se huis skoon te maak sodat dit uiteindelik herstel kon word tot sy huidige toestand, mooi netjies en skoon, maar met die minimum van meubels… Dis soos sy dit verkies, vertel Nakamura san, al haar kosbare meubels en ander goed is meegesleur en verwoes. In ’n sekere sin is sy gestroop van hierdie tydelike aardse goed en net diep dankbaar dat haar eie lewe en die van haar familie gespaar is. Sy besef ook dat indien sy nie die trein na haar kleindogter gevat het en deel van die groep was wat hulle dadelik na die toevlugoord gehaas het nie, sy dalk nie vandag meer hier sou gewees het nie…

 

Die skoonmaak van NAKAMURA san se huis deur Tateishi sensei en ’n eerste groep vrywilligers van die kerk het gelei van die een na die ander huis in die omgewing waar Tateishi sensei-hulle aangebied het om te help, uiteindelik oor die 150 huise altesaam oor ’n tydperk van ’n jaar en ’n half…!! Wat verantwoordelik daarvoor is dat almal in Tona en Nobiru dorpie, waar daar geen kerk is nie en Nakamura san heel moontlik die enigste Christen, vir Tateishi sensei en Higashi-Sendai kerk ken en die grootste waardering het vir die werk wat die kerk en ook van oorsee gedoen het en steeds doen…

Aanvanklik was dit ’n geweldige werk om net die rommel te verwyder veral vanuit privaat huise en tuine en huise van binne skoon te maak sodat mense dit weer kan herbou. Nou is Tateishi sensei en sy helpers besig om hulle toe te spits meer op die sosiaal-emosionele versorging van hierdie ge-affekteerde gemeenskap dmv die Sakura kafee, gesamentlike middag en aandetes en braais by Sakura Huis en by die tydelike wooneenhede, huisbesoeke te doen, toere na warmwaterbronne ens te onderneem, en veral baie tyd weekliks met die kinders van die NOBIRU laerskool deur te bring, hulle te help met hul studies en huiswerk, met hulle te speel, hulle te neem op kampe en pieknieke ens. …..

 

Laas Vrydag was ’n hoogtepunt by ons Sakura Kafee. ’n Rekord getal besoekers, 29… Reeds van voor 10 daag hulle op, dikwels in groepe, sit lank en gesels, tot na 2 die middag toe die kafee al moes toemaak. Ons is net heeltyd besig om te bedien, koek en koffee!! Tot die laaste krummeltjie koek. Die koek maak dit net…. Tot die laaste snytjie vir die heel laaste persoon wat opdaag…! Dankie CARINA!! Ons gaan jou mis…!

 

Stephan is vanaf Maandag al by die RCJ Sinode in TOKYO. Vandag moet hy die groeteboodskap namens die NGKerk oordra. Carina en die kinders sluit more by hom aan wanneer hulle eers almal saam by die Suid Afrikaanse Ambasade personeel moet verskyn ivm LODEWYK se paspoort aansoek. Ons sit hulle moreoggend baie vroeg op die SNELTREIN na TOKYO. Daarna gaan ons weer na Sakura Kafee.

 

Sondag het ek vir die derde keer in Higashi-Sendai gemeente gepreek. Is bekommerd oor die gemeente. Tateishi sensei is so betrokke in die rampgebied dat ons bevrees is dat die gemeente se pastorale versorging besig is om daar onder te ly. Hulle het slegs twee ouderlinge waarvan die een (SUZUKI san) voltyds werk en die ander (YAMAZAKI san) afgetree is maar nog deeltyds werk. Yamazaki san is ook, wanneer hy kan, baie aktief betrokke in die rampgebied. Sondag na die erediens het hulle ’n kerkraadsvergadering gehad waar ek en Annalie ook teenwoordig was en verslag van ons werk gedoen het. Het met hulle gedeel ons bekommernis oor die pastorale versorging van die gemeente….

Vannaand doen ek die gemeente biduur. Tateishi sensei is by die Sinode.

 

————————————

 

Maandag 8 Oktober

Uiteindelik weer ’n kort blaaskans! Was ’n uitputtende naweek van ver reis en baie Japannees praat en in vreemde beddens slaap…. Annalie kla dat sy moeg is. Nie ’n dag waar ons volledig net kan ontspan nie…. Indien ons nie iewers betrokke en besig is nie moet ons voorberei vir die volgende geleentheid… Vanoggend inkopies gedoen vir more se Sakura kafee. Vanmiddag bak Annalie koek. Dank die HERE egter vir Carina wat eenstryk deur koekbak!! Vanoggend weer ’n paar gebak…. Weet nie hoe Annalie kop bo water sou gehou het indien Carina nie hier was nie…..

Vandag ’n heerlike sonskyn dag met ’n koel briesie in die lug. Belangrik egter dat die weer heeltemal gedraai het. Die warm bedompige somerhitte is vir goed verby. Dis koel en soms selfs koud. Die winter kruip nader. Ons slaap alreeds selfs met ’n kombers ook nog oor ons… Miskien sal ons voor ons vertrek ook nog die verwarmers moet aanskakel…

Was die naweek weer hoog op tot in die heel Noorde van HONSHU, Morioka Prefecture, by ’n dorp met die naam van Hachi-no-He waar die kerk ’n klein sendingpos het. Die predikant en sy vrou, hulle drie dogters, die een getroud met twee jong kinders en haar man, is die enigste wat die erediens bywoon. Yamazaki ouderling van Higashi-Sendai gemeente en sy vrou gaan saam met ons omdat hy deur die Ring afgevaardig is om ’n Ringsbesoek aan die gemeente te bring. Hy neem ons met sy eie motor. Dit maak die lang rit bietjie makliker en geriefliker vir ons deur dat ons nie self hoef te bestuur nie.

Die tyd saam met die predikant en sy vrou, veral alleen na die diens, was egter ’n besondere hoogtepunt en regtig ons laat voel dat dit die afstand en moeite werd was. Toe dit lyk asof die ouderling nie van plan is om “ringsbesoek” te doen nie, begin ons maar met allerhande vrae oor hul situasie, hul worstelinge and hul bekommernisse. Soos ons nog nooit voorheen ervaar het nie is die predikant en sy vrou gewillig om hul harte oop te maak en baie eerlik hul gevoelens met ons te deel. Hy is al diep in die sewentig en was sy hele lewe lank ’n tentmaker wat van Maandag tot Saterdag lang ure moes werk om die pot aan die kook te hou. Noudat hy uiteindelik afgetree is voel hy om sy alles in die stryd te werk om die gemeenskap te bereik met die evangelie. Hy was nog al die jare en is steeds ’n werks-esel. Sy is egter oud en moeg en sien nie kans om die pas wat hy aangee vol te hou nie…. Alhoewel hulle al baie-baie jare in die gebied woon en werk ervaar hulle steeds dat die mense hulle nie werklik aanvaar nie. Hulle is ver van die res van die Kerk en het baie eensaamheid beleef. Die opvoeding van hul kinders was ook baie problematies in die omgewing, veral ook om die kinders op te voed in die Christelike geloof in ’n opset waar daar geen ander jongmense in die gemeente is nie… Hulle is ook baie bekommerd oor wat gaan word van die gemeentetjie en hul kinders wanneer hulle nie meer kan voortgaan in die bediening nie…. So het hulle hul situasie en worstelinge met ons gedeel. Op die ou end moes ons ons van hulle losskeur want die pad terug Sendai toe is nog baie ver… Na ’n gebed deur die ouderling, vat ons die lang pad terug Sendai toe en kom redelik donker hier aan. Carina-hulle wag vir ons vir aandete…!

Afgelope week was ook maar redelik veeleisend omdat ons gaste van Kyushuu gehad het, almal nie-Christene, wat by ons oorgebly het en saam met ons betrokke was in die rampgebied. Dit het beteken dat ons nooit alleen kon wees nie en heeltyd net Japannees moes praat. Maar dit was ’n baie belangrike en goeie geleentheid om ons verhouding met hierdie vriende verdiep, diep gesprekke te voer en hulle daarby ook nog goeie blootstelling aan die situasie in die rampgebeid en die werk van die kerk te gee. Eers was dit YUMI Annoura wat gekom het, sy en haar gesin is ou en goeie vriende van Fukuoka. Sy het gereeld ons Vrydagoggende Bybelstudie bygewoon. Haar man is ’n ortopeet, welgestelde mense. Met haar moes ons tot diep in die nag ernstige gesprek voer oor haar eie situasie en worstelinge. Nadat sy weg is, stuur sy die nuus dat haar skoonpa afgesterf het. Terwyl sy nog saam met ons was, het YUKI Sakai van Kokura ook by ons kom aansluit. Sy was deel van Annalie se kookklas in Kokura kerk. Baie gesels en saam betrokke by Sakura Huis en saam op ’n toer na ’n warmwaterbron met die mense uit die rampgebied.

Intussen het ons ook CARINA se verjaardag laas Donderdag gevier met ’n braai op ons huisie se balkon.

More is ek en Annalie en Stephan heel moontlik alleen by die kafee omdat Tateishi sensei en sy span die kinders van die rampgebied op ’n piekniek uitstappie neem. Dit gaan nogal’n nuwe uitdaging wees….!! Maar dis lekker…!

————————————————————————–

Sondag 30 September

Ons bevind ons op die oomblik (Sondagaand) in ’n hotel iewers tussen AOMORI stad en SENDAI op ons pad terug vanaf Aomori na Sendai. Het vanoggend in AOMORI gemeente opgetree. Dis die heel Noordelike gemeente van die RCJ, gelee aan die bo-punt van die hoofeiland, HONSHU. In die heel Noordelikste eiland, HOKKAIDO is daar net nog een ander gemeente. AOMORI gemeente is maar ’n klein sendingpos met slegs ’n handjievol kerkbywoners. Tog het ons ’n besondere geseende tyd met die groepie gelowiges kon deurbring. Het net opnuut besef dat getalle nie by die Here saak maak nie. Hy het mos belowe dat waar twee tot drie in sy Naam vergader Hy in hul midde is. Dit was vir ons goed om dit opnuut te ervaar. Om alles te kroon word ons tydens middagete verras met egte Suid Afrikaanse boere bobotie wat een van die lidmate vanaf die internet spesiaal vir ons voorberei het..! 

Terwyl ons hier in die hotel sit, is die TV nog heel aand besig om te berig oor ’n geweldige sterk TIFOON wat besig is om van onder Kyushu af regoor die vier eilande van Japan noordwaarts te beweeg en oral groot verwoesting te saai. Duisende mense moes reeds padgee uit hul huise en toevlug soek in toevlugsoorde. Vannag beweeg die tifoon oor Sendai en ook oor die plek waar ons ons nou bevind….

