November 2019: Kwêla, RSG en RCJ sinode

Gegroet uit ‘n bedrywige Osaka middestad, waar die Christelik Gereformeerde Kerk in Japan (RCJ) byeen is vir hul jaarlikse sinode vergadering.

Buiten vir allerlei indringende gesprekke oor kerkwees in ‘n 99% nie-Christen samelewing, is daar ook kans vir vennootskaps-kerke om ekumeniese bande te verdiep – o.a. met kerke uit Amerika, Holland, Korea en Suid-Afrika. Ek het die voorreg gehad om namens Missie Japan (dr. Gideon Van der Watt) die NG Kerk-familie (dr. Gustav Claassen) groete oor te dra aan die sinodegangers – lees dit gerus deur hier te kliek.

Ek skryf ook dié kort nuusflits om jou in te lig oor twee ander geleenthede wat onlangs oor ons pad gekom het, nl. opnames vir ‘n Kyknet TV program (Kwêla) en ‘n RSG radioprogram (Sondagjoernaal).

Kliek op die skakels hieronder om saam te kyk en luister.

  • TV onderhoud met ons as Van der Watt gesin in Kobe, Japan. Uitgesaai op KWÊLA: Kyknet DSTV kanaal 144, Sondag 3 November om 18h00. Alle kopiereg en krediet aan Kyknet.

Radio onderhoud met Stéphan en Carina op SONDAGJOERNAAL. Uitgesaai op RSG,  Sondag 10 November om 7h00. Alle kopiereg en krediet aan RSG.

Ons waardeer jou ondersteuning en hou Suid-Afrika en haar mense in ons gebede! 
 

Vrede, 
Stéphan, Carina en gesin