Terugvoer oor besoek – 16 Nov 2022

Bemoedigend. Versterkend. En veel meer!
Só was die pas afgelope, amptelike besoek van Missie Japan se leiers – dr Nico Mostert (sekretaris) en ds Johann Winterbach (voorsitter) – aan Japan. Ons het die hoogste waardering vir hulle omgee en heelhartige betrokkenheid, en vir al die kilometers wat hulle moes aflê tot hier asook tydens hulle veelvuldige ontmoetings regoor die land.
Ons versoek: deel asseblief die video verder, as terugvoer ná hierdie propvol en sinvolle besoek.
KLIEK NET HIER ONDER OP DIE VIDEO.
Baie dankie vir jou ondersteuning hierin.
Vrede en vreugde,
Stéphan, Carina en gesin
ONTHOU OOK OM GEREELD OP ONS FACEBOOK BLAD TE KYK VIR VARS NUUS
https://www.facebook.com/missiejapan