Vandag was die laaste dag van September. ’n Maand en ’n half wat ons reeds in die rampgebied is. ’n Bietjie meer as ’n maand is nog oor……

Ons kyk dus terug op die tyd wat ons reeds hier is:

1)      Ons het tot dusver 5 gemeentes op Sondae besoek waar ek gepreek het en en ons na die erediens goeie tyd met gemeentelede deurgebring het, gewoonlik met ’n gesamentlike middagmaal met die hele gemeente, soos dit gewoonte in die kerk van Japan is (Higashi-Sendai, Kitanakayama, Fukushima, ShiroishiKeiyaku, Aomori). Ek oordeel dit dit wel ’n belangrike deel van ons bediening in die rampgebied is om verskillende gemeentes te besoek en te bemoedig met die Woord en met ons teenwoordigheid. Ons word oral baie hartlik ontvang en die terugvoering op die bediening van die Woord is positief. Vanmore in AOMORI gemeente het ek die heel eerste keer in die RCJ beleef dat iemand gereeld tydens die preek haar instemming betuig deur hardop amen te se…

2)      By Higashi-Sendai gemeente was ons reeds drie Sondae en het ek twee-keer gepreek. Ons sou eintlik meer gereeld by Higashi-Sendai gemeente, wat ons in die eerste plek gevra het om te kom en onder wie se leiding ons veronderstel is om te werk, betrokke wou gewees het. Met TATEISHI sensei wat weekliks (amper daagliks en amper voltyds) aktief betrokke is in die rampgebied self, voel ons dat die geestelike nood en behoefte van die gemeente net groter word…. Daar is beslis wyer bekommernis oor die geestelike situasie en pastorale versorging van Higashi-Sendai gemeente in die Ring en ook wyer in die hele RCJ….. Tateishi sensei besef dit beslis self ook maar sy betrokkenheid in die rampgebied is van so ’n aard dat dit vir hom bitter moeilik, indien nie onmoontlik is, om af te skaal. Inteendeel word hy net meer en dieper betrokke…

3)      Ek het nou die dag die volgende epos aan Tateishi sensei en een van sy werkers, NORIKO LAUER gestuur:

We cannot say it often enough and clear enough: You are doing a GREAT job. At this most tragic and historic event in the life of Japan and even the whole world, you are in the forefront of the God’s MISSION through the WHOLE RCJ and many overseas churches supporting this mission with their prayers and finances. This is a great honor bestowed by God’s sovereign grace on you and for which He has prepared you and has given you the necessary gifts. At the same time your responsibilty before GOD HIMSELF, the people in the COMMUNITY and the WHOLE CHURCH is very-very BIG!! So many eyes and hearts and prayers are all focussed on YOU!! You are representing all of them (us) and most of all you are representing our LORD JESUS CHRIST on our behalf among the people in SHINTOUNA, TOUNA and NOBIRU TOWNS. May the LORD keep you very close to HIMSELF, fill you daily with HIS SPIRIT and HIS LOVE and make you overflowing channels of HIMSELF, his SPIRIT and his LOVE. WE KEEP YOU CONSTANTLY IN OUR HEARTS AND PRAYERS… And we are indeed honored and privileged and blessed to be part of this very special mission began by the LORD HIMSELF through AKIRA TATEISHI, albeit for only a very short period….

4)      Ek doen wel ook die biduur by Higashi-Sendai gemeente wat slegs elke twee weke gehou word, maar die opkoms is nie goed nie….

5)      By NOZOMI sentrum kon ons tot dusver ongelukkig net twee-keer betrokke raak. Ons program met TATEISHI sensei en sy gemeente en span voltydse werkers by HIGASHI-MATSUSHIMA  (Tona en Nobiru dorpies) is net te vol en NOZOMI sentrum is ook redelik ver van waar ons bly. NOZOMI sentrum se befoefte aan helpers is GROOT. Ons het vir YUI san, die enigste voltydse werker baie jammer. Nou die dag toe ons daar was het sy haar hart oopgemaak en met ons gedeel hoe veeleisend en uitputtend die situasie en werk is…. Ons het groot waardering vir CAL CUMMINGS, OPC sendeling, wat baie gereeld haar bystaan.

6)      Ons hoof-fokus is die werk van RCJ Higashi-Sendai gemeente in die rampgebied van HIGASHI-MATSUSHIMA omgewing in die dorpies van Tona en Nobiru. Ek en Stephan het die week gaan aanklop by hul tydelike gemeenskap sentrum vir meer besonderhede oor die gebied waarby RCJ Higashi-Sendai gemeente betrokke is. Baie kortliks: Voor die tsunami was daar ongeveer 1,000 wooneenhede met ’n bevolking van amper 15,000 mense. Die huidige situasie is 363 huise (wooneenhede) wat oorgebly en/of herbou (herstel) is en ongeveer ’n 1000 mense wat nou daar woon. 503 mense is dood in die tsunami. Die res woon in tydelike wooneenhede wat deur die regering opgerig is. Dit is hierdie twee groepe mense wat die fokus van Higashi-Sendai gemeente se werk is: a) Die wat in tydelike wooneenhede bly waar die kerk die mense besoek en gereeld gesamentlike etes en ander samekomste reel, en b) die wat in die dorpies oorgebly het en/of besig is om terug te keer.

7)      SAKURA HOUSE is in Tona dorpie gelee. Tona dorpie beslaan ’n oppervlakte van seker ongeveer 4-vierkante kilometer, nie ’n baie groot dorpie nie. Onmiddelik langs Tona is Nobiru dorpie, moontlik ’n bietjie groter. In Nobiru is die enigste skool, ’n laerskool, van die onmiddelike omgewing. Hierdie skool was ’n aangewese toevlugsoord met ’n tsunami en baie het dan ook met die tsunami soontoe gevlug. Die tsunami het egter die hele grondvloer oorstroom en baie het in die gebou verdrink terwyl die op die eerste vloer dit moes aanskou het, waaronder ook van die kinders…. Die skool is intussen herstel en dit is die kinders en hul ouers van die skool wat die hoof-fokus is van die werk in en vanuit SAKURA HOUSE. Tweekeer per week, hier vanaf 2.30 in die namiddag, kom die kinders streep-streep tussen die verwoeste huise deur aangeloop na SAKURA house waar die volunteers hulle help met hul studies en dan die res van die namiddag to na ses met hulle speel. Deur die loop van die middag is daar ook ’n aantal ma’s wat in Sakura Huis met mekaar kom sit en gesels.

8)      Dit is hierdie kinders wat Higashi-Sendai gemeente verskeie kere al op ’n kamp geneem net, een waarvan ons bygewoon het verlede jaar en weer hierdie keer onmiddelik nadat ons in Sendai aangekom het.

9)      Die SAKURA kafee waarmee ons begin het en wat ook tweekeer per week vanaf 10vm to 2nm oop is, blyk regtig ’n reuse sukses te wees en baie beslis in ’n behoefte te vervul. Vanaf die eerste dag kom mense van die omgewing gereeld om tee of koffie te drink, koek te eet en net te sit en gesels. Dit bied wonderlike geleenthede tot verhoudings bou en dieper gesprekke. Annalie as vrou is veral besig om wonderlike verhoudings te bou en allerhande gesprekke met die vrouens te voer.

10)   Wil nog verder sekere punte van die afgelope tyd uitgelug het, maar dit is besig om laataand te raak en tyd om bed toe te gaan. Stop dus vireers hier.

 

————————————————————–

Monday 20 August

Today we have been resting in our cabin, preparing for the Children Camp of tomorrow which both Annalie and I will join. I have to bring a children message at the camp. Have done my powerpoint this morning. The Camp is organized by Tateishi sensei and RCJ Higashi-Sendai church. About 60 children will be joining of which about 45 are non-Christian children from the disaster area where Tateishi sensei, Higashi-Sendai congregation and volunteers have been and still are doing community work. Some parents from the community will also go. A staff of about 20 volunteers will accompany the children. This is an incredible development and another result of Tateishi sensei and volunteers’ involvement in the spesific area.

Yesterday was our first Sunday back in the disaster area and I preached at RCJ Higashi-Sendai church. This church will be our main base from where and under whose supervision and guidance we will do community work. Last year we did the weekly prayermeetings in the church and worked with Tateishi sensei in the disaster area (Touna and Nobiru Towns) about 30 kilometers from here. It was to both of us a very blesses experience to meet our brothers and sisters again and a number of new faces, to worship together with them and share God’s Word and to have good fellowship after the service as we all enjoyed lunch together. We were impressed by the sincere way in which Tateishi sensei conducted the liturgy and also by his outstanding talents of leadership and communication and responding to and fellowshiping with people.

We came home late afternoon rather tired. However, this morning I managed to do my second jogg since arriving at Takayama. The weather is still hot but nothing in comparison with that of Shikoku and Tokushima…!! We can actually survive without airconditioning and even walk and jogg early mornings.

We are staying in small but neat cabin in an old missionary summer resort (called Takayama Beach Company) with about 50 wooden cabins situated on two hills in a town called SHICHI-ga-HAMA (“Seven beaches”). Next to where we stay is one of the beaches, a very popular surfing beach. Last year after the tsunami we didn’t see many surfers on the beach. It was actually still filled with all kinds of debri. This year it is a different scene with many-many surfers from early morning on the beach and in the water waiting for the waves.

Stephan and Carina are also renting a house not very far from us. We regularly enjoy dinner together. They are having their annual vacation. After that they will join us in doing some community work.

The tsunami destroyed most of the houses around this resort, but because the resort itself is on two hills it was safe, though for a couple of days surrounded by a sea of water.

The Shichi-ga-Hama website tells the story of the effect of the earthquake and tsunami:

Shichi-ga-Hama City

Tohoku earthquake and tsunami

On 11 March 2011 at 2:46 p.m. local time, the town was badly damaged by the tsunami caused by the 2011 Tohoku-Pacific Great Earthquake. The tsunami was as tall as 10 m as it hit the town, destroying the majority of homes in Shobutahama and Hanabuchihama (the area we are staying), as well as washing away or severely damaging many houses and buildings in the other coastal neighborhoods. The town estimates that over 1,000 houses were destroyed or damaged beyond use. The wave reached over 2 km inland, flooding the fields in front of Koyo Junior High School and Shiomidai and scattering the debris of the homes from Shobutahama. Approximately 95% of the town’s rice fields were also flooded with seawater.

90 Shichigahama townspeople were confirmed to have died in the tsunami, 58 in Shichigahama and 32 in other locations, 6 townspeople were still missing and 7 non-townspeople were confirmed to have died in Shichigahama. Power, water and natural gas lines were damaged and many roads were impassable for days, except to rescue workers and self-defense forces. During this time, relief was delivered to the town by aid agencies. The conditions varied considerably between centres with Yoshidahama Community Centre evacuees going without meat for over a month while the Kokusaimura received the bulk of the aid and frequent visits from celebrities.

Over 4,000 people were initially evacuated to thirteen evacuation centres. People were slowly able to return to their homes, find alternative rental accommodation or relocate to the homes of family members, leaving 715 people in three shelters by April 27 and 229 people in two shelters (the Kokusaimura and Community Centre) by June 3. By Mid-June, everyone had been moved out of evacuation centres into alternative existing accommodation or town-provided temporary housing.

As the rescue activities were completed, relief and rebuilding efforts began. Temporary housing was built for 877 people at two sites: Shichigahama Sports Fields (151 homes, housing 569 people) and Shichigahama Junior High School Baseball Field (106 homes, housing 308 people). The homes are available to the residents for 2–3 years. The Japanese Self-Defence Force, who were instrumental in initial rescue and relief activities, continued to provide widespread support to the town. They cooked the food at the evacuation centres, provided temporary bathing facilities, and assisted in clearing debris. A volunteer centre was also established at the town community center, operated by volunteers and NGO’s. The center coordinates the volunteer activities for hundreds of daily volunteers performing a range of tasks such as collecting and cleaning photos recovered from the debris, delivering donated items to the temporary homes, and clearing rubble and debris from sites of former homes.

