Geboorteflits – 17 November 2011

Daar`s soms flitsmomente in die lewe wanneer jy ervaar dat jy deel is van elke breukdeel van `n sekonde se ratwerk … wanneer jy volledig IN die moment is … bewus van elke asemteug, handgebaar en wenkbrou se lig …

Vandag het ons dit deurleef met ons seun Lodewyk (volle name: Lodewyk Petrus) se geboorte. Dit was `n BAIE spesiale ervaring … natuurlik met harde werk en baie pyn vir Carina … maar gelukkig `n heelwat korter proses as wat met Annlie en Cornelius die geval was. Die outjie weeg in teen 4.14 kg … geen wonder hy`t `n paar dae vroeer as sy verwagte datum opgedaag nie!

Ons is baie dankbaar vir die Here se groot genade hierin, en waardeer jou meelewing met ons in hierdie brose, maar onverdunde en opwindende tyd.

Vrede

Stephan, Carina, Annlie, Cornelius en Lodewyk

Comments (38)

Corlia NelNovember 17th, 2011 at 17:55

Pragtige fotos! En nou is jul 5! Baie geluk my swaer. Mag Lodewyk baie vreugdes en ook vrede in jul lewe bring!
Liefde
Corlia

Nella en James RautenbachNovember 17th, 2011 at 21:27

BAIE, BAIE, BAIE geluk, julle twee pragtige mense, en ook natuurlik aan die boetie en sussie! Hy is so pragtig en lyk so besonder rustig! Mag hy net vreugde in julle lewe bring en God liefhê met sy hele hart!Baie sterkte met die groot opvoedingstaak!

RudolphNovember 17th, 2011 at 21:44

Baie, baie geluk julle hier vanuit die VSA. Dis ook ons gebed dat ons Here hierdie kleinding sal seen en jul as gesin saam met hom.

helenaNovember 17th, 2011 at 21:54

So bly vir julle! Carina, jy’s ‘n dapper vrou! Geniet elke oomblik.
Liefde
Helena

RinakoNovember 18th, 2011 at 01:00

おめでとう!超かわいい♪ アンリに似てる~ ステファンさんにもおめでとう!やったね☆

MasaakiNovember 18th, 2011 at 04:25

よかった。今以上ににぎやかになるね。また遊びにいきますね。本当におめでとう!

Willie en Corrie ClaassenNovember 18th, 2011 at 05:51

Dit is wonderlik om in julle spesiale ervaring te mag deel. Mag Petrus vir julle baie vreugde bring!

LynetteNovember 18th, 2011 at 06:23

Ag, wat ‘n wonderlike voorreg. n Bielie van ‘n ligdraer. Mag hy vergoed vir al die pyn en lyding! Baie seën vir julle.

Nellie WestraadtNovember 18th, 2011 at 06:27

Baie geluk aan julle – hy is pragtig! Ek sien die res van die gesin blom van vreugde. Ons bid vir julle ons Hemelse Vader se seën, leiding en wysheid toe om Lodewyk ook vir Hom groot te maak. Geniet elke oomblik – die Kleingoed is kosbaar! Liefdegroete
Tannie Nellie (P.E.)

JanluNovember 18th, 2011 at 06:41

Hi julle. Wow, ons is so geweldig opgewonde vir julle!! Mag hy sommer baie vreugde vir julle verskaf! Dis so ‘n voorreg om die Here te dien ook in die grootmaak van jou kinders! Baie blessings vir julle!!

Giep en Ann LouwNovember 18th, 2011 at 07:53

Ons deel vanoggend in julle groot vreugde!! So bly alles het goed afgeloop!! Mag klein Lodewyk n lig in julle lewens wees – en deel van Sy lig in Japan wees! Ons loof Sy hederlike NAAM!!

AletNovember 18th, 2011 at 08:43

Ag dis die mooiste ding!!!!! Bie geluk!
Andre en Alet Viljoen

Elize MorkelNovember 18th, 2011 at 10:00

Wat ‘n lieflike seuntjie! Baie geluk, dankbaar alles het goed afgeloop en bid dat Lodewyk vir julle ook baie vreugde sal bring.

