Ons het te hore gekom van die ernstige droogte se skade, via korrespondensie van die NG Kerk in SA se Algemene Sekretaris, Dr. Gustav Claassen. Ons, as lidmate van RCJ Kumamoto gemeente, het met hartseer kennis geneem van dié korrespondensie.** Dit het ons herinner aan die tyd toe ons twee jaar gelede swaar getref is, deur die Kumamoto aardbewing, en julle kosbare gemeentes aan ons liefdesdiens bewys het (via Missie Japan).
Kerke in Japan is geneig om na binne gerig te dink en leef – miskien is dit omdat Japan ‘n eiland is (met só ‘n mentaliteit). Ons – as Japannese kerke – vergeet al te maklik dat ons deel is van die wyer wêreldkerk se bestaan. Hier in Kumamoto is ons verder ook maar net ‘n klein gemeenskappie as deel van die Westelike uithoek van Japan. Twee jaar gelede, terwyl ons regtig swaar gekry het, het die ondersteuning vanuit Suid-Afrika ons geleer van die reikwydte van die kerk van die Here, regoor die wêreld. Julle het ons gemeente diep (siels)bemoedig deurdat julle ons pyn – soos die pyn van ‘n doring in jou kleintoontjie gaan sit – julle eie gemaak het.
Verder, toe ons gemeente sonder ‘n leraar was, het Tobie en Annalie De Wet (voormalige Missie Japan sendelinge) vele kere by ons gemeente kom preek. Ons is nou weer herinner aan daardie tyd toe die gemeenskap (in die Here) met die De Wets ons kragtig vertroos het.
Ons is tans steeds besig om die diakonale werk (op klein skaal) voort te sit, wat begin is sedert die aardbewing, danksy die ondersteuning van gemeentes in Suid-Afrika. Daar kom elke Saterdag en Sondag middag ongeveer 10 kinders uit ons buurt speel by ons gemeente. Vanuit dié interaksies is daar ‘n hele paar kinders wat nou direk by Sondagskool betrokke geraak het, en ook baie wat bv. aan Kersfees en ander geleenthede deelneem. Ons hou biddend vol om ywerig die liefde van die Here met hulle te deel. Verder gaan die breiklasse (wat ná die aardbewing begin is om gemeenskap te bou) oor steeds weekliks voort. Deur hierdie werk het die Here ook (huidiglik) mense by ons gemeente gevoeg wat soekend is in die geloof. Dit is ook ‘n uitvloeisel van julle betrokkenheid by ons ná die aardbewing. Ons loof die Here as ons dink aan die werk wat Hy aan die doen is.
Nou wil ons graag ietsie vir julle bydra vanuit RCJ Kumamoto se dankoffers. Daar is ‘n Japannese idioom wat lui: “Gooi water op ‘n warm klip” – wat beteken dat dit van min waarde is om ‘n druppel water op ‘n vuurwarm klip te gooi; met ander woorde: die poging is tevergeefs. Ons bydraetjie is regtig net ‘n “druppel in die emmer”. Dis bloot ‘n “Gooi water op ‘n warm klip”-dankoffer! Maar, ons bid dat die Here dit ryklik kan gebruik en vermenigvuldig. Ons bid ook dat die reën (veral in die droogste gebiede) sal val, en dat die lewe sal stabiliseer.
栄光が主にありますように
Alle eer aan die Here.
2018年4月3日
熊本教会 牧師 西堀 元
3 April 2018.
Ds. Hajime Nishibori
Leraar: RCJ Kumamoto
**Ek (Stéphan) het die brief van dr. Gustav Classen (wat in Maart gestuur is na alle NG gemeentes en wyer) vertaal, en aagestuur vir alle gemeentes in die Reformed Church in Japan, met die versoek dat hulle sal saam bid vir die situasie.