Shichigahama’s national and international relationships also provided particular support. The sister town of Plymouth, Massachusetts organized a number of fundraising events capped by a 3-hour telethon which raised over $85,000. Shichigahama’s ocean-to-mountain sister town of Asahi, Yamagata-ken sent dozens of volunteers by bus every day to join the volunteer centre activities.

A huge pile of debris rapidly accumulated opposite the Aquarena leisure centre as sites were cleared. The plan for this debris, and for similar mountains throughout Tohoku, is still to be determined.

Shichigahama Junior High School was also severely damaged by the earthquake and was forced to close due to the structural damage. The students and staff were re-located to Koyo Junior High School, where the two schools share facilities until alternative arrangements can be made in the medium-term. Shichigahama Junior High School must be torn down and rebuilt.

—————————————

Saturday 18 August: A miracle of God’s provision!!

On coming back to Japan, after retiring at the end of 2011, to assist Stephan and Carina (as instructed by Mission Japan) and to again support our brothers and sisters in the disater area of North-eastern Japan (as a joint venture of Mission Japan and RCJ Shikoku Presbytery, and also as requested by RCJ Higashi-Sendai congregation), I began to keep a diary in order to note my experiences, observations and opinions and to share it with our family, friends and members of Mission Japan. I did it so far all in Afrikaans.

However, we need to share our first experience and observation, as we arrived Wednesday (15 August) in Sendai (capital of North-East Japan), with some of our English-speaking friends and supporters.

Yesterday (Friday 17 August) we had our first exposure to what the Lord has been doing since we were here during July to September of last year. Yesterday we visited the so-called NOZOMI (meaning:HOPE) center located South of Sendai in a suburb called YAMAMOTO Town. What an experience and revelation of God’s guidance, provision and work! Both Annalie and I were filled with amazement, gratitude, humility, and excitement.

In order to explain our feelings I have to give the background:

Two weeks after the big disaster Stephan and I visited this area and walked around in Yamamoto town. It was a shocking and weird experience. The whole area was inundated by the tsunami, houses were destroyed, debris were filling the streets and yards and houses, everywhere a weird quietness but for the sound of the nearby sea…. This part of Yamamoto Town became in an instant a ghost town where people died and most lost everything. No-one thought that there was much hope for this area to be restored and people coming back again to settle.

In response to our report, Mission Japan suggested the beginning of a counselling center somewhere in the disaster area, but that we as Mission Japan should only play a supporting role to the local RCJ Church and the Overseas Missions who are staying and working in this area for many-many years (our main focus should continue to be the Church on Shikoku island and we should respect the Missions involved in North-eastern Japan). The Orthodox Presbyterian Church (OPC) and the Christian Reformed Church (CRC) of America decided on the same thing. CRC missionary Larry Spalink immediately took initiative and eventually it was decided to purchase this Dentist Clinic in Yamamoto Town and restore it into a Support and Ministry Center. It was a BIG step of faith against all the odds. Some of us (including myself and Annalie) were seriously sceptical of the wisdom of buying and opening such a center where everything were destroyed. However, we accepted the majority decision prayerfully.

After we ourselves left the area and eventually went back to South Africa, the CRC and OPC, with the backing of the RCJ, raised money from America, recruited teams from the Church in America and Canada, brought building material and start rebuilding and renovating the Dentist Clinic. Back home we only received and read the news of the progress as well as of the obstacles, wishing we could still have been there…

Yesterday we saw for the first time the end-result of more than a year of incredable perseverance in faith, love and hope….. A pastor (SOUMA sensei) from a congregation (Iwa-no-Ue congregation) in Nagoya area (very far from Sendai) came with a team of 20 congregation members (mostly young people) to minister from the Hope Center to the people of the community. Yesterday they had a morning program for the children, the afternoon a concert for the adults and the evening a barbeque. We were invited to attend.

Our observations:

1)     What a beautiful and useful building this destoyed Dental Clinic became!! Just in its physical structure and appearance a center and beacon of HOPE!! We were both so excited by what we saw. Our hearts are filled with thanksgiving to the Lord for people like Larry Spalink (CRC) and Cal Cummings (OPC) for their big role, their vison, faith and perseverance, for the volunteer teams from their churches in America and their sacrificial labours, for the hundred-thousands of dollars donated by our brothers and sisters in these churches….

2)     What’s even more exciting is that people are returning to this part of the Yamamoto Town, houses are being restored and renovated, businesses are opening… Our sceptisism has been put to shame. We feel deeply humbled…..

3)     Many volunteer teams, especially from the Churches in the USA have been reaching out into this area, renovating this building, cleaning houses, yards, rice paddys and vegetable gardens. People who couldn’t speak Japanese, but through their “good” works they brought light and hope into the community to the glory of God. They have created an awareness in this area of the church of Jesus Christ and of Christianity as never before, an area known for being very closed and hard to reach (Yoshida sensei, pastor of RCJ Sendai Church and moderator of the RCJ, remarked that before the tsunami nobody really cared for the church. Now nobody says we don’t need the church…!!).

4)     Souma sensei and his congregation have been coming many times all the way to this area of Yamamoto Town. They have been visiting many-many people living in the temporary housing units. They didn’t preach to them, just visited and greeted, making friends and when the opportunity arises prayed with them. This is paying off. Yesterday a nice group of children were at the NOZOMI/HOPE center and at the concert there were more than 30 people from the community, including several officials from the Town Hall. For Japan this is miraculous!!

5)     A well-known young Japanese Gospel singer, MIGIWA san, was the main artists at the concert. She has been and is traveling and singing al over Japan and also already several times in the disaster area. What a pretty girl with such a spontanious and charming personality, a beautiful voice and a testimony of God’s grace in her life!! During and with her singing she shared openly and convincingly about our Creator-God, His love and care and about Jesus our Saviour.

6)     Two people have been appointed to administer and run the NOZOMI/HOPE Center. The one, YUI san, a young Japanese girl of 26 years old, who studied at Calvin College in the States and who is also fluent in English, is fulltime doing this job. The moment we met her we were both touched by her warm, open and friendly personality, apparently perfectly fit for her calling. We learned that, now at the moment that volunteer teams are not anymore coming form America (because their holiday season is finished), this young girl is going out alone on her own to clean gardens etc…!! She is staying in the center and even alone on her own she is a shining light in the communtity. Pastor SOUMA has been asking me to help looking out for someone who could come and join Yui san…

7)     Our main focus and calling is the work in and of RCJ Higashi-Sendai (with pastor Akira TATEISHI) in another area (Nobiru and Touna Towns in Higashi Matsushima area, North of Sendai) where we have been actively involved during our three months stay of last year. Tomorrow (Sunday 19 August) I will be preaching in RCJ Higashi-Sendai congregation on the theme of “HOPE.” From next week we will again be participating in the activities of RCJ Higashi-Sendai congregation starting with a Children Camp of about 60 children mostly victims from the disaster area. We will be part of a staff of 20 volunteers. And from then onwards we will be actively involved in activities in Higashi Matsushima area. HOWEVER, at this stage I have the feeling that we shouldn’t neglect NOZOMI CENTER, but in one or other way continue our support and involvement. I even wish we could have volunteer teams from South Africa to spend some time also at NOZOMI CENTER….

——————————————–

Vrydag 17 Augustus

Uiteindelik in SENDAI in die Noord-Ooste van Japan, hier waar die drie-dubbele ramp verlede jaar plaasgevind het en waar ons die voorreg gehad het om ook verlede jaar vir drie maande te kon vertoef en iets van die nood van die mense en die uitdagings wat dit aan die Kerk bied te kon ervaar. Eergister (Woensdag) namiddag aangeland na die lang reis vanaf Shikoku, iets oor die duisend kilometers per motor. Darem oornag op ons pad, maar bitter min kon slaap. Het ook Dinsdagoggend reeds net na 2 vanaf Tokushima in die pad geval. Was dus redelik uitgewas en uitgeput….Annalie veral…. Die drie kinders het hulle egter ongelooflik goed gedra in die motors op die lang pad.

Cornelius sukkel egter baie met sy urinering. Dit geskied met groot pyn, met die gevolg dat hy inhou en nie kans sien om te urineer nie, en voordurend aangemoedig en as te ware gesoebat moet word om te urineer en dit dan elke keer met baie traagheid en trane  doen. Die uroloog in Tokushima se aanbeveling was dat hy dringend geopereer moet word om die voorvelletjie, wat ’n verstopping veroorsaak, weg te sny. Aangekom in Sendai het hulle hom gister na ’n uroloog hier geneem wat toe sommer daar en dan, en voordat Stephan nog besef het wat besig is om te gebeur, ’n soort van ’n “operasie” uitgevoer het. Hulle moet hom nou weer vandag terugneem. So, ons sal nou moet sien of die probleem opgelos word….

Hier in die omgewing waar ons vir die volgende paar maande bly, lyk dinge in ’n sekere sin nog maar netsoos toe ons ’n jaar gelede ook hier was. Oral kan jy sien is hulle wel aan die werk, maar ook dit is maar netsoos ’n jaar gelede. Tog is daar hier en daar tekens van nuwe huise en/of herstelde huise en meer aktiwiteit en lewe. Natuurlik sal ons mettertyd meer en beter sien wat die presiese situasie is, maar my indruk is dat dit nog ’n lang en ver pad is wat hier geloop sal moet word…. Dit wat die fisiese betref. Die emosionele en sielkundige herstel is ’n ander saak….!

Vanoggend in my Stiltetyd gelees uit Paulus se eerste brief aan Timoteus, en veral Paulus se getuienis van en sy groot dankbaarheid voor God en Jesus Christus se genade aan hom, die grootste sondaar, bewys om hom te red en die bediening van die Evangelie aan hom toe te vertrou. Net maar weer die Here gedank vir die groot genade en voorreg en eer om nie net Hom te ken as my God en Verlosser, my Here en Hoop nie, en in Sy diens en in diens van die Evangelie te kan staan nie, maar veral ook om nou weereens hier in Japan en spesifiek in die rampgebied, al is dit vir ’n baie kort tydjie, deel te mag wees van die lewe en bediening van Sy kerk en kinders hier. Die mense hier in Japan is geneig om ’n groot ophef te maak van ons teenwoordigheid en bediening veral hier in die rampgebied, maar ek het nou die dag in die kerk gese dat hulle dit asseblief nie moet doen nie. Laat ons liewers dink aan die mense, en veral Sy Kerk en kinders wat hier in die rampgebied was toe dit gebeur het, al die trauma beleef het en steeds beleef en vir nog baie dekades sal beleef, onmiddelik betrokke geraak het om Christus se opofferende en neerbuigende en dienende liefde en barmhartigheid teenoor duisende rondom hulle uit te leef en steeds daarmee volhard sonder om moeg te word… Laat ons hulle en hul rol nie vergeet nie. Laat ons hulle eer. Laat ons die Here vir hulle loof en prys en nie ophou om vir hulle te bid en te ondersteun nie. Ons kom en gaan. Ons is maar vir ’n baie-baie kort rukkie hier. Ons bydraetjie is regtig maar baie klein en gering.

