2023.11.09 Suid-Afrika besoek

“Gaan jou hele gesin saam?”, vra die student my nou die dag verbaas toe ek vertel van ons beoogde besoek aan Suid-Afrika in 2024. Vir hom—wat in sy 50’s by KRTS kom studeer het, sonder sy gesin vir ‘n volle 4 jaar—is dit nie ‘n gegewe (soos vir ons Westerlinge) dat ek nie alleen vir ‘n paar maande die groot uittog sal aanpak nie …

Nietemin, ek is bly en dankbaar om te deel dat Missie Japan se leierskap onlangs ons planne goedgekeur het vir ons volgende deputasie na Suid-Afrika, en ja … as gesin!

Ná ‘n vyfde termyn van werk in Japan, is ons planne om 24 Mei tot 7 September 2024 in SA te wees vir terugvoer aan ondersteuners, besoeke, verlof/rus en meer. Ons is opgewonde oor die vooruitsig en tref reeds aktief reëlings vir vele ontmoetings. Ons besoek sal hierdie rondte ook ‘n groep Japannese besoekers uit die RCJ insluit, wat op ‘n diakonale studietoer by ons sal aansluit einde Augustus.

Twee dinge is veral uitdagend i.t.v. logistiek en finansies:

l  Ons gaan ‘n (groot) motor benodig vir die drie en ‘n half maande. 

l  Vlugkostes is hoog en ‘n buitengewone item op Missie Japan se begroting. 

Daarom neem ons vrymoedigheid om te vra of daar dalk individue / kleingroepe / gemeentes is wat hierdie uitgawes as spesiale projek wil aanneem voor ons koms?

Baie dankie dat jy saam met ons sal bid en vertrou vir wat nodig is in 2024. Die Here gaan ons vooruit, daarvan is ons seker en dit gee ons vrede.

Sterkte en seën met dié besige tyd van die jaar!

Stéphan, Carina en gesin

NS: Hieronder is ‘n paar grepies (foto’s) uit ons afgelope maand se bedieninge / interaksies.





As jy / julle kleingroep of gemeente miskien ‘n bydrae wil maak, 
kontak my @ jsvdwatt@gmail.com of 
Sanet Annandale by die Missie Japan kantoor @ sanet@ngkvs.co.za


*** Missie Japan bankbesonderhede ***
Rekeningnaam | Missie Japan
Bank | ABSA
Takkode | 632005
Rekeningnommer | 4049690248
Verwysing | Eie Naam & Van + DEPUTASIE2024