MintheaNovember 18th, 2011 at 10:18

Veels geluk hy is pragtig en so groot. Mag ons hemelse Vader hom seen en toevou in sy arms van liefde en genade. Ons juig en jubel saam met julle. Louis en minthea

RicusNovember 18th, 2011 at 10:31

Baie geluk!! Dit is fantastiese nuus!! Baie sterkte met julle goeie werk in Japan.

Joanne Schalkoort-RothNovember 18th, 2011 at 11:26

Wow! Congratulations Carina & Stephan! What a lovely baby boy! God’s blessings in bringing up your family.
Love Joanne Schalkoort-Roth

RonélNovember 18th, 2011 at 12:43

Baie, baie geluk. En ook aan Annli en Cornelius wat nou ousus en ouboet is.

Gegroet uit Bloemfontein.

Ronél

Susan BooysenNovember 18th, 2011 at 13:42

Baie baie geluk julle! Hy is n pragtige bulletjie! Geniet elke oomblik van sy teenwoordigheid. Ons meneertjie sit nog te lekker maar is geboek v komende woensdag. Ons sien vreeslik uit. Groete,susan

Arnold, Elna & 3 dogtersNovember 18th, 2011 at 13:43

Ons is bly alles het goed gegaan – Geniet die groter gesin voluit!

Erone AdamsNovember 18th, 2011 at 13:47

Oh WOW!!!

Toe spring Joanne my voor, ek wou vir julle eerste in Engels geluk toewens.

CONGRATULATIONS STEPHAN EN CARINA!!!

I am so happy for all of you! God bless and equip you as you raise Lodewyk in the ways of the Lord, as I am sure you are doing with Annlie and Cornelius.

I pray God’s blessings over his life and pray that he will grow up to serve God as you guys are!

Enjoy every moment, they grow up so fast. Carina, Lauren is 18 en in Matriek! Kan jy dit glo!

Andre en MarleneNovember 18th, 2011 at 14:07

Ons Hemelse Vader het vir julle n wonderlike geskenk gegee. Ons weet dat julle die geskenk goed sal oppas tot Sy eer en verheerliking.
Groete uit Skotland
Andre en Marlene du Plessis

UyseNovember 18th, 2011 at 14:37

Vreugde né! Ons is dankbaar en opgewonde oor Lodewyk en jul ‘nuwe’ gesins-lewe. 5 is ‘n goeie getal!! Uyse, Patryskraal.

Marie TerblancheNovember 18th, 2011 at 14:37

Baie geluk!! Baie oulike seuntjie!

HoltzhausenNovember 18th, 2011 at 14:50

Veels geluk met die geboorte van die bulletjie! Japan se rugbyspan het sulke manne nodig!
Mag hy vir julle almal baie vreugde bring. Baie seen en wysheid met die grootmaak van julle kinders in ‘n vreemde kultuur. Mag julle almal gou deurslaap!! Groete uit Heroldsbaai, Suid-Afrika.

Louis en Antoinette

JannieNovember 18th, 2011 at 15:34

Baie geluk!! Ons is saam met julle bly.

Gerrit BrinkNovember 18th, 2011 at 15:49

Baie geluk met die geboorte van jul pragtige seuntjie! Mag hy baie vreugde en liefde tot jul lewens toevoeg.

Liefde en seen uit Den Haag
Gerrit, Sonja, Mateo, Talita en Elysa Brink

G.P. , Elizma en kindersNovember 19th, 2011 at 07:22

Baie geluk, julle. Mag hy vir julle ongelooflik baie vreugde bring en net al meer soos sy Pa wees.