Vandag beplan ons om na die NOZOMI (Hoop) Sentrum in Yamamoto-cho (Suid van Sendai) te gaan. Dit is opgerig onder andere op die inisiatief van Missie Japan (Gideon) wat destyds aanbeveel het dat ons as Sending moet konsentreer op die emosionele nood en behoeftes agv die ramp. Die ander Sendinge met die Christelike Gereformeerde Kerk van Amerika en die Ortodokse Presbiteriaanse Kerk van Amerika aan die voorpunt het toe voort gegaan en met groot koste en baie harde fisiese arbeid deur spanne vrywilligers uit Amerika, ’n Tandsarts kliniek wat deur die tsunami oorstroom is aangekoop en gerestoreer en in ’n Ondersteunings Sentrum omskep. Dit sal vir ons die eerste keer wees dat ons die finale produk sien. Hulle beplan vandag ’n hele dagprogram vir die mense van die omgewing en veral die wat in die tydelike wooneenhede bly, wat begin met ’n kinderprogram die oggend, ’n konsert die middag en ’n braai die aand.

Op ons pad ontmoet ons ook met SASAKI san, ’n ouderling wat aangestel is om namens die Sendingkommittee van die Ring te help met ons program en veral preekafsprake vir die volgende maande in die wyer Ringsgebied.

—————————-

Vrydag 17 Augustus 

Uiteindelik in SENDAI in die Noord-Ooste van Japan, hier waar die drie-dubbele ramp verlede jaar plaasgevind het en waar ons die voorreg gehad het om ook verlede jaar vir drie maande te kon vertoef en iets van die nood van die mense en die uitdagings wat dit aan die Kerk bied te kon ervaar. Eergister (Woensdag) namiddag aangeland na die lang reis vanaf Shikoku, iets oor die duisend kilometers per motor. Darem oornag op ons pad, maar bitter min kon slaap. Het ook Dinsdagoggend reeds net na 2 vanaf Tokushima in die pad geval. Was dus redelik uitgewas en uitgeput….Annalie veral…. Die drie kinders het hulle egter ongelooflik goed gedra in die motors op die lang pad. 

Cornelius sukkel egter baie met sy urinering. Dit geskied met groot pyn, met die gevolg dat hy inhou en nie kans sien om te urineer nie, en voordurend aangemoedig en as te ware gesoebat moet word om te urineer en dit dan elke keer met baie traagheid en trane  doen. Die uroloog in Tokushima se aanbeveling was dat hy dringend geopereer moet word om die voorvelletjie, wat ’n verstopping veroorsaak, weg te sny. Aangekom in Sendai het hulle hom gister na ’n uroloog hier geneem wat toe sommer daar en dan, en voordat Stephan nog besef het wat besig is om te gebeur, ’n soort van ’n “operasie” uitgevoer het. Hulle moet hom nou weer vandag terugneem. So, ons sal nou moet sien of die probleem opgelos word….

Hier in die omgewing waar ons vir die volgende paar maande bly, lyk dinge in ’n sekere sin nog maar netsoos toe ons ’n jaar gelede ook hier was. Oral kan jy sien is hulle wel aan die werk, maar ook dit is maar netsoos ’n jaar gelede. Tog is daar hier en daar tekens van nuwe huise en/of herstelde huise en meer aktiwiteit en lewe. Natuurlik sal ons mettertyd meer en beter sien wat die presiese situasie is, maar my indruk is dat dit nog ’n lang en ver pad is wat hier geloop sal moet word…. Dit wat die fisiese betref. Die emosionele en sielkundige herstel is ’n ander saak….! 

Vanoggend in my Stiltetyd gelees uit Paulus se eerste brief aan Timoteus, en veral Paulus se getuienis van en sy groot dankbaarheid voor God en Jesus Christus se genade aan hom, die grootste sondaar, bewys om hom te red en die bediening van die Evangelie aan hom toe te vertrou. Net maar weer die Here gedank vir die groot genade en voorreg en eer om nie net Hom te ken as my God en Verlosser, my Here en Hoop nie, en in Sy diens en in diens van die Evangelie te kan staan nie, maar veral ook om nou weereens hier in Japan en spesifiek in die rampgebied, al is dit vir ’n baie kort tydjie, deel te mag wees van die lewe en bediening van Sy kerk en kinders hier. Die mense hier in Japan is geneig om ’n groot ophef te maak van ons teenwoordigheid en bediening veral hier in die rampgebied, maar ek het nou die dag in die kerk gese dat hulle dit asseblief nie moet doen nie. Laat ons liewers dink aan die mense, en veral Sy Kerk en kinders wat hier in die rampgebied was toe dit gebeur het, al die trauma beleef het en steeds beleef en vir nog baie dekades sal beleef, onmiddelik betrokke geraak het om Christus se opofferende en neerbuigende en dienende liefde en barmhartigheid teenoor duisende rondom hulle uit te leef en steeds daarmee volhard sonder om moeg te word… Laat ons hulle en hul rol nie vergeet nie. Laat ons hulle eer. Laat ons die Here vir hulle loof en prys en nie ophou om vir hulle te bid en te ondersteun nie. Ons kom en gaan. Ons is maar vir ’n baie-baie kort rukkie hier. Ons bydraetjie is regtig maar baie klein en gering. 

Vandag beplan ons om na die NOZOMI (Hoop) Sentrum in Yamamoto-cho (Suid van Sendai) te gaan. Dit is opgerig onder andere op die inisiatief van Missie Japan (Gideon) wat destyds aanbeveel het dat ons as Sending moet konsentreer op die emosionele nood en behoeftes agv die ramp. Die ander Sendinge met die Christelike Gereformeerde Kerk van Amerika en die Ortodokse Presbiteriaanse Kerk van Amerika aan die voorpunt het toe voort gegaan en met groot koste en baie harde fisiese arbeid deur spanne vrywilligers uit Amerika, ’n Tandsarts kliniek wat deur die tsunami oorstroom is aangekoop en gerestoreer en in ’n Ondersteunings Sentrum omskep. Dit sal vir ons die eerste keer wees dat ons die finale produk sien. Hulle beplan vandag ’n hele dagprogram vir die mense van die omgewing en veral die wat in die tydelike wooneenhede bly, wat begin met ’n kinderprogram die oggend, ’n konsert die middag en ’n braai die aand.

Op ons pad ontmoet ons ook met SASAKI san, ’n ouderling wat aangestel is om namens die Sendingkommittee van die Ring te help met ons program en veral preekafsprake vir die volgende maande in die wyer Ringsgebied.

——————————————-

Maandag 13 Augustus

Vanoggend weer baie vroeg wakker en op. Voel bietjie uitgewas, en/of asof ’n trein oor my geloop het. Rede is dalk ons kuier gisteraand saam met ons destydse bure by Tokushima kerk, die Kurodas, wat ons saam met Kei en Kazumi Kataoka (Tokushima leraarspaar) uitgenooi het om in DAIKICHI restautant, ’n hanetreetjie vanaf die kerk, te eet. Lekker gesels, te veel ge-eet en lekker koue Japannese bier gedrink. Bly dat hulle ook vir Kei en Kazumi saam genooi het sodat daar ook ’n goeie verhouding tussen hulle kan ontwikkel. Kuroda san is 74 jaar oud en tree volgende jaar amptelik af as tandarts. Hy het baie jare gelede as student, beinvloed deur ’n toegewyde Christen Japannese professor, ’n Christen geword. Hy het egter vir baie jare weinig na ’n kerk gegaan, deels vanwee sy werk as tandarts en lektor in tandheelkunde. Sy vrou is (nog nie) ’n Christen nie maar sedert ons mekaar leer ken het, kom hulle beide redelik gereeld kerk toe. Annalie en sy (Hiroko) het ’n baie goeie verhouding.

Sondag was weereens ’n groot hoogtepunt vir my by Tokushima gemeente se erediens en saamwees. Die kerk was stampvol. Al die lidmate wat kon kom, was soos gewoonlik in die erediens (Wat ’n getuienis vir ons kerke in SA dat ons in Japan maklik ’n 100% bywoning van lidmate het op ’n Sondag!!). Heelwat besoekers en nie-christene in die erediens. Onder andere ’n ma en haar dogter, Takeichi is hulle van, en die dogter se naam is Megumi. Hulle het erediens toe gekom, uitgenooi deur Nezu Miwako, die apteker met wie ons ’n paar jaar weekliks Bybelstudie gedoen het en toe aan die einde van verlede jaar op Kersdag, net voor ons vertrek, gedoop is. Die dogter, Megumi, is ’n 2de-jaar student in Geskiedenis en sy wil haar tesis oor Apartheid doen omdat daar blykbaar nog nooit so ’n navorsing in Japan gedoen is nie. Sy was egter nog nooit in SA nie en haar kennis en begrip is baie duidelik nog maar bitter beperk… Lekker gesels en haar uitgenooi om liefs na SA toe te kom en haar navorsing daar te doen. Haar probleem is egter dat sy nie Engels kan praat nie…

Ek het regtig die erediens en preek baie geniet. Het gevoel ek is goed voorberei wat beide my preek en begeleidende powerpoint betref en dat die boodskap darem ook vir nie-Christene bedoel is. Miskien bietjie lank, veertig minute volgens Annalie wat my ge-“time” het, maar dis baie normaal vir Japan. Die sang was ook baie goed met KEIKO en NORIKO wat ons verras het met hule teenwoordigheid en onverwags vanuit die banke op hule OKARINA’s saam met die orrel en ghitaar (Kiyoshi san) begelei het. Dit het ’n fantastiese atmosfeer geskep. Dit is natuurlik hoe dit eintlik gedoen moet word, nie ’n orkes voor in die kerk nie, maar almal wat musiek-intsrumente kan bespeel sommer vanuit die banke dit doen…. Heerlike saam ge-eet na die erediens en soos gewoonlik het Keiko leiding geneem, op haar kenmerkende sponatane manier, met ’n kort program van sang en musiek. Weereens was ons diep geraak deur en opgewonde oor die besondere oop, spontane, hartlike en warme atmosfeer in Tokushima gemeente. Dink dis regtig uniek in die hele RCJ…! Regtig ’n gemeente wat vir nie-Christen buitestaanders aantreklik behoort te wees en waarheen lidmate hul vriende en kontakte met vrymoedigheid kan uitnooi. Sou weer en weer sê, dat daar menslik gesproke nie ’n beter plek vir Stephan en Carina op Shikoku (en in die hele Japan) is nie as net hier waar ons op die oomblik is nie. Hulle sal ook moeilik ’n meer geskikte Kerkraad en Japannese predikant in die hele RCJ kry as die van Tokushima gemeente….

AWA-ODORI dans-karnaval het gisteraand hier in Tokushima begin maar ek is bevrees dat, netsoos met die Canola fees op Swellendam die afgelope paar dae, die reen ook hier in Tokushima groot probleme veroorsaak, veral ook omdat meeste van die aktiwiteite buite in die strate plaasvind.

Nog groot reens word vir die hele Japan voorspel en ons is bevrees dat ons dalk more vroegoggend in gietende reen die pad na die Noorde sal moet aanpak. Ons is natuurlik ook nog baie bekommerd oor Cornelius se urine situasie. Hulle neem hom vandag na ’n uroloog en die moontlikhied van ’n operasie is nie uitgesluit nie.

As gevolg van Cornelius se probleem sal net ek en Stephan vandag die Shikoku Ring se jeugbyeenkoms bywoon waar Stephan ook vannaand sy getuienis sal lewer.

