Genade op genade – N3 geslaag (12 Februarie 2011)

JLPT N3 - Certificate

JLPT N3 - Certificate

Toe ek vandag oppad uit is om te gaan draf, lê die kaartjie in die posbus. Ek wis dadelik dis die uitslag, en roep vir Carina nader: “Moet ek dit nou oopmaak of as ek terugkom na die draf?” … “Maak dit nou oop dan kan jy dit afdraf”, was haar antwoord…bedoelende dat sy – net soos ek – nie verwag ek dat ek dit sou slaag nie. Niks pessimisties nie, ons was net realisties want dit was ‘n baie moeilike eksamen, wat ek in die eerste plek vir die ervaring geskryf het omdat dit een trappie bokant my huidige kennisvlak was (ek moes eintlik eers N4 geskryf het). 

Sjoe! En toe sê die papiertjie dit: Ek het – met genade op genade – die N3 vlak van die JLPT (Japanese Language Proficiency Test) geslaag. Ek was regtig oorbluf van verbaasde blydskap en dankbaarheid…ek het regtig nie verwag om dit dié rondte al nie te maak nie, al het ek maande spesifiek daarvoor voorberei. 

Die feit dat ek dit nou wel geslaag het beteken ‘n paar mooi dinge:

1. Die afgelope (ongeveer) 18 maande van intensiewe en gefokusde taalstudie is nou nie net sand in ‘n rivierbedding nie, maar vrugte aan ‘n boom.

2. ‘n Sterk fondament is gelê om nou stadig maar seker oor te beweeg van beginner-vlak na intermediêre-vlak van studie.

3. Ondersteuners kan saam feesvier oor ‘n konkrete stukkie vordering op die lang en steil bergpad waarop baie intensief saamgeloop het in gebed.

4. Die uitkoms van die eksamen beteken dat ek nou op ‘n meetbare manier die verworwe taalvaardighede sinvol kan aanwend en kan mik vir die volgende vlak: N2.

En laastens, soos iemand vir my in ‘n Skype-boodskap skryf hieroor:

“Mag dit vir jou net nog ‘n motivering wees dat jy op die regte plek is en dat God vir julle daar gebruik!” Ditto!

Comments (3)

Johann WFebruary 14th, 2011 at 05:47

Baie geluk vriend! Gelukkig is jou kennis van Japanees ook meer as genoeg om dit wat op die sertifikaat staan, te verstaan… Ek kon net die foto erken… Vrede!
Johann

Tobie de WetFebruary 14th, 2011 at 07:12

Stephan, ons is regtig trots op jou!! Dis n GROOT mylpaal! Die hele kerk van Tokushima het Sondag nie verniet spontaan HANDE GEKLAP toe dit onder die afkondinge op die skerm geflits word nie…..! Dis GENADE ja, maar ook baie HARDE werk aan jou kant wat vrug dra. Ons is trots op jou toegewyde en selfverloeende studie elke dag van soggens baie vroeg terwyl al ons snder nog vas slaap, ook deur die bitter koue winter…… Almal was ook so beindruk met jou eerste preek in Japannees terwyl ons nog in SA was. Een van die ou tannies het vir ons gese sy wou net hande klap toe jy amen gese het…. n Ander een het gese dat sy dink jou Japannees is klaar beter as ons s’n… Ons is so DANKBAAR!! Dis waarvoor ons wens en bid…. Lief vir jou. PA (Tobie)

Susan FourieFebruary 18th, 2011 at 13:32

Ai Stephan, ek en Koos is baie opgewonde en dankbaar. Elke keer as ons vir julle in Japan bid, bid ons vir die taalstudies. Nou ja, dis dan seker ‘n bewys dat ons gelowig gebid het?!
Ek hoop julle kan die lessies gebruik wat ek saam met Miwa gestuur het? Nou kan jy dit sommer vertaal!! [Dit sal jou fiks maak vir N2.]
Groete uit die Rosestad – waar dit op hierdie oomblik heerlik sous.
Susan Fourie

Leave a comment

You must be logged in to post a comment.