Pinkster Powerpoint-Flits – 18 Mei 2012

Beste vriend/vriendin,

In reaksie op my onlangse bedieningsnuus-flits was daar só ‘n sterk en uiteenlopende stroom van positiewe en bevestigende gedagtes, dat ek sukkel om voor te bly met die antwoord daarvan. Geen klagtes nie, inteendeel: baie dankie vir die bemoediging! Maar jammer as ek jou dalk nog ‘n reaksie skuld, ek werk daaraan om so gou moontlik daarby uit te kom …

Pinkster-powerpoint illustrasie

Pinkster-powerpoint illustrasie

Baie ondersteuners en gemeentes het ook intussen gevra of ek ‘n tipe opsomming van ons onlangse lewe en bediening kan maak wat maklik toeganklik is. Ek het so gemaak, en daarom net hierdie kort nuusflits om te vra of jy nie die powerpoint-aanbieding (getiteld Missie Japan Bekendstelling en Terugvoer) wat by www.ngkok.co.za/missiejapan/default.htm aflaaibaar is, met ander wil deel nie? Dit sou bv. ideaal kon werk in jy dit een aand in julle kleingroep of gemeente tydens Pinkstertyd – binne 6-8 minute – kan vertoon. Dit is self-verduidelikend, met baie foto’s, byskrifte, asook gebedsversoeke ens. by …

Mag God deur Sy Heilige Gees werklik ‘waai waar Hy wil’ (Joh. 3:8) sodat ons elkeen weer opnuut gebore mag word in dié besondere tyd!

Vrede en vreugde,

Stéphan, Carina, Annlie, Cornelius en Lodewyk

 

 

Leave a comment

You must be logged in to post a comment.