Vannag beplan ons dan om DV in die pad te val na Sendai.

————————————————————–

Saterdag 11 Augustus

Nadat ons ’n nag en ’n dag ’n stukkie heerlike koeler weer geniet het sodat ons selfs sonder enige verkoeling die nag oorleef het, is ons maar weer terug by die sweterige bedompige hitte en kunsmatige verkoeling, dag en nag. Ek wil so graag gaan draf maar sien net nie kans om dit of in die oggend of namiddag in hierdie hitte te doen nie…

Gister het ons Stephan se 35ste verjaardag gevier. Ons geskenk aan hom was ’n vroegoggend potjie gholf, die een stukkie sport en ontspanning wat hy seker die meeste geniet maar bitter min geleentheid kry om te doen… Hy was al net na 5vm op die baan… Later het ons vir Stephan en Carina die kans gegee om alleen te gaan uiteet terwyl ons na die kinders gekyk het. In ’n oomblik wat ek weggekyk het het klein Lodewyk toe blykbaar aan die warm broodrooster gevat en onbedaarlik gehuil basies totdat Carina-hulle terug gekom het (eers vanoggend toe ons die blase op sy vingertjies opmerk het ons besef wat regtig moes gebeur het). Die dag het ook nie te goed ge-eindig nie toe Cornelius ernstige urinering probleme optel en alleen met die verskriklikste pyn urineer. Stephan moes hom toe inderhaas laasnag na die hospitaal neem. Maandag moet hy na die uroloog….

Intussen is ons almal besig om gereed te maak vir die groot uittrek na die Noorde van Japan, Stephan-hulle vir ’n maand verlof in ’n sendelinge vakansie-oord (TAKAYAMA) en onsself om in die rampgebied die Kerk in sy werk te gaan bystaan. Die huis moet ook van hoek tot kant skoongemaak word omdat Yoshida sensei (predikant van Sendai gemeente en moderator van die RCJ wat onlangs SA besoek het) en sy gesin hier kom intrek vir hul jaarlikse verlof van twee weke, wanneer ons uittrek.

More preek ek weer ’n slag in Tokushima gemeente. Tema van my booskap: “HOOP en Blyskap te midde van lyding”. Skrifgedeelte: 1 Petrus 1:1-9. Die aand het ons ’n ete afspraak met ons destydse bure, ’n afgetrede tandarts en deeltydse lektor by een van die mediese fakulteite. Maandag woon Stephan en ek eers nog ’n Jeugbyeenkoms van die hele Shikoku Ring by waar Stephan ook sy getuienis sal lewer. Dan is ons op pad….!

Die hele TOKUSHIMA is natuurlik vanaf Sondag in rep en roer met die jaarlikse AWA-ODORI (Awa-dans) fees/karnaval wat begin. Dit is ’n tradisionele dans-karnaval wat al eeue oud is, waaraan ’n paar honderd spanne van oor die hele Shikoku eiland en selfs vanaf ander plekke in Japan, deelneem en honderde-duisende besoekers trek (hulle beweer dat Tokushima se populasie van 270 000 miljoen hierdie drie dae verdubbel!!). Die spanne in hul tradisionele kleredrag dans ondermeer elke namiddag en aand tot laat in die strate. Hulle word begelei deur tradisionele Japannese dromme, fluite en ander instrumente terwyl hulle so deur die strate paradeer, dans en chant. Die chants bestaan uit woorde sonder enige betekenis en het ten doel om die dansers aan te moedig (“yatto-sa, yatto-sa” …“hayattja-yattja”… “erai yattja-eari yattja”). Soms sal die dansers die toekouers aanmoedig om saam te dans met die woorde: “Die dansers is fools. Die toeskouers is fools. Beide is enerse fools. So waarom nie dans nie?” Alles is geweldig aansteeklik en ’n mens wil net saamdans….

Netnou met my suster, Annelie Spies, wat op Swellendam was, telefonies gesels: Daar is dit sedert Donderdag (langnaweek….) canola-fees, maar dit reen blykbaar katte en honde…..( “Experience the Overberg at its most beautiful – the time of year when canola fields cover the hills with patches of yellow flowers. Come and enjoy the outdoors and nature of Swellendam by taking part in the MTB, marathon, fun run, golfing, 4×4 or quadbiking. Other activities includes an old car show, entertainment by local musicians and others, exhibitions, arts and crafts market, bus tours to the canola factory, and much more. Fun for the whole family! Come and enjoy.” Lees die advertensie op internet….).

 

————————————————————–

Dinsdag 7 Augustus

Gister, Maandag, is ons (my en Stephan se) hele dag opgeneem deur ’n vergadering van die Sendinkommittee van die RCJ Shikoku Ring wat ons al die pad in Kochi Stad (amper drie uur se ry per motor vanaf Tokushima) moes gaan bywoon en wat ons vrouens aanvanklik gemeen het ’n vermorsing van tyd, geld en energie is… Maar opnuut het ons besef: Dit is tipies Japan, die Japannese en die Kerk van Japan, dis hoe ons hier funksioneer. Daar word nie besluite geneem en menings gewissel slegs dmv van brief-korrespondensie (eposse) of selfs skype en/of telefoon konferensies nie. Nee, oor elke saak, en soms in ons oë ’n “geringe” saak wat eintlik nie veel besrepking nodig het nie, word daar bymekaar gekom, mekaar in die oë gekyk, na mekaar geluister en die saak in detail en met groot erns bespreek sodat almal elke detail verstaan en saamstem en saam besluit en dan natuurlik saam verantwoordelikheid neem vir die uitvoering daarvan. Dit is miskien nie hoe ons dit in SA (in die Weste) doen nie, maar ek is opnuut diep beindruk en geraak deur die Japannese benadering en gesindheid. En besef maar opnuut weer dat ons nie hier is om te kritiseer en/of selfs te probeer verander nie maar slegs groot respek, waardering en sensitiwiteit te bewys en natuurlik heelhartig daarby in te val, al kos dit ’n klomp energie, opoffering, tyd en selfs geld… want gisteraand het ons doodmoeg by die huis terug gekom.

Die vergadering is saamgeroep met ’n tweeledige doel: 1) My en Annalie se stuur na die rampgebied in die Noord-Ooste van Japan (Sendai omgewing) en 2) Stephan en Carina se toekomstige werksplek waaroor voor die einde van die jaar besluit moet word.

Die feit dat en die wyse waarop die RCJ Shikoku Ring ons koms en stuur na die rampgebied hanteer het my opnuur baie-baie diep geraak. Dit word nie maar net as ’n formaliteit hanteer nie maar met groot erns en deeglikheid. Elke aspek word deeglik bespreek. Elke besluit word met groot sensitiwiteit geneem. En dan besluit die vergadering boonop nog om die voorsitter, Makita sensei, spesiaal af te vaardig om namens die Ring al die pad na die Noorde te gaan, met Higashi-Sendai gemeente, predikant en kerkraad asook die Ring van die Noord-Ooste amptelik te ontmoet, groete oor te dra, ons amptelik oor te geen aan hulle en ons betrokkenhied en program met hulle te bespreek. Ek voel opnuut ge-eerd, maar ook baie-baie klein en onwaardig. Tersefdertyd diep dankbaar vir die baie-baie besondere verhouding tussen ons Kerk in SA (spesifiek Missie Japan) en die RCJ hier in Japan en spesifiek ook hier op Shikoku eiland. Mag ons liewer oor-versigtig en sensitief wees om dit nie te skaad nie. Mag ons liefs uit ons pad gaan om dit net nog verder uit te bou en te verdiep nie…. Dit is my eerlike en opregte gevoel.

Die ander saak wat die Kommittee hanteer het, was Stephan-hulle se toekoms, waar hulle gaan woon en werk vir die volgende paar jaar (dalk selfs vir baie jare…). Eintlik en inderdaad is dit ’n uiters belangrike saak. Dit raak hulle eie toekoms en geluk as ’n hele gesin hier in Japan. Dit het verreikende implikasies vir hulle almal. Die besluit kan ook heel sensitief wees vir almal betrokke daarby want daar is twee gemeentes (en verskillende areas) wat met deeglike motivering en sekerlik met groot erns en verwagting ’n “beroep” op hulle uit gebring het. Beide verwag dat hulle versoek met erns regverdig oorweeg word. Alhoewel Stephan en Carina die finale sê mag hê (en ons as ’n gesin eintlik reeds weet watter besluit menslik gesproke die beste vir hulle as gesin en vir hul bediening sal wees…), is dit ook nie so eenvoudig nie, nie in ’n kruis-kulturele en inter-kerklike situasie soos waarin ons as sendelinge onsself bevind nie.

Die Kommittee het dus ’n hele proses bespreek en beplan met ontmoetings van die hele kommittee, Stephan-hulle en selfs (indien enigsins moontlik) ’n afgevaardigde (of afgevaardigdes) van Missie Japan, met die twee gemeentes afsonderlik wat sal uitloop op ’n vergadering tydens die RCJ Shikoku Ringsitting waar die finale besluit gesamentlik geneem sal word. Hulle beplan terslfdertyd ook ’n konferensie met ons as sendelinge as gesinne (Gys en Linda en ook my en Annalie ingesluit) om almal na mekaar te luister en ons wedersydse verwagtinge openlik en eerlik met mekaar te deel. Hierby wil hulle ook afgevaardigdes, met vroue ingesluit, van Tokushima gemeente betrek.

Mag ek herhaal: Dis nogal ’n baie-baie besondere ontwikkeling en hoogtepunt wat die lewe en werk van Missie Japan en ons as sendelinge in hierdie kerk en land betref. Dit getuig net weereens van die pad wat ons saam geloop het en die diepte van die verhoudinge wat opgebou is… Dis my beskeie mening dat dit heel uniek is…. Daarvoor moet ons ook die dank bring aan die rol wat Makita sensei en RCJ Shikoku leiers en Gideon met die hele MJ Kommittee gespeel het en steeds speel. PRYS DIE HERE!!

 

—————————————————————

 

Vrydag 3 Augustus

Vandag presies twee weke gelede het ons in TOKUSHIMA aangekom. Ons skoondogter, Dene, sê gister op SKYPE dat dit voel asof ons maar net vir ’n vakansie in SA was om nou weer terug in Japan te wees….

Wat doen ons op die oomblik met onsself elke dag, buiten nou om teen die hitte te baklei?

Die eerste antwoord op die vraag is dat ons, binne ons eie beperkte kragte en vermoeëns, probeer om vir Stephan en Carina te help om op hul eie goed en werk te konsentreer. So sien ons die eerste doel van ons besoek, veral wat hierdie eerste tydjie saam met hulle in Tokushima betref. Ons probeer so veel as wat ons kan die kinders besig hou (dis nogal ’n handvol, ook vir die ouers maar meer nog vir die ouma en oupa…), Annalie probeer help met kosmaak, en ons help met klein ander takies. Ons hoop ons is nie te veel van ’n las nie maar wel ietwat van ’n hulp…..

Stephan preek nog hierdie Sondag in SEIBU gemeente (sy laaste preek voordat ons SENDAI toe vertrek), hy moet sy getuienis lewer by ’n Shikoku Ring Jeugbyeenkoms oor ’n week en hy is veral ook hard besig met sy voorbereiding vir sy optrede later vanjaar by ’n konferensie by die Universiteit van Stellenbosch. Met Lodewyk wat vreeslik sleg slaap, is Carina maar redelik uitgeput. Dis net die gereelde koffie wat haar blykbaar aan die gang hou..! Hulle sien baie uit na hul vakansie….!

