‘n Besondere dag vir RCJ Tokushima – 13 Februarie 2011

Vandag was ‘n baie besondere dag in ons tuisgemeente (Reformed Church in Japan, Tokushima) om 2 eenvoudige redes:

  • ‘n Seuntjie (Ritsuto) is gedoop – ‘n handeling vol genade en hoop wat ekstra spesiaal is hier in Japan, omdat dit glad nie so gereeld hier (as bv. in Suid-Afrika) gebeur nie. Ritsuto se oupa (aan sy ma Eri se kant) is ‘n predikant in ‘n ander klein gemeente in Shikoku-eiland. Sy pa is egter nie ‘n belydende Christen nie. Bid asb. vir hulle as gesin en vir Ritsuto se geloofsvorming…
  • n Nuwe ouderling (Yuji) is bevestig, een van drie in ons gemeente – ‘n getuienis van individuele gelowiges se groot toewyding en ‘n hoopvolle teken van ‘n leier wat graag erns maak met sy roeping om ander te dien met God se liefde in ‘n 99% nie-Christen konteks…Bid asb. vir Yuji san en sy vrou Miyoko se rol in ons gemeente se groei, veral ook in kinders se lewens (met wie hulle graag moeite doen).

Leave a comment

You must be logged in to post a comment.