Tuisbesoek-flits – 23 Mei 2011
Beste vriend/vriendin,
Na ‘n paar maande van intensiewe (tussendeur) beplanning, bespreking en voorbereiding is ons binnekort gereed om te vertrek na Suid-Afrika vir ons eerste tuisbesoek. In die laaste week of twee voor ons vertrek ontvang ons ‘n paar vriende aan huis en neem op dié manier stuk-stuk afskeid van Japan … net vir ‘n wyle natuurlik.
‘n Aksie-belaaide vooruitsig
Met twee erg woelige kleuters aanboord behoort ons ‘n reis te beleef propvol aksie. Vir Cornelius is dit ‘n eerste ontmoeting met Suid-Afrika en ‘n hele string familie en vriende … omtrent opwindend! In die eerste deel van ons besoek neem ons ook ons volle jaarlikse verlof. Ons sien uit daarna om goed te rus en te kuier vóórdat die program afskop, en ook so af en toe tussen-in natuurlik.
Bekenstellings- en terugvoer-geleenthede
Heelonder is ons besoek-program. Enige iemand is welkom om enige van die byeenkomste by te woon. Dié wat met ‘n asterisk (*) gemerk is, is gemik op spesifieke genooides. Kontak my gerus as jy graag een van daardie geleenthede wil bywoon of met enige ander navrae. Ek sal ongelukkig nie gedurende Junie-maand veel op e-posse reageer nie. Ons Suid-Afrikaanse selfoon-nommer is 072 034 6515.
Die nuutste oor Missie Japan se betrokkenheid in die rampgebiede
Tobie en Annalie het verlede Sondag terug gekeer na hulle besoek aan die rampgebied. Nadat hulle op 10 Mei aan ‘n baie sinvolle interklike vergadering in Sendai kon deelneem het (skoonpa) Tobie ‘n kort opsomming gemaak van die huidige situasie en uitdagings. Lees dit hier en sien ook ‘n paar foto’s van hulle besoek.
Die voorstel op die tafel is dat hulle (Tobie en Annalie) vanaf Julie aanvanklik vir drie maande in die rampgebied sal woon om die kerk en die gemeenskap te bedien. Alles word DV môre by ‘n amptelike vergadering van die RCJ Shikoku Ring se Sending-samewerking kommittee (en Sondag by RCJ Tokushima se kerkraad) bevestig. Missie Japan het – saam met ander samewerkende kerke – voorgestel dat ‘n berading-sentrum opgerig word in die gebied en hiervoor moet Tobie ook ‘n spesiale vergadering op 9 Junie in Sendai gaan bywoon.
Ons is baie dankbaar oor hierdie moontlikhede. Dit word ook grootendeels gedra deur jarelange ondersteuning van gelowiges en gemeentes uit Suid-Afrika en hegte bande tussen die RCJ en NG Kerkfamilie. Die Here het reeds sedert 1970 hierdie pad voorberei en Tobie en Annalie was sedertdien verál instrumenteel hierin. Kliek gerus hier om te lees hoe Tobie (tobiedewet@hotmail.com) hierdie lang pad op ‘n kleurvolle manier beskryf in die lig van die onlangse rampgebeure.
Ondersteuners voeg daad by woord en inspireer …
Sedert die drie-dubbele ramp (aardbewing, tsunami en radio-aktiewe bestraling) Japan getref het op 11 Maart is ons (ten goede) oorval met bemoedigende oproepe, e-posse ensovoorts, om ramp-geteisterdes op allerlei maniere te ondersteun. Van mense (Suid-Afrikaanse ondersteuners) wat aanbied om te kom opruimwerk of berading doen, tot diegene wat oorweeg om Japanese mense aan huis te neem (in SA) of selfs om weeskinders uit Japan aan te neem. En natuurlik het honderde individue en gemeentes in gebed ingetree of hulle hande diep in hulle sakke gesteek om Missie Japan se rampfonds – en uiteindelik die RCJ se hulpverlening op grondvlak hier – te versterk.
Lees hier verder aan (en sien foto’s van) 3 kort grepies uit onlangse inisiatiewe wat ondersteuners met groot ywer geloods het …
Het jy ‘n kreatiewe idée wat op grondvlak ‘n verskil kan maak?
Gebedsversoeke
Dank die Here saam met ons vir:
- Sy sorg i.t.v. die verstommende klomp ondersteuning wat ons ontvang het die afgelope 2 jaar in Japan.
- ‘n Baie sinvolle en geseënde tyd van aanpassing, verhoudinge bou en Japannese taalstudie, veral ook gedra deur ons broers en susters in Tokushima en verder hier.
Vra in afhanklikheid van die Here vir Sy sorg in:
- Geestelike-emosionele en fisiese krag vir ons as gesin vir die tyd wat voorlê in Suid-Afrika.
- Verdere volhoubare ondersteuning deur gemeentes en individue wat die ontmoetings sal bywoon – veral i.t.v. langtermyn-betrokkenheid in die ramp-geteisterde gebiede.
- Die gesprekke rondom Tobie en Annalie se moontlike betrokkenheid in die rampgebied (wat pastorale werk sal insluit maar ook fisiese handearbeid), en ook vir duidelike leiding en voorsiening wat ‘n berading-sentrum betref.
Ons waardeer jou meelewing en sien uit om jou in Suid-Afrika te ontmoet (indien moontlik)!