Annalie het vandag twee groot afsprake: Een met NORIKO, ’n nie-Christen, met wie sy lank gereeld Bybelstudie gedoen het en met wie ons ’n baie intieme verhouding het. Die ander met MARIKO, met wie Annalie ook vir lank gereeld Bybelstudie gedoen het, wat met baie probleme in haarself worstel en met wie ons ook ’n “intense” verhouding het.

Gisteraand gemeente biduur gehad. Daaraan gedink dat dit nogal goed is dat min of meer een derde van die hele gemeente weekliks die biduur bywooon. Is ook verblydend dat hulle voortgaan met die meer deelnemende metode van Bybelstudie waarmee ons aanvanklik geworstel het om toegepas te gekry het. Gisteraand het baie nogal heel lekker saam gesels. In die meeste Japannese kerke is dit ’n eenrigting aanbieding van die dominee wat maar weer ’n preek lewer en die ander wat doodstil sit en luister.

Ons het nou die aand tot redelik laat in die aand gesit en intens gesels oor kinderopvoeding, veral met baie aktiewe kinders vol energie in ’n vreemde taal en kultuur situasie met geweldige emosionele spanning en uitdagings vir beide ouers en kinders. As oupa en ouma het ons nie regtig antwoorde en raad nie en kan ook nie eens meer onthou presies hoe ons dit destyds ervaar en selfs probeer doen het, toe ons in dieselfde situasie was nie… Ons weet net ons harte gaan uit na ons kinders en kleinkinders in hul eiesoortige situasie hier in Japan….

Oor die afgelope maande is hulle deur baie ontwrigting: die werk aan hul huis wat hul bewegings vir lank aan bande gelê en hul normale program ontwrig het, ’n slegte ervaring tydens die bouery met ’n vreemde Japannese buurman wat die werk vir ’n ongemaklike tyd laat stop het, Annlie wat vir die eerste keer na die Japannese kleuterskool toe is wat ’n radikale aanpassing vir almal vra, Cornelius se “pottie-training,” Lodewyk wat sleg slaap in die nagte, en dan nog ook die somer met sy ondraaglike vogtige hitte bedags en snags……

Ons ernstige gebede is dat, tenspyte van ’n “abnormale” situasie, ons kleinkinders “normaal” en emosioneel gesond sal groot word. Ons het natuurlik die grootste bewondering en waardering vir Stephan en Carina se toewyding aan hul kinders en die tyd en aandag wat hulle aan elkeen gee. Binnekort sal hulle ook moet begin met Annlie se “home-schooling” wat nuwe en groot uitdagings aan hulle gaan stel. Eintlik is Carina reeds daarmee besig. Cornelius sal ook eersdaags na die kleuterskool moet gaan met nuwe aanpassings wat vir almal voorlê.

Ons onthou so goed dat toe ons oudste, Dries, destyds hier in Japan kleuterskool toe is, hy die eerste 6 maande baie swaar gekry het. Eendag roep die onderwyseres ons om te vra oor ’n prent wat Dries geteken het tydens ’n tekensessie. Hy sê toe dis ’n BOM!! Ons was nogal bekommerd…. Vandag is Dries ’n emosionele gesonde man…. En al ons kinders wat in Japan gebore is en hul eerste jare hier groot geword het, is nogal baie positief oor die land van hul geboorte… Carina “love it” hier…

————————————–

Woensdag 1 Augustus

Volgens die weervoorspelling is daar twee tifone in die omgewing, maar hulle sal darem nie Shikoku direk tref nie, alhoewel sterk reen en donderweer vir ons voorspel word.

Gister moes Stephan en Carina vir die hernuwing van hul motorlisensies gaan. ‘n Drie-jaarlikse ding. Almal moet dit doen. ‘n Hele proses. Natuurlik die normale oogtoets maar dan moet jy elke keer n twee-uur lange lesing (met videos met sterk waarskuwings teen drink en bestuur, oorhaastigheid en ongeduld op die pad, ens…) oor padreels en padveiligheid bywoon…!! Ons ken dit. Moes dit gereeld gedoen het. Lastig, maar ’n baie goeie ding, want alle bestuurders word elke keer weer onder die diepe besef gebring van hul groot verantwoordelikheid agter die stuur van ’n voertuig. Wens dit kon ook in SA gedoen word…. Terwyl hulle daarmee besig was, het ons die kinders op ’n uitstappie na die nabygelee see geneem.

Nadat ons in Japan aangekom het, het ek in my persoonlike stiltetyd met Paulus se eerste brief aan die gemeente in Tessalonika begin. Dis asof die Here in die eerste twee hoofstukke deur die bediening, voorbeeeld en getuienis van Paulus net met my praat oor ons eie lewe en betrokkenheid hier in Japan, by die kerk in Japan, en spesifiek die gemeentes met wie ons ’n pad geloop het, maar selfs ook die nie-Christene hier (Tokushima) en in Fukuoka en Kokura (Kyushu) onder wie ons soveel jare gewoon en gewerk het en diep verhoudinge gebou het en baie sade van die Woord kon saai het.

Natuurlik kan ons onsself nooit met Paulus vergelyk nie. Inteendeel word ons diep beskaam deur sy toewyding, sy opofferende en selfverloeende bediening, sy intense liefde vir die mense onder wie hy betrokke was en steeds is (selfs van vêr af), sy voortdurende (daaglikse) voorbidding en danksegging voor God vir hulle, sy verlange na hulle, ens. Paulus se lewe en bediening roep ons tot diepe selfondersoek en dien tot ons verootmoediging en bekering.

Tog kan ons ons met Paulus identifiseer in ons eie gevoel vir die mense van Japan onder wie ons soveel jare geleef en gewerk het…. En inspireer die Heilige Gees en daag Paulus ons ook uit om meer en meer soos hy te wees, ook wat ons ingesteldheid en voortgesette betrokkenheid betref by Japan, die Kerk, die gemeentes en die soveel van ons nie-Christen vriende en kennisse.

Vanoggend terwyl ek met ’n vroegoggend gebedswandeling was, het ek opnuut my herrinner aan die Here se roeping aan ons deur die Kerk in SA na Japan amper veertig jaar gelede, ons eerste agt jaar in Japan (met die geloof dat dit ’n lewenslange roeping en bediening is…), ons tweede termyn vanaf 2000 vir 8 jaar in Kyushu en daarna die afgelope 4 jaar in Shikoku en toe ook in die rampgebied… Opnuut besef en ervaar ek dat die HERE hierdie land en sy kerk en mense op ons harte gelê het en dat ons nooit hiervan kan wegkom nie, ook nie met ons aftrede en terugkeer na SA nie….. Paulus se woorde oor die mense van Tessalonika in hoofstuk 2 verse 19 en 20 is aangrypend: “Wie anders tog as julle is ons hoop en ons blydskap, die kroon op ons werk waarop ons trots sal wees wanneer ons met die wederkoms voor die Here Jesus sal verskyn. Julle is immers ons eer en blydskap.”

————————————————————————————-

 

Maandag 30 Julie

Dit was ’n vol en opwindende Sondag, ons tweede Sondag terug in Japan. Suid Afrika lê ver agter ons, voel so onwerklik, asof ons nooit regtig weg van Japan was nie…. Sondae is opnuut ’n hoogtepunt. Goed en lekker om met ons broers en susters te kan verkeer.

Sondagoggend is ons na Tokushima SEIBU gemeente, gepreek, saam ge-eet en goeie tyd saam deurgebring met hierdie broers en susters wat ook deel van ons hier in Tokushima geword het en waar ek ook elke tweede Sondag gepreek het. Stephan preek daar komende Sondag.

Sondag namiddag was English Chapel in Tokushima gemeente. ’n Groepie van die Tokushima gemeente woon dit by en ook ’n klompie Engelssprekende nie-Japannese. Onder andere ’n ma en dogter uit Australie. Sy en haar man woon al 20 jaar in Japan en is lektore by een van Tokushima se universiteite. Haar dogter is in graad 10 in ’n Japannese skool. Stephan se eertydse privaat Japannese taal-onderwyseres. KONO sensei, woon die diens ook spesiaal by. Verras en goed om haar weer te sien.

Stephan kyk na die kinders en CARINA sit ook in by die English Chapel (wel met Lodewyk op haar skoot). Heel eerste keer dat sy sedert hulle drie jaar gelede in Japan gekom het, na ’n preek kon luister wat sy kon volg…. Ek dink ons vergeet dikwels wat ons sendelinge en veral hul gesinne in ’n vreemde taal en kultuur moet ontbeer, veral wat geestelike “input” betref.

My preek Sondagoggend het juis gegaan oor ons geestelike behoefte aan en die noodsaaklikheid van ons daaglikse STILTETYD, om soos Maria aan JESUS se voete te sit… Sondagmiddag weer oor die Bybel as God se lewende Woord aan ons met die FOKUS op JESUS.

Daar word afskeid geneem van Josh en Hope, ’n jong Amerikaanse paartjie wat Engelse onderwysers in ’n Japanese skool hier in Tokushima was. Hulle kan nie eintlik enige Japannees praat of verstaan nie, maar het deel van ons gemeente geword en ’n ontsaglike bydrae gelewer veral wat die HAPPY KIDS kinderbediening betref. Die gemeente het met groot waardering van hulle afskeid geneem. Is elke keer diep getref hoe hierdie mense ons uitlanders (“vreemdelinge”) aanvaar en waardeer. Bevestig elke keer wat Christene van buite, met besoeke en/of betrokkenheid vir die klein gemeentetjies en Christene beteken.

Die English Chapel was nogal ’n ervaring. Saam met die klavier en twee ghitare was daar glad dromme wat deur die Australiese dogter, Anna, gedurende die sang gespeel is. Sien nie so iets maklik in die RCJ nie…. Rewolusioner…? Heel gereformeerd…! Baie opgewonde oor die “vernuwing” in Tokushima gemeente wat ons waarneem. Buiten vir ons beskeie rol as sendelinge, is dit veral toe te skryf aan ’n kerkraad wie se harte reg is en wat regtig oop is vir vernuwing, ’n jong dinamiese predikant wat ’n wonderlike gawe van BO aan hierdie gemeentetjie is en natuurlik ook vir MIWA met haar kinderbediening.

Gisteraand weer gaan draf (derde keer sedert aankoms…), maar dit vra geweldige dissipline en vasbyt met die vogtige bedompige hitte. Carina oefen soggens op haar oefenfiets in ’n verkoelde kamer. Annalie het nou ook daarmee begin…

Vandag, Maandag, word dit bietjie rustiger gevat.

 

—————————————————————————————————-

Vrydag 27 Julie

Vandag ’n week gelede het ons in TOKUSHIMA aangekom. Tyd vlieg!

