Gebedsflits 23 Julie 2010

Beste vriend/vriendin,

Gebedsflits, Vrydag 23 Julie 2010

Dank die Here saam met ons vir:

1)      Kataoka sensei, die nuwe jong predikant wat verlede Sondag in Tokushima deur die twee gemeentes (Tokushima en Tokushima-Seibu) verwelkom is.

2)      ‘n Baie genotvolle verjaardag partytjie )verlede Saterdag) vir Annlie met 30 mammas, pappas en kinders altesaam. Loer hieronder vir enkele foto’s (meer volg later).

Vra in afhanklikheid van die Here vir Sy leiding en sorg in:

1)      Vir hierdie naweek: i)Vrydagaand ontvang ons twee families saam twee predikanstpare  (kollegas hier in Shikoku) met hulle gesinne. Kataoka sensei kom ook. ii) Sondagoggend neem Tobie die erediens in Tokushima gemeente waar.

2)      Volgende Week: i) Stéphan en Carina se daaglikse taalstudies, ii) Tobie en Annalie se Bybelstudies: MARIKO, KEIJI, MIWAKO, TAKAKO, MANAHO, IKEUCHI ens., iii) Tokushima Gemeentebiduur (Donderdagaand).

3)      NORIKO san: Sy het lewer-probleme wat dalk ernstig kan wees… Sy word dus weer ge-hospitaliseer (die 26ste) vir drie dae vir addisionele lewertoetse waarvan die uitslag haar toekoms kan bepaal… sy is baie gespanne daaroor.

4)      ALGEMEEN: Vir ons liggaamlike, emosionele en geestelike gesondheid. Die vogtige hitte van hierdie tyd van die jaar is uitmergelend, en op dié stadium het ons almal maar min energie. Ons sien regtig uit na ‘n tydjie van wegbreek – DV vanaf middel Aug (verlof).

5)      VOORBIDDING VIR JAPAN: Ons het verlede week begin by die heel Noordelike provinsie (en eiland): HOKKAIDO. Die volgende provinsie is AOMORI. Dit is geleë aan die bo-punt van HONSHU, die hoof-eiland van Japan. Populasie: 1,479,358. Hoofstad: Aomori Stad. Christen kerklidmate: 3,487. Een klein RCJ Gemeente (sendingpos) sonder leraar. Baie konserwatiewe bevolking. Aomori produseer ongeveer die helfte van Japan se appels.

6)      VOORBIDDING VIR RCJ SHIKOKU GEMEENTES: Het verlede week begin by RCJ SUKUMO gemeente (sendingpos) heel onder in die verste hoek van Kochi provinsie. In daardie selfde omgewing is vier klein RCJ sendingposte, naamlik, SHIMIZU sendingpos met ongeveer 6 lidmate, KURE sendingpos met slegs 4 lidmate en die enigste kerkgeboutjie in ‘n dorp van 5,000 mense, KUBOKAWA sendingpos met 2 lidmate en Kaminokae sendingpos met ongeveer 6 lidmate. Hierdie is ook almal reeds lidmate van rondom 80 jaar oud. Hulle kom bymekaar op Sondae om na ‘n preek per kassetband te luister en word soms besoek deur afgetrede leraars.

7)      VOORBIDDING VIR KYUSHU VRIENDE: Soos genoem was Tobie en Annalie was vanaf 2000 vir meer as 7 jaar in Kyushu woonagtig en werksaam. D.m.v. Engelse klasse en ‘n kookklub in Fukuoka en Kokura baie kontakte en vriende gemaak. Sondag het die YANAGI’s hier kom kuier en oorgeslaap. Woensdag kon ons bv. d.m.v. SKYPE met van ons vriende wat by SHINKO (‘n vriendin daar) bymekaar gekom het, gesels.

TERLOOPS: wil jy nie hierdie gebedsflits uitdruk en met gebedsvriende deel nie?

 

Leave a comment

You must be logged in to post a comment.