Vrede en vreugde
Stéphan, Carina, Annlie en Cornelius
—————————————————————————-
Van der Watt Tuisbesoek-program – Junie 2011 tot Augustus 2011 |
|||
Junie 2011 |
|||
Datum | Plek | Tyd | |
Son. 19 Jun. | Humansdorp (Oos-gemeente) | 09h00 | |
Son. 19 Jun. | Humansdorp (Moedergemeente) | 18h00 | |
Ma. 20 Jun. | Patensie (Gamtoosvallei-Oos gemeente) | 12h00 | |
Ma. 20 Jun. | Joubertina | 18h00 | |
Di. 21 Jun. | Vanstadensrivier | 09h00 | |
Di. 21 Jun. | Pietermaritzburg (Hayfields gemeente) | 18h00 | |
Woe. 22 Jun. | PE – NGK in Oos-Kaap Sinodale Kommissie* | 10h00 | |
Woe. 22 Jun. | PE Sherwood | 19h00 | |
Do. 23 Jun. | PE Sionsrand | 18h00 | |
Vry. 24 Jun. | PE Hoërskool Grey* | 08h30 | |
Vry. 24 Jun. | PE Hoogland – Bless the Nations Konferensie* | 10h00 | |
Sat. 25 Jun. | PE Hoogland – Bless the Nations Konferensie | 09h00 | |
Son. 26 Jun. | Alexandria | 10h00 | |
Son. 26 Jun. | Grahamstad (Albanie gemeente) | 17h30 | |
Julie 2011 |
|||
Son. 3 Jul. | Groot-Brakrivier | 10h00 | |
Son. 3 Jul. | Stilbaai | 18h00 | |
Son. 10 Jul. | Hartenbos | 08h00 & 10h00 | |
Di. 12 Jul. | Oudtshoorn (Moedergemeente) | 09h00 | |
Di. 12 Jul. | Heroldsbaai | 13h30 | |
Di. 12 Jul. | George (Suid-gemeente) | 18h00 | |
Woe. 13 Jul. | Uniondale | 09h00 | |
Woe. 13 Jul. | Graaff-Reinet (Grootkerk) | 18h00 | |
Do. 14 Jul. | De Aar (Moedergemeente) | 11h00 | |
Don. 14 Jul. | Hertzogville | 18h00 | |
Vry. 15 Jul. | Steynsrus* | 13h00 | |
Vry. 15 Jul. | Reitz | 18h00 | |
Sat. 16 Jul. | Kestell | 09h00 | |
Sat. 16 Jul. | Petrus Steyn | 14h30 | |
Son. 17 Jul. | Bothaville (Moedergemeente) | 09h30 | |
Son. 17 Jul. | Viljoenskroon | 18h00 | |
Ma. 18 Jul. | Parys (Suid-gemeente) | 09h00 | |
Ma. 18 Jul. | Sasolburg (Fontein-gemeente) | 12h30 | |
Ma. 18 Jul. | Vereeniging (interkerklike dinee)* | 18h30 | |
Di. 19 Jul. | Bloemfontein – Heuwelsig gemeente | 16h00 | |
Di. 19 Jul. | Bloemfontein – Andrew Murray gemeente | 19h00 | |
Woe. 20 Jul. | Bloemfontein – Universitas-Wes gemeente | 09h00 | |
Vry. 22 Jul. | Hoopstad | 10h00 | |
Son. 24 Jul. | Bloemfontein – Berg-en-Dal gemeente | 09h30 | |
Son. 24 Jul. | Bloemfontein – Aandbloem gemeente | 15h45 | |
Son. 24 Jul. | Bloemfontein – Gardeniapark gemeente | 18h00 | |
Ma. 25 Jul. | Kroonstad (Oos-gemeente) | 12h00 | |
Ma. 25 Jul. | Hennenman (Oos-gemeente) | 18h00 | |
Woe. 27 Jul. | Bloemfontein – Missie Japan Bestuursvergadering* | Heeldag | |
Do. 28 Jul. | Bloemfontein – Missie Japan Bestuursvergadering* | Heeldag | |
Sat. 30 Jul. | Barkly-Oos | 10h00 | |
Son. 31 Jul. | Aliwal-Noord | 08h30 & 10h00 | |
Son. 31 Jul. | Burgersdorp | 18h00 | |
Augustus 2011 |
|||
Ma. 1 Aug. | Cradock (Oos-gemeente) | 11h00 | |
Vry. 5 Aug. | Swellendam (Ouetehuis) | 10h00 | |
Son. 7 Aug. | Bredasdorp | 09h30 | |
Son. 7 Aug. | Albertinia | 18h00 | |
Woe. 10 Aug. | Pinelands | 18h30 | |
Do. 11 Aug. | Citrusdal | 10h30 | |
Vry. 12 Aug. | Kommissie vir Getuienisaksie (Sinodale kantoor)* | 09h30 | |
Vry. 12 Aug. | Tableview | 12h00 | |
Sat. 13 Aug. | Stellenbosch | 10h00 | |
Son. 14 Aug. | Welgemoed | 09h00 | |
Son. 14 Aug. | Paarl (Paarlberg gemeente) | 18h00 | |
Ma. 15 Aug. | Goodwoodpark* | 18h00 | |
Di. 16 Aug. | Belville (La Rochelle gemeente)* | 17h00 |
——————————————————————————
Sjoe, hierdie is ‘n stywe reisprogram. Mag jul baie genade en krag ontvang. Gaan die gesin oral saam?
[…] en sy gesin sit tans hulle besoekprogram deur Suid-Afrika voort. Lees meer by http://www.missiejapan.co.za/bedieningsfokus/tuisbesoek-flits-23-mei-2011/. Nuus oor Tobie en Annalie se werk in die Sendai-rampgebied is hier. Bid asseblief steeds saam met […]