Almal is vannaand op die Vrydagaand lekker poegaai. Dit gaan maar wild hier in die Van der Watts se huishouding!! Hulle program is vol. Die kinders is baie aktief, nogal redelik radikaal anders as ons ander kleinkinders…. Daarby is hulle duidelik onder groot emosionele stress. Om groot te word in ’n samelewing met ’n ander taal en kultuur, om die enigste “Westerse (Afrikaanse)” kind in die omgewing, kerk en kleuterskool te wees, om drie tale (Afrikaans, Engels en Japannees) tegelyk te moet baasraak en nie instaat te wees om enigeen van die drie goed te praat en jou uit te druk nie en dus nie werklik sosiaal met jou eie maats te kan verkeer nie, is vir sulke kleintjies nie emosioneel maklik nie. Dit plaas op die ouers ook ’n groot verantwoordelikheid en natuurlik ook sy eie vorm van stres. Ons probeer help maar ons is ook nie meer so jonk nie….. Hierdie uitputtende vogtige somerhitte help ook nie eintlik nie. Jy slaap nie so goed in die nag nie, staan dikwels soggens nog moeg op, en raak maar gou pootuit deur die loop van die dag.

Ons sê vir mekaar indien ons weer Japan toe moet kom, sal dit verseker nie in die somer wees nie…!

Vandag het Carina en Stephan vier ma’s en ’n pa met altesaam nege kinders van Annlie se kleutertskool uitgenooi om met Annlie te speel en saam middagete te geniet. Carina het ’n keok gebak en ’n heerlike ete voorberei en Stephan het gebraai…. buite in die hittige son… Dit gaan maar wild met ’n klomp Japannese kindertjies wat die hele huis vol hardloop. Nou die dag by Annlie se verjaardag het hulle 40 ma’s en kinders gehad…. Alles natuurlik ook deel van ’n bediening van gasvryheid en vriendskap evangelisasie. Maar dit vat maar aan ’n mens….

Ek en Annalie het vandag egter die pad gevat en die oggend ’n paar afsprake nagekom. Ons het onder andere by MIWAKO NEZU, ’n apteker, in haar apteek ’n draai gaan maak. Kom uit ’n Boedistiese huisgesin. Sy is regtig ’n baie besondere persoon met ’n baie mooi spontane en vrolike karakter. Sy is verlede jaar, net voor ons terug gekeer het na SA, gedoop nadat ons vir amper drie jare byna elke week met haar Bybelstudie gedoen het. Haar seun, KAZUTOSHI, is ongeveer ’n jaar nadat ons in Tokushima begin werk het en ook met hom weekliks Bybelstudie gedoen het, gedoop. Sy en haar seun gaan steeds voort met weeklikse Bybelstudie saam met Ds. Kei Kataoka en sy vrou, Kazumi. Regtig ’n ywerige Bybelstudent. Ds, Kataoka is nou besig om die WESTMINSTER Konfessie met Miwako en Kazutoshi deur te werk. Haar skoonma, die 81-jarige NEZU-ouma, kom gereeld kerk toe en ons het ook met haar ’n besondere verhouding opgebou. Dit het veral begin met die siekte en afsterwe van haar man toe ons hulle gereeld besoek het.

Nog ’n persoon wat ons gaan opsoek het, was mev. SHIBA en haar dogter KI-êKO. Hulle het ’n groot familie besigheid. Nie-Christene. Het al van ons eredienste bygewoon. Baie vriendelike en spontane mense. Toe ons verlede jaar in die rampgebied gewerk het, het hulle onder andere vars vrugte vanuit Tokushima aangetsuur. Beplan om die gesin volgende week oor te nooi vir ’n braai.

Sondagoggend preek ek in Tokushima Seibu gemeente en die namiddag doen ek die Engelse preek by die maandelikse English Chapel by Tokushima kerk. Stephan het met die maandelikse Engelse dienste begin, veral met die oog op Engelssprekende nie-Japannese wat na Tokushima kerk begin kom het, maar ook as nog ’n metode om dmv die Engelse dienste ook Japannese wat graag Engels wil hoor en praat na die kerk te trek.

Vannaand gaan ons almal hopelik lekker slaap… Weet net nie van Lodewyk nie…

 

—————————————————————————-

Woensdag 25 Julie

Dis warm in Tokushima!! Verkoelers werk eenstryk in byna al die vertrekke…En nog meer hitte word voorspel…

Vanmiddag terug gekom van die RCJ Shikoku Ring se retreatte.

Dinsdagoggend redelik vroeg vertrek na die retreatte in Kochi stad, ongeveer drie uur se ry vanaf  Tokushima. Ek en Annalie ry saam met KEI en KAZUMI Kataoka, die predikantspaar van Tokushima gemeente. Stephan-hulle volg ons. Stop langs pad eers vir koffie en later vir middagete, veral terwille van die kinders. Klein Lodewyk het ’n ernstige awersie teen in ’n motor te ry en skreeu moord vir ’n groot deel van die pad….

Ons ontmoet ook Gys en Linda Olivier, Missie Japan se Engelse onderwysers by die enigste Christen skool op Shikoku, wat spesiaal kom om te groet. Hulle is op pad met verlof terug na SA. So lekker om hierdie twee pragtige jongmense te sien wat so deel van Japan en die skool en kerk geword het en besig is om so ’n mooi getuienis op hul eie unieke manier te lewer.

Soos die gebruik in Japan vind die retreat in ’n mooi groot hotel (hier is nie eintlik enige geskikte andersoortige fasiliteite nie), met redelik gerieflike byeenkoms fasiliteite, plaas. Ook ’n swembad vir kinders. Vir die kinders word ’n spesiale program gereel sodat die ouers die hoofprogram ongesteurd kan bywoon. Soos gewoonlik met die RCJ se retraettes is dit ’n vol program van eredienste en lesings en getuienisse, met bitter min geleentheid vir enige ontspanning en net lekker saamwees en gesels…

Nogal ’n groot getal vanoor die hele Ring wat dit bywoon, tenspyte daarvan dat dit nie publieke vakansiedae was nie. Werkende lidmate moet spesiale verlof insit. Al die predikante van die Ring met hul gesinne is teenwoordig.

Die tema is: Wat dit beteken om ’n suiwer gereformeerde kerk te wees. Word in twee lesings aangebied beide min of meer ’n volle uur en ’n half lank. Gaan basies oor die kenmerke van die ware kerk. Ook drie eredienste en ’n getuienis-aand waar Carina saam met twee ander haar getuienis (in Japannees) van hoe sy God se liefde as kind en jongmens in die kerk evaar het, moes lewer. Carina het baie lof gekry vir haar aanbieding. Alles was egter eenrigting aanbiedings met weinig interaksie.

Tenspyte daarvan ervaar ons dit geweldig positief.

Ons indrukke is die volgende:

1)     Alhoewel ons gladnie beplan het om so vroeg reeds na Japan te gekom het nie, maar eers in Augustus, was dit tog baie goed dat ons ons planne kon verander het om hierdie belangrike geleentheid waar al die gemeentes van die hele Ring verteenwoordig is, by te kon woon. Selfs meer as die Japannese predikante in die Ring het ons as sendelinge die voorreg gehad om, oor die afgelope drie jaar wat ons in die spesifieke Ring was, letterlik al die gemeentes te besoek, die Woord te bedien en seminare aan te bied (Stephan doen op die oomblik presies dieselfde). Ons is opnuut diep geraak deur die liefde en warmte waarmee ons ontvang is en dit was net lekker en ook goed om net weer ons verhouding met elkeen te verstewig.

2)     Ek dink nie ons besef altyd genoeg wat dit vir die kerk en klein gemeentetjies in Japan en veral op die platteland soos Shikoku eiland, geestelik-emosioneel beteken wanneer ons vanaf oorsee en die kerk oorsee hulle besoek nie. Hulle waardering is elke keer aangrypend. Een van die predikante se: “Al doen julle niks nie, baie dankie net dat julle gekom het en hier is…” Dit is die soort woorde wat ons in ons jare in Japan nogal dikwels gehoor het, en veral ook in die rampgebied verlede jaar. Dit is hoe sendelinge (en veral ook sendelinge uit SA…!) opreg waardeer word in hierdie land en kerk…. Dit vul mens met ootmoedige dankbaarheid.

3)     Dit is die Ring wat ons as ’n gesamentlike projek met Missie Japan verlede jaar na die rampgebied gestuur het, en dit nou weer doen. Die retreatte het ons die geleentheid gegee om regtig dankie te se vir die eer en voorreg om ook hulle in die rampgebied te mag verteenwoordig asook vir hul ondersteuning beide finansieel en andersins. Hulle neem by die retreatte ’n spesiale kollekte op ter ondersteuning van ons werk in die rampgebied…

4)     Ons sit in by drie eredienste en is opnuut geraak deur die tipe Woordbediening in die RCJ. Hier word die WOORD letterlik vers-vir-vers uitgele en ’n mens voel regtig geestelik versadig, afhangende natuurlik van hoe baie jy met jou beperkte Japannees verstaan het. Die suiwer WOORD is gepreek!!! Diepe eksegese word gedoen, al is die aanbieding miskien nie altyd so dinamies nie…

5)     Veral die tweede lesing oor “Die Kerk en haar barmhartigheidswerk” was vir my en Annalie ’n wonderlike belewenis. Ek het na die tyd gepleit dat dit asseblief in Engels vertaal sal word want dit was eintlik ’n stuk uitstekende getuienis van hoe die drie-dubbele ramp die kerk in Japan se denke en bediening opnuut na buite gerig het. Die kerk se bediening van barmhartigheid aan jou naaste, die mense buite die kerk, die mense in nood, word beklemtoon as een van die noodsaaklike merktekens van die ware kerk en ware Christenskap op dieselfde vlak as suiwer Woordbediening.

6)     Na selgs ’n paar dae in Japan, na die erediens Sondag in Tokushima gemeente en na afloop van die retreatte van Shikoku Rings voel ons opnuut dankbaar en trots om deel van so ’n kerk te kan wees…! Dankbaar vir ons Kerk in SA se intieme suterverhouding met die Reformed Church of Japan. Daar is geen twyfel in my hart dat ons Kerk in SA baie vir die RCJ kan beteken maar net so ook glo ek dat die RCJ baie vir die Kerk in SA kan beteken, al is dit getalle-gewys ’n piepklein kerkie, en finansieel swak en sukkelend (alhoewel proporsioneel enige gemeente in die RCJ enige gemeente in SA diep sal beskaam met hul ongelooflike offervaardigheid…!!).

Annalie se kommentaar op my “Dagboek” is dat dit meer soos ’n verslag lees… Miskien is dit waar. Ek het mos gese dat ek nie ’n dagboekskrywer is nie… Maar miskien is dit tog iets van beide…? In elk geval Missie Japan se opdrag is dat ons moet begin om ons lewe in en ervaringe van Japan en die werk van Missie Japan van die begin af en die pad en ons verhouding met die RCJ, te boekstaaf. Dit is miskien ’n swakke begin daarmee….

 

————————————————————————————–

 

Maandag 23 Julie

Na meer as 7 maande is ons weer terug in Japan. Voel egter of ons nooit regtig weg was nie…. Ly natuurlik nog aan vlugvoosheid, maar dis ook heel draaglik. Het eendag in ’n tydskrif gelees dat vir elke een-uur tydsone waardeur ’n mens vlieg jou liggaam een dag nodig het om te herstel. Vanaf SA tot Japan reis ons elke keer deur 7 tydsones. Ons ervaring was nog elke keer dat dit ons tenminste ’n volle week geneem het om weer normaal te voel en te funksioneer. Eintlik maklik twee weke, want soos wat Annalie nou die dag opgemerk het, die ergste wat ons elke keer moes oorkom was die emosionele herstel van die rouproses na die afskeid van ons land en mense, vriende, familie en kinders. Hierdie keer was dit egter heeltemal anders want ons gaan mos gou weer terug wees in SA….

