Ramp-nuusflits – 2 April 2011

Beste vriend/vriendin,

‘n Verslae werker peins oor die verwoesting by die dorp Onagawa, wat ons o.a. dié week besoek het.

Net ‘n kort nota om jou te laat weet:

1)      Ons (ek, skoonpa Tobie en ds. Kei Kataoka) is baie dankbaar om veilig terug te wees na ‘n intensiewe en aangrypende week van ervarings en gesprekke in die ramp-geteisterde Noord-Ooste van Japan.

2)      Ons is besig met die verwerking van honderde foto’s en video-materiaal, asook die skryf van uitvoerige verslae om o.a. met ondersteuners te deel, so gou moontlik.

3)      Intussen vra ons vir dié ondersteuners wat my/ons in die afgelope 3 weke gekontak het, en nog nie ‘n reaksie ontvang het nie, om asseblief begrip en geduld te hê met die tyd wat dit neem om die oorweldigende klomp versoeke, vrae ens. te hanteer. Ons werk daagliks hard daaraan, en hanteer net eers die heel dringendste en belangrikste korrespondensie.

4)      Van hierdie week af hervat ek en Carina ook weer volledig ons taalstudies na méér as 3 weke van onvermydelike onderbreking a.g.v. die ramp-gebeure. En intussen is daar binnekort heelwat plaaslike vergaderings ens. om by te woon, en voorbereidings en administratiewe reëlings om te tref m.b.t. ons (as Van der Watt-gesin) besoek aan Suid-Afrika wat DV oor ongeveer 8 weke van nou af geskeduleer is om te begin…

Ons waardeer jou volgehoue ondersteuning in hierdie tyd en vra asb. dat jy ook sal aanhou bid vir Missie Japan se werk, en veral vir die noodlydendes hier.

Kliek hier vir details oor onlangse gebedsversoeke.

Vrede

Stéphan, Carina, Annlie en Cornelius (ook namens Tobie en Annalie De Wet)

Leave a comment

You must be logged in to post a comment.