Trienie v d MerweNovember 19th, 2011 at 07:55

Baie geluk aan julle almal! ons is dankbaar dat als goedgegaan het. dis die mooiste ou babatjie. geluk ook aan oupa en ouma wat so trots sit. veral oupa se smile word net deur sy ore gestuit, anders was dit regrondom! Lodewyk is ‘n mooi naam. ons jongste is Lodewicus. Stephan ek en oom Hendrik het gelag vir die “saligheid” onder aan die foto! mag die kleinding vir julle baie vreugde bring! ontvang die seen van die Here.
liefde groete van huis tot huis.
Oom Hendrik en Tannie Trienie
Vanderbijlpark.

てるよNovember 19th, 2011 at 12:04

かりなさん、ステファンさんおめでとう~~
ぜひ、近いうちにベビーちゃんとみなさんにお会いしたいです!
お電話しますね。

AnnelieNovember 19th, 2011 at 15:18

Baie geluk julle!!! God seen julle gesin. Mag hierdie seun julle net nader aan ons Vader bring en mag hy julle net soveel vreugde verskaf!!! ‘n groot seun…weldone Cariena!!!! Baie liefde

Trix IJzermanNovember 19th, 2011 at 18:17

Hallo julle!

Baie, baie geluk met jul seunskind! Mag hy jul huis en harte met vreugde vul. (Hy lyk vir ons net soos oupa Tobie!!)

Baie liefde
Ab en Trix

Elize GaljaardNovember 20th, 2011 at 17:26

Bietjie laat maar baie geluk met jul nuwe bondeltjie lewe. Baie seën vir elkeen van julle gesin. Liefdegroete Elize Galjaard van Welkom-Suid gebedsgroep.

Oom Sias en tannie AnnatjieNovember 20th, 2011 at 20:04

Ons is saam met julle dankbaar. Sal graag oom Lodewyk se kommentaar wil hoor. Sal nooit sy verjaardag kan vergeet nie, net ‘n dag na my.

Ottilie de KockNovember 21st, 2011 at 13:56

Baie geluk met Lodewyk se aankoms. Ons dank die Here dat hy en Carina gesond is. Hy’s pragtig en lyk sommer pure man. Mag hy veel vreugde vir julle gee en opgroei tot eer van sy Skepper en Hemelse Vader

Gutti SandrockNovember 22nd, 2011 at 06:57

Baie geluk Stephan en Carina! Herman en Trudie het my dadelik vanuit Bristol laat weet van die groot nuus. Ons is saam met julle verheug en dankbaar !
Mag julle as gesin (ook ouma en oupa) baie vreugde ervaar ! Ons bid vir julle !
Seën,

Victor PillayNovember 22nd, 2011 at 16:35

Hi Stephan, Carina, Hannalie and Cornelius. We are praising the Lord with you for the wonderful gift of Lodewyk. We do pray the Lord’s blessings upon Carina and Lodewyk. We are extremely glad for you. Regards to the groot Ouma and Oupa in Japan. Blessings also for Stephan’s parents. May the Lord undertake for all your needs. Pray the Lord’s comfort, strength and blessings for all of you

Banus BothaNovember 26th, 2011 at 19:18

Hallo Stephan en Carina, kinders en grootouers

Baie geluk met die nuweling in die familie! Mag die Here julle die genade gee om die dissipline te kweek én te behou om beide effektief te lewe, sowel as stadig genoeg (te lewe) ten einde intens bewus te wees van wat God in julle, by julle en om julle doen en beskik. Groete van die Dagbreek-mense in Welkom! Banus Botha

Ben en Corrie du ToitDecember 12th, 2011 at 15:54

Van harte geluk met Lodewyk se geboorte, Stephan en Carina! Julle is baie geseënd, en die gesin groei pragtig. Baie sterkte en vreugde toegebid vir hierdie grootse en heerlike bediening van kindertjies grootmaak vir die Here – saam met die ander bediening waarvoor Hy julle geroep het.
Hier by ons woel dit ook; ons 7de en 8ste kleinkinders is onlangs gebore, en die oudste van die hele spannetjie het pas 7 jaar geword. Ons is voltyds besig!

Groete en seenwense, Ben en Corrie du Toit

Leave a comment

You must be logged in to post a comment.