‘n Nuwe era: 1 Mei 2019

Hoof Kabinet Sekretaris, Yoshihide Suga, vertoon die Kanji (skrif karakters) vir Reiwa, die naam van die nuwe keiserlike era. Foto krediet aan Satoko Kawasaki .

Die Heisei era het pas ná 30 jaar tot ‘n einde gekom (op 30 April 3019). Sommige beskryf dit as die era van die fragmentasie van families in Japan. Daar is geen kinders in 77% van Japannese huishoudings nie (vergeleke met 47% in 1975). ‘n Deskundige sosioloog beweer dat een derde van mans en een vyfde van vroue in hulle 30’s lewenslank alleen sal bly. “This is one reason why I call the Heisei Era ‘the age of the ohitorisama‘ (or ‘the age of being alone’).” Daar is natuurlik baie dimensies wat ontleed kan word. Lees hier verder.

Intussen het die nuwe Reiwa era op 1 Mei aangebreek. Reiwa beteken: goedgunstige vrede/harmonie. Dit het onder andere aanleiding gegee tot ‘n buitengewone reeks van 10 opeenvolgende openbare vakansie dae. Maar nie vir almal nie. Ons by Kobe Reformed Theological Seminary het die grootste deel van hierdie tyd voort gegaan met gewone klasse en aktiwiteite. Dit is gedoen as deel van ‘n profetiese protesaksie teen die Japannese regering.

‘n Spesiale lesing oor Christene (wat net 1% van die land se bevolking uitmaak) se verantwoordelikheid tenoor die Shintoïste keiser-sisteem, is ook as deel van die week se aktiwiteite gehou. Die rede is dat die nuwe keiser (genaamd Naruhito) steeds onomwonde met allerlei Shinto godsdienstige rituele ingewy word. Hy word as direkte afstammeling van die son godin beskou en as sulks ingewy. Dit ondermyn die grondwet se stelling dat die keiser slegs ‘n simboliese figuur is. En dit alles gedoen word in ‘n land waarin die grondwet veronderstel is om godsdiensvryheid te verskans.

Keiser Naruhito se inwyding met verskeie godsdienstige rituele. Erkenning vir foto aan: https://www.bbc.com/news/world-asia-48101637

Die agtergrond van die bg. protes is die RCJ (Reformed Church in Japan) se besluit n.a.v. die Oktober 2018 sinode, wat soos volg gelui het (oorgeneem uit CRCNA sendeling Larry Spalink se Engelse notule):

“Many if not most of the ceremonies are based on Shinto beliefs and practices, fundamentally religious in nature and very costly to implement, but will be funded from taxpayer money, violating the constitutionally guaranteed separation of religion and government and forbidding the government from engaging in religious activities. The conservative government’s position is that these activities are fundamental to the identity of the Japanese people and are therefore actually not religious but just “Japanese.” Lurking behind this thinking is right-wing groups’ agitation to restore the imperial system and nationalize Shintoism. Prime Minister Abe and many parliament members are also members of such groups. Therefore, many Christian groups and also Buddhist groups raise objections to these things.”

Die RCJ het dus basies op skrif (in ‘n skrywe aan die Japannese president) verklaar dat hulle protes aanteken teen die regering se misbruik van belasting betalers se geld vir politieke gewin, en aangedring dat die grondwet se eis dat die skeiding van regering en godsdiens apart moet funksioneer, streng gehandhaaf moet word.

Die RCJ se identiteit is logieserhalwe diep verknoop aan die ontstaan van dié kerk (pas na die tweede wêreld-oorlog). Hulle het destyds weg geskeur van die Japannese regering wat alle Christelike kerke in een kerkgroep in geforseer het, onder Shintoïstiese beginsels en eksplisiet met godsdienstige beginsels as instrumente van propaganda, onderliggend aan die gedwonge beweging. Dit maak die huidige profetiese stem van die RCJ nog meer betekenisvol, hoe klein en oënskynlik onhoorbaar en onsigbaar dit voorkom in die oormag van Shinto-Japannese identiteitsmerkers. Om teen die stroom te swem is taai en ongewild, maar onvermydelik vir die RCJ.

Leave a comment

You must be logged in to post a comment.