‘n Spesiale ontmoeting tussen Hoopstad en Tokushima – September 2010
- Ons sing Jabulani saam met die RCJ Tokushima lidmate
- Noriko leer die kinders hoe om Origami te vou
- Carina se Engelse klas geniet die Du Plessis gesin
- Du Plessis gesin saam met die Terauchi’s (leiers in die RCJ Tokushima gemeente)
- Du Plessis by Suketo kleuterskool saam met Annlie en kie
- Du Plessis family at Kohno sensei’s house for a tea ceremony
- Elsabe en Johan by ‘n pelgrim op die Shikoku 88 tempelroete
- Johan en Jac in gesprek met Nozomi kun by die kerk
- Johan en Sasaki san (oudste lidmaat van die RCJ Tokushima)
Hulle het elkeen ‘n vraag beantwoord oor hulle belewenisse hier:
Johan (snr.): Wat maak jou opgewonde / hartseer oor Japan?… “Ek was opgewonde om te ervaar hoe baie ons besoek vir die kerk in Japan beteken het. Ons kon hulle waardering aanvoel. Dit was hartseer om die geestelike armoede in Japan se mense te beleef.”
Elaine (13): Die grootste verrassing van hierdie besoek was … “al die aktiwiteite wat ons gedoen het, en gesonde kos wat ons ge-eet het.”
Johan (jnr.) (13): Ek wil beslis weer na Japan toe kom want… “die paaie beweeg vinnig. Aan die begin van elke kerkdiens gesels almal lekker. Die mense is baie vriendelik en jy kry vinnig koeldrank in die hande. Dit is baie lekker om ‘n vol dag te he en die hele tyd iets te doen. Alles is naby aan jou huis. Al die mense werk baie hard en is besig. Die klimaat is baie lekker.”
Elsabe: As ek nou vir Japan bid … “sien ek die mense, hul huise en lewens voor my. Eerstens die Japanese en tweedens die Van der Watts en De Wets – ons was bevoorreg om ‘n kykie te kry daarin. Ek kan bid met groter begrip en insig in hul behoeftes en vreugdes. En met groter dankbaarheid vir God se troue sorg en voorsiening.
Jac (11): Wat het jy die meeste geniet van die besoek aan Japan? … “Die Sciens-plek. Ek het dit baie geniet. Dit was baie interesant.”











Ons geniet julle Nuusbrief hier bo in Mosambiek. Baie groete vir skoonpa Tobie!
Hi Stephan
Ek is sommer so bietjie jaloers daaroor dat ons nie Japan toe kon gaan nie! Dit lyk en klink baie goed. Ek is bly dat die Hoopstad se mense nuwe Hoop gebring het. Blessings.
Hendrik Saayman