Gebedsflits 5 Julie 2010

Beste vriend/vriendin, 

Net ‘n vinnige hallo uit die “rysgroen” stad van Tokushima…

En daarmee saam twee foto’s wat wys hoe dié ryslande vandag in die area rondom ons huis lyk, asook ‘n paar belangrike gebedsversoeke wat (pa) Tobie (tobiedewet@hotmail.com) saamgestel het.    

Dankie dat ons kan vra dat jy saam met ons sal bid…

Vrede

Stéphan, Carina, Annlie en Cornelius

————————————————————————————-

Gebedsflits, Maandag 5 Julie 2010

 Dank die Here saam met ons vir:

1)      Die gradeplegtigheid op Dinsdag 29 Junie van KATAOKA sensei wat Sondag 18 Julie sy intree-preek in RCJ Tokushima doen. Elf van Tokushima het die geleentheid gaan bywoon by die Kweekskool in KOBE. Was vir ons almal ‘n geseënde geleentheid. Baie dankbaar en opgewonde oor ‘n nuwe leraar vir die twee gemeentes van Tokushima.

2)      Stéphan se TV optrede by Shikoku TV op Donderdag 1 Julie, wat baie goed afgeloop het en aan hom en selfs die kerk goeie blootstelling gegee het. Hy is rondom die Wêreldbeker Sokker uitgenooi om aan die program deel te neem. Almal was verbaas oor Stéphan se Japanese taalvermoë en die gemaklike manier waarop hy opgetree het. (Dankie pa Tobie, maar ons almal weet die pad is nog lank! Meer oor dié geleentheid in ‘n volgende nuusflits…)

Vra in afhanklikheid van die Here vir Sy sorg in:

1)      MIWA TERAUCHI, lidmaat van Tokushima Gemeente wat beplan om o.l.v. Missie Japan vanaf einde Augustus vir 2/3 maande in SA opleiding in kinder-evangelisasie te ontvang. In Japan help Stéphan en Tobie met die beplanning. In SA doen Gideon van der Watt (OVS Getuieniskantoor sekretaris) al die praktiese reëlings.

2)      Predikante leraarskring byeenkoms van die 10 Japanese predikante van Noord-Shikoku eiland op Dinsdag 6 Julie. Tobie woon dit by.

3)      Annalie reis Dinsdag saam met NORIKO (vir wie baie mense gebid het en asseblief steeds moet bid) vir haar besoek aan die hospitaal in Osaka. Sy het die boodskap gekry dat daar  fout is met haar lewer.

4)      Tobie en Annalie se Bybelstudies hierdie week met MIWAKO NEZU en TAKAKO YAMAZUMI.

5)      Stéphan en Carina se Japanese taalstudies, en Carina se Engelse klasse (vir ma’s en kleuters).

6)      Tobie se voorbereiding vir volgende Sondag se twee eredienste in Tokushima Gemeente en Marugame Gemeente. In Marugame moet hy ook by die maandelikse vroue-byeenkoms ‘n Bybelstudie aanbied.

7)       Tobie se 64ste verjaardag op Vrydag 9 Julie, en Carina en Stéphan se 5e huweliksherdenking op dieselfde dag.

TERLOOPS: die Afrikaanse weergawe van (pa) Tobie se brief rondom hulle aftrede einde 2011 kan nou gelees word hier onder by Nuusflits 3 Junie 2010.

Leave a comment

You must be logged in to post a comment.