Wat is ons indrukke en gevoelens met ons terugkeer in Japan na 7 maande, is ons Sondag by die Tokushima kerk gevra. Ek noem ’n paar:

1)     Dit voel regtig goed om terug te wees. Ons voel dadelik TUIS!! Eintlik is dit wonderlik. Besef maar net weer dat Japan en sy mense, tenspyte van geweldige taal en kultuur verskille, ’n baie diep deel van ons harte en lewens geword het…

2)     Dit is fantasties om weer by Stephan en Carina en die kleinkinders te kan wees. Annlie en Cornelius het duidelik baie na ons koms uitgesien en sedert ons aankoms draai hulle heeltyd om ons.

3)     Die wedersiens op Sondag van die hele Tokushima gemeente, die erediens en geleentheid om te preek was ‘n ongelooflike hoogtepunt. Tokushima gemeente se mense is het regtig baie diep in ons harte en lewens ingekruip en ons het ’n amper onafskeidbare deel van hulle geword. Die warmte van die gemeente en hul verwelkoming en liefde was eenvoudig oorweldigend. Die erediens was ’n diep geestelike ervaring en dit was net lekker om weer in Japannees my hart uit te kon preek en ervaar hoe die gemeente luister en dit waardeer!!

4)     Ons is aangegryp deur die groei in die gemeente, die spontaniteit, en veral die bloeiende kinderbediening onder leiding van MIWA TERAUCHI, CARINA, STEPHAN, die jong Japannese predikantspaar en ‘n paar Westerlinge wat tydelik deel van die gemeente geword het. Absoluut ongelooflik die getal (nie-christelike) moeders en kinders wat Sondae na die kerk kom agv die gemeente se fokus op kinders dmv hul HAPPY KIDS klub.

5)     Ons is diep-diep beindruk en aangeraak en vervul met dankbaarheid vir die gemeente se liefde van en sorg vir Stephan en Carina-hulle. Met groot koste en finansiele opoffering vir die hele gemeente van skaars 30 lidmate het hulle Stephan en Carina se woonhuis, nie net teen aardbewings vertsterk nie, maar ook vier kamers heeltemal nuut oorgedoen, vloere, mure, plafonne, deure.  Dit voel nou luuks, ruim en baie gerieflik, baie geskik vir hulle as gesin en vir hul bediening. Met Annlie se verjaardag nou die dag het hulle altesaam veertig kinders en ouers in hul huis kon ontvang…!!

6)     Stephan en Carina se vordering in die taal is baie-baie bemoedigend en daarmee saam hul betrokkenheid, nie net in die kerk nie maar veral ook in die gemeenskap. Ek dink nie ek en Annalie was na drie jaar in Japan naastenby waar Stephan en Carina nou reeds is nie….! Hulle kennis van die Japannese skryf en leestaal is fantasties! Hulle uitspraak ook baie goed. Veral ook agv Annlie se kleuterskool het hulle binne ’n baie kort tyd reeds ’n groot vriendekring onder (nie-Christen) Japannese.

7)     Maar ons kon ook agterkom dat hulle moeg is, fisies en emosioneel. Stephan het baie besig begin raak met sy bediening binne en buite die kerk. Carina netso met haar betrokkenheid binne en buite die kerk. Om drie woelwaters sonder enige hulp in Japan groot te maak is beslis nie “kinderspeletjies” nie… Tenspyte van hulle goeie aanpassing kan hulle nie aan die geestelik-emosionele druk en impak van die Japannese taal, kultuur en samelewing ontkom nie.

8)     Japan is inderdaad ’n land van uiterste klimaat. Winter is ysig koud en somer bedompig warm. Die huidige somerhitte affekteer ’n mens dag en nag en tap baie van jou energie en maak dit nogal moeilik om normaal te funksioneer…..

More (Dinsdag) gaan ons almal saam na die SHIKOKU Ring se RETREATTE in die omgewing van KOCHI stad ongeveer 150 kilometers van TOKUSHIMA. Daar gaan ons geleentheid he om al die predikante van die RING asook heelwat van die lidmate te sien.

——————————————————————————————————-

 

Donderdag 19 Julie 2012

Sit hoog in vliegtuig van Singapore Lugredery tussen Singapore en Osaka. Mooi ruim en nuwe vliegtuig. Min passasiers. Vriendelike personeel. Was aan begin bewolk buite en vliegtuig het so af en toe geskud (skud nou weer), maar nog nie naastenby so erg soos die vlug laasnag tussen Johannesburg en Singapore nie. Baie erg, omtrent heelpad. Spanningsvol. Heeltyd bang vliegtuig skeur uitmekaar of die vlerk breek af…. hoog in die lug bokant die Indiese oseaan…! Voel asof dit elke jaar net erger word….? Was beslis nie so toe ons amper veertig jaar gelede tussen SA en Japan gevlieg het nie…! Dis waarom ek nie meer wil vlieg nie….nie so ver nie. Maar dankbaar dat ons veilig geland het. Sewe uur Donderdagoggend Singapore tyd. Baie moeg. Nog niks geslaap nie. En ongelukkig is al die kamers in die transit hotel vol bepreek gewees. Probeer toe maar slaap op een van die slaapstoele. Nie so gemaklik en lekker nie. Miskien ‘n uur of twee bietjie ingedut… Nou die laaste skof.

Kon darem op Kaapstad lughawe, en nou weer in die vliegtuig, lekker aan my preek vir Sondag in Tokushima gemeente werk. Dankbaar daarvoor. Sal nou net bietjie skaafwerk doen nadat in Tokushima geland het. Sien uit daarna om weer in ons gemeente te preek, al is dit in Japannees… Sluit aan by my Pinksterreeks wat ek in Melkhoutfontein se VGK gedoen het met as tema “Om aan Jesus se voete te sit en ’n Geesvervulde lewe te lei.”

“Hoe voel dit om, so gou na aftrede, weer terug te gaan om in Japan te gaan werk, veral in die rampgebied?” is ons die afgelope tyd dikwels gevra. Dit is vir my moeiliker as vir Annalie om my eie gevoelens te definieer en te verwoord, maar ek sou die volgende se:

1)     Japan sal sekerlik ons lewensroeping bly, veral ook nou dat die Here ons eie kinders en kleinkinders geroep het om ons op te volg.Om fisies terug te kan gaan, is beslis deel daarvan…

2)     Ons het deel geword van en lief geword vir die Kerk van Japan en het groot waardering vir sy Gereformeerdheid, sy mooi gereformeerde eredienste en suiwer uitleg en prediking van die Woord Sondag vir Sondag, die toewyding van sy predikante, ouderlinge, diakens en lidmate. Daarby is ek nou ook emiritus-leraar van die RCJ. Ons sien baie daarna uit om terug te gaan na ons kerk, gemeente en Ring (Die moeilikste deel van ons aanpassing terug in SA is die aanpassing in ons eie en geliefde NGKerk… Ons het dit nie verwag nie…).

3)     Ons is regtig lief vir ons broers en susters in Japan, in die eerste plek in Tokushima se gemeentes en in die gemeentes van Shikoku Ring, maar ook in die res van die land. Oor ’n tydperk van twintig jaar is intieme geloofsbande met die klein groepies gelowiges eintlik oor die land heen gesmee. Hulle het ons met soveel liefde aanvaar en deel van hulle gemaak. Ons verlang na hulle…. Ons wil hulle seen en deur hulle geseen word…

4)     Ons gebede en harte is amper daagliks by soveel nie-Christen kontakte, kennisse en vriende op Kyushu eiland (waar ons 7 jaar gewoon en gewerk het) asook in Tokushima, en ons het gereeld kontak met baie van hulle dmv eposse, facebook en briefwisseling (en selfs telefoonoproepe). Ons harte brand om hierdie mense weer en weer te kan sien en ons beskou sulke besoeke en kontakte as ’n baie belangrike deel van ons sendingroeping…(juis daarom is ons nogal jammer dat ons nie die geleentheid kon benut om ook ’n besoek aan ons vriende in Kyushu te maak nie…..).

5)     Ons besoeke aan die rampgebied onmiddelik na die die drie-dubbele ramp en ons betrokkenheid in die rampgebied vir drie maande voor ons aftrede verlede jaar, was ’n geweldige uitdaging, en ’n lewens-veranderende en verykkende ervaring, ons het baie vriende en kontakte gemaak vir wie ons uitsien om weer te ontmoet en te bemoedig en te bedien, ons was deel van die beplanning en vestiging van twee gemeenskap sentrums om die rampslagoffers te bedien waar ons gevra is om te gaan help, en ons beskou dit as ’n ongelooflike voorreg en eer om namens Missie Japan, ons Kerk in SA en ook die Ring van Shikoku weer daar te kan help.

6)     Dan laaste maar nie die minste, ons eie kinders en kleinkinders is daar in Japan. Ons verlang na hulle en hulle na ons. Maar meer as net fisiese bande en verlange, ons sien hulle as ons sending verteenwoordigers in Japan (nie net van ons Kerk en Missie Japan nie, maar ook van onsself en ons hele familie). Hulle is alleen, hulle program is oorvol, hulle is dikwels oorwerk en moeg, en hulle het ons ondersteuning, bemoediging en fisiese hulp regtig nodig (hoe wonderlik die gemeente van Tokushima ookal is en vir hulle liefde gee, dis nie hul eie mense, taal en kultuur nie, en ONTHOU, daar is nie huishulpe in Japan nie en die fisies-emosionele eise is hoog en baie…).

Daarom weet ons ons MOET gaan, en daarom WIL ons gaan, en ons is DIEP DANKBAAR vir die geleentheid om te KAN gaan.

l  Natuurlik voel ons baie sensitief oor die koste vir Missie Japan en die RCJ om ons te laat gaan en daar te ontvang.

l  Natuurlik is ons nog in die proses om ons voete in SA te vind en aan te pas….

l  Natuurlik is ons jammer dat ons moet weggaan voordat ons kon intrek in die huis wat op Swellendam nog in aanbou is.

l  Natuurlik is dit nie lekker om ons kinders en familie weer vir ’n langer periode van vier en ’n halwe maande tot aan die einde van die jaar agter te laat nie (alhoewel die afskeid hierdie keer totaal anders was as al die vorige kere toe elke besoek aan SA eintlik maar van die begin af net een laaang afskeid was…! Hierdie keer weet ons en hulle, ons kom gou weer terug.).

l  En natuurlik dink ons alreeds hoe moeilik dit gaan wees om hierdie keer van Stephan, Carina, Annlie, Cornelius en Lodewyk afskeid te neem en hulle agter te laat wanneer ons aan die einde van ons besoek weer moet padgee met die besef dat ons nie weet wanneer en of ons weer in Japan gaan kom nie…

Vannaand 9:20 land ons op KANSAI-lughawe in Osaka. Omdat dit so laat in die aand is en ons nie vir Stephan-hulle na middernag wil verontrief nie, sal ons eers oorslaap in ’n hotel naby die lughawe. Moreoggend het lidmate van Tokushima gemeente, KEIKO en SHINICHI, aangebied om ons per motor na Tokushima te neem. Baie dankbaar!!

DONDERDAG 19 Julie is ons eerste dag weer terug in Japan….