Missie Japan Nuusbrief: Gys en Linda Olivier – 24 Junie 2012
Liewe ondersteuners,
Hartlike groete uit Missie Japan se kantoor. Dit gaan baie goed met ons. Terwyl dit lekker warm somer in Japan is, bibber ons hier in Bloemfontein van die koue.
Uit die onlangse Nuusbrief van Stéphan en Carina hoor ons dat dit goed gaan met hulle. Ons is baie bly, veral ook dat hulle so besonder goed aanpas in Japan en so fluks vorder met die taalstudie. Hulle sien daarna uit dat Tobie en Annalie de Wet (hulle ouers) oor ‘n paar weke kom kuier. Dan gaan hulle almal vir ‘n tyd lank na die rampgebied in die Noord-Ooste om die mense daar te gaan ondersteun. Ons bid dat ook hierdie besoek baie geseënd sal wees.
Intussen het ons ook ‘n mooi nuusbriefie van Gys en Linda Olivier ontvang. Hierdie pragtige twee jongmense is ook sendelinge van Missie Japan. Hulle is betrokke by ‘n Seiwa School, ‘n Christen-skool in Koichi stad op die eiland Shikoku. Hulle werk staan ook in noue verband met die Reformed Church in Japan, ons vennote daar. Ook hulle werk en hele benadering word baie waardeer deur ons vriende in Japan. Hulle moes onlangs ‘n soort “item” oor Suid Afrika lewer en dit het selfs die eiland se TV Nuus gehaal. Kliek hieronder op die YouTube video of kyk gerus by http://www.youtube.com/watch?v=5QEOpllpv78&feature=share of op die webwerf van Abraham Kriel Kindersorg se spoghoekie (Linda is ‘n trotse produk van Abraham Kriel!). Ons is ook dankbaar vir Ds Marais Strydom wat hulle onlangs besoek het.
Vriendelike groete
Gideon van der Watt
Dr Gideon van der Watt
Posbus 1399/PO Box 1399
Bloemfontein, 9300
Suid Afrika/South Africa
+2751 4066729 / +27827808038
——————————————————————————————————————-
Nuusbrief aan Missie Japan ondersteuners. 24 Junie 2012
Die Nuwe
ʼn Nuwe jaar, onderwysers en uitdagings. Ons het goeie en slegte nuus ommet julle te deel. Die slegte nuus is Seiwa Skool se hoof van twaalf jaar, mnr. Yokoyama, het afgetree en ons gaan sy teenwoordigheid baie mis. Dus het ons ʼn nuwe hoof – Mnr. Kuroda van Hawaii. Hy was vir 20 jaar in Hawaii as ʼn dominee by Makiki gemeente betrokke. Hy het ook al klaar afgetree, maar het op ʼnspesiale versoek die pos as hoof aanvaar.
Ons is baie dankbaar om hom in ons midde te verwelkom. Hy het ook al klaar hard aandie werk gespring en ʼn nuwe “club” by die skool begin. Die “JOY club: Jesus, Others and You. Ons help ook nou daarmee en leer die kinders Christelike liedjies. Dit is baie pret en ons glo en vertou dat die Here sal voorsien. In die volgende paar maande wat voorlê het ons nog n paar ope-dae en ʼn Kids English Day”, ons is ook nou besig met Alumni-klas wat elke Maandagaand plaasvind.
Ons Kerk
By Yamada gemeente gaan dit baie goed ons het weer ʼn paar nuwe studenteen lede by gekry wat ‘n mens laat besef dat God is groot. Yamada kerk gebougaan ook binnekort gesloop word sodat die nuwe gebou opgerig kan word. Ons glo en vertrou dat als sal gebeur soos God dit wil laat gebeur.
Somer in Japan
Ons gaste
Ons was ook geseënd om Ds. Marais en Rina Strydom van Benoni te kanontvang in Japan. Dit was waarlik heerlik om bekendes in ons agterplaas rond te wys – by gesê het ons Tokio in 2 dae gedoen, van Kochi na Hiroshimana Kyoto na Osaka en weer terug in drie dae en ‘n 1000km. Ons moet bieg dat die twee fikser as twee 16 jariges was en Japan somer met ʼn glimlag kafgedraf het. Dankie Dooms en Tannie Rina dit was ongelooflik lekker.
Die Taal
Ons studeer nog hard aan die onmoontlike taal en maak soms goeievordering. Ons Japannese onderwyseres is geduldig, en ʼn oulike vrou, ʼn regte “engel” is die regte woord. God weet net wat, waar en wanneer mens iets nodig het. Ons dank Hom dat hy haar op ons pad gestuur het.
Laastens
Ons geniet Japan nog baie en ons glo God het ʼndoel met ons hier. Hy iswonderbaarlik groot en almagtig. God se krag is eindeloos en ewig. Dit is die krag, kloppend met liefde engenade, waarvoor ons ons hart moet bring deur in geloof te lewe, dan sal God ons deur sy Heilige Gees vul met vreugde, vrede en hoop. – Samuel L.Brengle. Baie dankie vir almal se gebede en ondersteuning. Ons waardeer dit baie.
Liefde,
Gys en Linda Olivier
[…] Stéphan, Carina, Annlie, Cornelius en Lodewyk (ook namens die De Wets en Oliviers) […]
[…] Carina, Annlie, Cornelius en Lodewyk (ook namens die De Wets en Oliviers – lees meer oor lg. by http://www.missiejapan.co.za/bedieningsfokus/missie-japan-nuusbrief-oor-gys-en-linda-olivier-24-juni… […]