Nuusflits – 3 Junie 2022

Verwondering. As dit verdwyn is die lewe – en ook ons geloofslewe voor God – kleurloos en krimpend. Die afgelope tyd word ek pal daaraan herinner deur ervaringe en boodskappe wat my pad kruis. Die goue draad deur alles: wees oop vir die verrassende werk van die Gees!

Pinkster het ons opnuut daaraan herinner … of jy nou naby aan 80 trek (en soos Moses verras word by die brandende bos), of skaars ‘n tiener geword het (soos Samuel in die tempel) … bly oop en verwonderd oor God se roeping in jou lewe en sy onstuitbare genade in klein en groot gebeure.

Daarom hierdie kort nuusflits – wat eerder die foto’s self die stories laat vertel – van waarmee ons besig was die afgelope paar weke. As jy onlangs van ons nuus gemis het, lees gerus hieronder verder!

Ons bly afhanklik van jou gebede en ondersteuning.
Baie dankie dat ons daarop kan reken!

 

Basketbal met KRTS studente
KRTS Retreat Dag Opening
Vriende van Tokushima kuier aan huis
Seuns saam met JD Schickerling
Interkerklike Post-Corona Lesing @ KRTS

GEBEDSVERSOEKE

Bid asb. vir die Here se sorg en leiding m.b.t. die volgende sake:

  • Ons het die afgelope maande baie hard gewerk, en tegelyk baie gaste ontvang aan huis. Bid asb. vir krag, balans en gesondheid.
  • Ons het begin met ’n nuwe fase van bediening in ons plaaslike gemeente (RCJ Kita Kobe), saam met ‘n nuwe leraarspaar, (ds.) Hajime en sy vrou Yuko Nishibori, met hulle seun Hikari. Carina se rol in die kinderbediening hier brei uit. Dank saam met ons die Here daarvoor en vra asb. vir Sy leiding vir wat voorlê.
  • Ons daaglikse werk – ek wat klasgee by die kweekskool, betrokke is by verskeie gemeentes en leraars, ekstra navorsing doen in Missiologie; Carina se voltydse tuisonderrig van ons 4 kinders met verskeie ander (Japannese) studies en werk  – dit verg baie energie en wysheid.
  • ‘n Belangrike Missie Japan vergadering – Dinsdag 7 Junie 11h00 SA tyd – saam met RCJ Shikoku se kerkleiers oor die pad van samewerking vorentoe.
Uitstappie in Kobe omgewing
Aanbieding oor Suid-Afrika by leraarskring
By ‘n kerk kamp vir tuisskool families
Kita Kobe gemeente se piekniek
Groep bespreking by KRTS Retreat
Afdag uitstappie