Getuienisflits – 25 Febr. 2019

Tot volle oorgawe bemoedig deur Andrew Murray
‘n Getuienis deur Yoshikazu Nonoyama (野々山芳和) (45 jr.)
vertaal deur Stéphan Van der Watt (Kobe Gereformeerde Teologiese Kweekskool)
Loof die naam van die Here. My naam is Yoshikazu Nonoyama, teologiese student van die Kobe Gereformeerde Teologiese Kweekskool, in Japan. Ek het gehoor van die Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit se opening in Wellington, Suid-Afrika. Ek bid dat dit geseënd sal wees.
Ek het ds. Andrew Murray leer ken deur sy boeke wat in Japannees vertaal is. Die eerste boek van hom wat ek gelees het, is getiteld: The Ministry of Intercession.Sy boeke is blykbaar grootliks in Japannees vertaal tussen 1970-1980. Maar in ‘n land soos Japan met ‘n Christen-minderheid (net 1%) word sulke boeke nie in grootmaat gepubliseer nie, en gaan dit gevolglik gou uit druk uit. Ds. Murray se boeke kan meestal net tweedehands bekom word, maar as mens in gemeentes se boekrakke gaan rondloer is daar dikwels die kans dat jy ‘n paar daarvan in die hande sal kry. Veral in die 70-80er jare het kerke in Japan beter bekend geraak met hom en sy boeke.
Maar, sedert 2016 is verskeie van Murray se boeke weer gepubliseer en herverkoop. En dis toé dat ek The Ministry of Intercession, in die hande gekry het. Deur dié boek het ek opnuut geleer van die krag van gebed, en ek onthou ook dat ek diep geraak is daardeur én aangespoor is om meer te bid. Eintlik was ek heeltemal oorweldig die boek se inhoud, en het ek sommer op die koop toe vir ‘n jong Christen vriend een present gegee. Verder het ‘n begeerte in my ontstaan om meer boeke van ds. Murray te lees, en daarom het ek inligting versamel en só uitgekom by ‘n webblad waar iemand sy boek Absolute Surrenderse proef-vertaling amptelik gedeel het. Ongelukkig is die webblad nie meer beskikbaar nie, maar terwyl dit te vinde was kon ek die eerste paar hoofstukke van Absolute Surrenderoor en oor lees. Op daardie stadium kon ek die oortuiging van my hart waarmee ek toe al vir ‘n paar jaar rondloop, naamlik om ‘n volledige oorgawe (aan God) te maak, net nie tot ‘n punt bring nie. Ek het allerhande redes voorgehou, en die kwessie bly uitskuif en uitstel.
Maar, terwyl ek die boek gelees het, het my gedagtes rondom wat dit beteken om ‘n besluit tot oorgawe te maak – naamlik dat dié besluit nie deur eie krag kan kom nie – verander en nuut geword. Ek het besef ek wou dit uit eie krag doen. Uiteindelik was die bepalende hupstoot wat my gebring het tot oorgawe en volle toewyding aan God, inderdaad ds. Murray se boek Absolute Surrender. Ek het grootgeword in ‘n evangeliese kerk. Juis daarom vind ek dit ‘n misterie dat ek, wat geen Gereformeerde agtergrond het nie, nou by Kobe Gereformeerde Teologiese Kweekskool studeer. Dit sal my bly maak as julle kennis neem van die getuienis: dat hier in die verre Japan, en selfs vele geslagte ná ds. Murray, daar ‘n teologie student is wat deur middel van sy invloed só bepalend aangespoor is. Ek is dankbaar teenoor die Here wat so ‘n geloofsreus soos hy opgerig het.
“God does not ask you to give perfect surrender in your strength,
or by the power of your will; God is willing to work it in you.” – uit Absolute Surrender–
「マーレー先生に励まされて」
野々山芳和
主の御名を賛美いたします。私は、日本の神戸改革派神学校で学んでいる神学生の野々山と申します。南アフリカで、アンドリュー・マーレー先生の霊性をテーマとした会が開かれるとお聞きしました。祝福をお祈りします。
私がマーレー先生を知ったのは、日本語に翻訳されている著書を通してでした。最初に読んだのは「The Ministry of Intercession (邦題:とりなしの祈り)」という本です。マーレー先生の本は、1970年代から80年代にかけて日本語に訳されていた時期があったようです。ただ、キリスト教人口の少ない日本では、いわゆる信仰書の発行部数は少なく、すぐに絶版になってしまいます。マーレー先生の本も、主に古本としてしか入手できない状況でしたが、各教会の本棚を覗いてみると、マーレ先生の本を何冊か発見できることが多くありました。70~80年代の教会で、よく親しまれていたのだと思います。
しかし、2016年ごろに、いくつかの本の復刻版が再販されました。私が手にしたのも、復刻版の「とりなしの祈り」でした。この本を通して、祈りの力強さを教えられ、また、祈ることへの大きな励ましを受け、感動したことを覚えています。あまりに感動したので、知り合いの若いクリスチャンにプレゼントしたこともありました。
そして、もっとマーレー先生の本を読みたいと思い、情報を集めてみると「Absolute Surrender」の翻訳作業をしている方が、ネット上に試訳を公開しているのを見つけました。(残念ながらそのサイトはもう見ることができません)翻訳はまだ完成しておらず、途中までしかありませんでしたが、私はそのサイトで「Absolute Surrender」の最初の数章を繰り返し読んでいました。当時、もう何年も、私の心には献身の思いがあったものの、なかなか決心することができず、色々と理由をつけて棚上げにし、先延ばしにしていました。しかし、この本を読んでいるうちに、献身のための「決心」は自分の力でしなければいけない事だと、どこかでそう考えていた自分に気づかされ、献身に対する思いが変えられ、新しくされました。献身するために、私の背中を最後に一押しをしてくれたのは、まさにこの「Absolute Surrender」という本でした。
私自身は福音派の教会で育ちました。直接には改革派のバックグランドを持っていなかった私が、今、改革派神学校で学んでいる不思議を思います。遠く離れた日本で、また時代さえも超えて、マーレ―先生を通して背中を押された神学生がいることを、皆さんに知って頂けたら嬉しく思います。そして、マーレ先生という偉大な信仰者を立ててくださった神様に感謝いたします。
“God does not ask you to give perfect surrender in your strength, or by the power of your will; God is willing to work it in you.” – Absolute Surrender より-