Nood-flits – 12 Maart 2011
Beste vriend/vriendin
Wanneer ‘n ramp soos hierdie miljoene mense tegelyk tref is daar nie woorde wat dit kan beskryf nie…selfs nie beelde nie.
Ons is saam met ons broers en susters in Japan stomgeslaan. Maar ons glo hierdie krisis is ‘n geleentheid – veral vir die handjievol Christene (1%) in Japan – om op baie praktiese maniere die evangelie van Jesus Christus se hoop te deel. Sodat baie mense opnuut kan besef dat: al is hulle op die grond neergegooi, hulle nie vernietig is nie. (2 Kor. 4:9)
Bid asseblief saam met ons vir die nood van Japan. En lees asseblief hieronder (skoonpa) Tobie en Gideon se briewe. Ons sal julle op hoogte hou van sake so ver ons moontlik kan.
Dankie vir al die ondersteuning en meelewing wat ons reeds ontvang het.
Vrede
Stéphan, Carina, Annlie en Cornelius
—————————————————————————————————————-
Tobie de Wet (ds.), sendeling van Missie Japan in Tokushima, skryf:
Die son het opgekom in Japan, maar net om verskriklike verwoesting en dood bloot te lê. Onsself hier in Tokushima is nie direk geraak nie, maar ons aanskou reeds vanaf gistermiddag die angswekkende tonele op ons plaaslike TV. Ons harte is seer en treur saam met die miljoene wat geliefdes en alle eiendom verloor het, asook saam met ons broers en susters in Christus wat geraak is. Dit was die ergste aardbewing en tsoenamie in Japan se geskiedenis! Kundiges sê dat dit nog nie die ergste is nie….Die grote moet nog kom.
Terwyl ons diep bewus is van die skade, pyn en lyding rondom ons probeer ons hier in Tokushima vandag (Saterdag) nog ook Annalie se verjaardag vier. Dit is egter met die diepe besef dat die Here ons begenadig om ons roeping ook in hierdie land te vervul.
In ons eie stiltetyd het die Gees vanoggend duidelik met ons persoonlik gepraat. Aardbewings, tsoenamies, hongersnood, oorloeë is alles tekens van die tye. Die einde van die aarde soos ons dit ken is op pad. Die wederkoms van Jesus Christus ons Verlosser-Koning is voor die deur. Maar soos Matteus 24:14 duidelik sê: Dis sendingtyd!! “Die evangelie van hierdie Koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot ’n getuienis van al die nasies, en dan sal die einde kom…” Dis GENADE-tyd: “Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie dat sommige verlore gaan nie maar almal tot bekering kom (2 Petrus 3:9).”
In Japan is 99% van die totale bevolking nog sonder Christus, sonder God en sonder hoop…Mag hierdie verskriklike traumatiese gebeure diep spreek tot die miljoene van Japan om nie ons huise op sand te bou nie maar op Die ROTS. Mag dit opnuut ’n oproep wees vir die kerk en sendelinge om ons roeping met nog groter erns en ywer uit te lewe.
Gebeds-items:
1) Dankbaar dat ons self veilig en ongeskonde is.
2) Bid vir ons broers en susters en kollegas in die geaffekteerde gebiede.
3) Bid vir die miljoene mense, veral in daardie gebiede maar ook oor die res van Japan, wat diep geraak is deur dood en verwoesting.
4) Bid vir soveel wat geliefdes verloor het.
5) Bid vir geestelik-emosionele heling.
6) Bid vir fisiese hulp vir mense wat beseer is en alles verloor het.
7) Bid vir die opbou van ’n groot deel van die land en wat baie jare gaan neem.
8) Bid vir die rol en taak van die kerk.
9) Bid vir die evangelisering van Japan en die belangrike rol wat ook die kerk in SA in die verband speel.
————————————————————————————————————————-
Gideon van der Watt (dr.), sekretaris van Missie Japan en die OVS Getuieniskantoor, skryf:
Dear Makita sensei and other brothers and sisters of the Reformed Church in Japan,
It was good to briefly speak to you. We are so grateful that Shikoku and the RCJ congregations escaped the worst danger and damages. We are so relieved that you and our missionaries are fine. We see the dramatic pictures on TV. We cannot image the fear, shock and trauma – how anxious most people would be. Especially at the worst hit places – Sendai, etc. We trust that our friends in Tokyo are also safe.
I have had some contact with dr. Kobus Gerber, General Secretary of the Dutch Reformed Church. On behalf of our church, himself (he is currently overseas), but also on behalf of the other sister churches, especially the RCA, as well as Mission Japan, we want to assure you of our prayers. We are deeply touched by what is happening in Japan. Your all became so close to us – our brothers and sisters! We share your pain. We really pray that our Lord will protect you and be with you all, that He will give you strength and comfort. We pray for our missionaries. We will ask as many as possible of our congregations to pray on Sunday for the people of Japan, the RCJ and for our missionaries.
If there is anything we can do to help, please tell us.
May God, the God of Psalm 46 be with you:
“God is our refuge and strength, an ever present help in trouble.
Therefore we will not fear, though the earth give way and the mountains fall into the heart of the sea,
though its waters roar and foam and the mountains quake with their surging…
There is a river whose streams
make glad the city of God, the holy place
Where the Most High dwells
God is within her, she will not fall;
God will help her at break of day… “
In Christ our Lord,
Gideon
Dr Gideon van der Watt
Posbus 1399/PO Box 1399
Bloemfontein, 9300
Suid Afrika/South Africa
+2751 4066729 / +27827808038