Nuusflits 23 Julie 2012
Beste vriend/vriendin,
Drie dankies en een asseblief … dis wat ons in hierdie kort nuusflits met jou wil deel.
Wees saam met ons dankbaar oor:
- Annlie se verjaardag … verlede Dinsdag het sy 5 geword en dit was ‘n groot storie! Ons het amper 40 gaste ontvang, en goeie geleenthede gehad om vriendskappe te bou en verdiep – iets wat ons glo op die langtermyn ook groot waarde vir die Happy Kids kinderbediening in Tokushima Gemeente kan hê.
- Carina se ouers, Tobie en Annalie, het Vrydag uit Suid-Afrika by ons aangekom. Hulle is vir ‘n tydjie saam met ons in Tokushima, voordat hulle amptelike ondersteuningswerk van drie maande in die rampgebied begin. Dis regtig wonderlik bemoedigend om hulle te sien! Pa Tobie het gister gepreek in Tokushima, en sal nog drie preekgeleenthede benut, en ook saam met ons, en ma Annalie, gedurende die volgende drie weke aan allerlei kerk-byeenkomste in Shikoku deelneem. As jy in hulle ervarings wil deel, lees hulle blog-inskrywings hier oor kontak hulle by tobiedewet@hotmail.com
- Gys en Linda Olivier, ons mede sendelinge in Kochi stad, voltooi einde van die week nog ‘n sinvolle skoolkwartaal by Seiwa Christenskool (die enigste Christenskool in Shikoku-eiland). Ons is baie dankbaar vir twee sulke wonderlike kollegas en vriende naby ons. Lees hier meer oor wat hulle self skryf oor hulle onlangse ervarings, en kyk gerus ook na ‘n kort YouTube video wat hulle vordering in Japannees uitbeeld.
Bid asseblief saam met ons:
- Carina is genooi om more (24 Julie) haar ervarings van Christen familie-wees as getuienis te deel by ‘n jaarlikse byeenkoms van al Shikoku se RCJ kerkleiers en belangstellende lidmate. Dit is regtig ‘n waardevolle geleentheid, nie net vir haar eie Japannese taalstudie nie, maar ook as deel van ons fokus op familie-gerigte bedieninge én as bydrae tot die breër kerk. Lees hier hoe haar praatjie min of meer (in Engels) sal klink … en bid asb. saam dat sy dit rustig sal kan aanbied, en dit ook vir almal wat dit sal hoor, geloofsgroei sal bring.
Baie dankie,
Vrede
Stéphan, Carina, Annlie, Cornelius en Lodewyk (ook namens die De Wets en Oliviers)
[…] http://www.missiejapan.co.za/algemeen/nuusflits-23-julie-2012/ Like this:LikeBe the first to like this. This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink. ← [04] Aankondigings – Junie 2012 […]
[…] ook groot waarde vir die Happy Kids kinderbediening in Tokushima Gemeente kan hê. Foto’s is by http://www.missiejapan.co.za/algemeen/nuusflits-23-julie-2012/ te […]