RADIKALE OMMEKEER– ‘n verhaal van een lewe wat ingrypend verander het
“Ons het lanklaas gesels, wil jy nie iets saam gaan eet nie?”, vra my Japannese kollega my nou die dag ná ‘n vergadering. Ons gesprek sentreer aanvanklik rondom die eerste dae toe ons mekaar leer ken het, meer as agt jaar gelede. Hy kon destyds baie diep identifiseer met my totale onvermoë om Japannees te praat, want hy het dit self ondervind terwyl hy lank gelede vir sewe jaar in Frankryk gewoon het. Ek het geweet van sy tyd daar, maar nooit die dieper verhaal gehoor nie. En toe vertel hy (en ek som dit hieronder op):
Ek het in ‘n huis groot geword waar my ouers pal baklei en gestry het. My pa was baie afwesig en ek het nooit regtig tuis gevoel nie, wou nie by die huis wees nie. Daarom het ek allerhande verkeerde goed begin aanvang. Onder andere die leier van ‘n motorfiets bende geword. Ek was ‘n aktiewe ateïs, en in my vroeë twintigs is ek Parys toe, eintlik om weg te vlug. Ek kon goed teken/skilder, dit was al. Verder was ek nie regtig goed met studies nie. Maar my lewe het al hoe meer begin uitrafel… Ek het dwelms begin verkoop, en rondgeslaap. Op ‘n stadium het ek tegelyk met vier vrouens verhoudinge aangeknoop. Een van hulle het swanger geword (sy het later my vrou geword). Ek het haar verwerp en haar aangesê om ‘n aborsie te kry. Ek wou niks met die kind te doen hê nie. In daai tyd het ‘n kunstenaar vriend van my (wat ‘n Christen was), my kerk toe genooi. Ek wou niks daarvan weet nie, en wou net so ver as moontlik van die kerk af wegbly. My vriend het gesê dis ‘okay’, ek kan maar net kom vir die kos, want dis verniet. My meisie was meer opreg in haar begeerte om te gaan, al het sy voorheen nog nooit met die kerk te doen gehad nie. Haar toekoms was ook op die spel, as gevolg van die swangerskap en die hangende aborsie. Om een of ander rede het ons wél bly kerk toe gaan ná die eerste keer … en ek kon begin gesels met mense oor allerhande worstelinge en vrae in my gemoed. Deur ‘n hele paar ontmoetings met verskillende mense, het die Here my hart begin verander. Uiteindelik het ek my lewe aan hom oorgegee, en kon ek ook vir my meisie vra om nie die baba te aborteer nie. My lewe het handomkeer verander. Ons (enigste) dogter is gebore en ons is getroud. Parys sal altyd die plek wees waar ek die mees radikale ommekeer en oorgawe van my lewe gemaak het!
Dit was die kort weergawe van my kollega se bekeringsverhaal.Intussen is hy al meer as 20 jaar lank ‘n toegewyde leraar en gerespekteerde leier in die RCJ. Voorsitter van dié kerk se grootste ring van 36 gemeentes. Maar sy voete is vas op die grond. En sy hart klop sterk vir gebrokenes en randfigure. Want hy wéét hoe diép die Here hom uit die put van sinloosheid getrek het.
Toe hy ‘n paar jaar gelede by ‘n nuwe gemeente as leraar begin werk het, verwelkom ‘n paar gemeenteleiers hom by die pastorie met sy aankoms. Hulle vra plegtig om verskoning omdat daar rondom die pastorie – in die tyd toe dit leeg gestaan het vóór sy koms – allerhande randfigure begin uithang het. Jongmense wat leeglê, raas en rook ens. Nietemin kon hy nie anders as om soos volg (die kerkleiers) te antwoord nie, “Maar behoort húlle dan nie juís die fokus van ons gemeente se bediening te wees nie? Gee my 10 minute saam met hulle, en volgende Sondag sit hulle almal in die kerk”.
Die ouderlinge het net verdwaas na mekaar gekyk, want hulle het nog geen idee gehad waar dié dominee vandaan kom nie!
Die leraar wie se storie ek geheel het – met sy toestemming – lei vandag ‘n unieke, kreatiewe bedieningsnetwerk (genaamd IBUKI) wat onder andere kuns, in en deur die kerk (én interkerklik), bevorder. Hy maak ‘n waardevolle bydrae op ‘n manier wat niemand anders ooit sou kon doen nie. Hy is inderdaad besig om ‘n gróót en betekenisvolle verskil te maak – as kunstige bediener van die evangelie.
En om te dink: hy was amper ‘verlore’, vasgevang in die put van sinloosheid. As dit nie was vir God se opsoekende, onbeskryflik groot genade nie!Genade wat ‘n nuwe seisoen met nuwe lewe kan laat aanbreek. Dieper en meer ingrypend as enige ander invloed in ons lewens …
Baie dankie vir jou ondersteuning vir en meelewing met ons werk en lewe in Japan.
Stéphan, Carina, Annlie, Cornelius, Lodewyk en Stephan
GEBEDSVERSOEKE
Dank die Here saam met ons vir
‘n Geseënde eerste kwartaal wat middel Maart hier eindig.
Baie sinvolle ontmoetings met allerlei gaste wat kom oorbly het.
Goeie preek-geleenthede in Marugame en Osaka, met diep gesprekke ná eredienste.
Agt nuwe studente wat by KRTS kom studeer vanaf April.
Vra vir die Here se sorg & genade vir
Carina se gesondheid, haar tuisskoling dagtake, Engelse klasse met studente en gasvryheids-bediening.
Stéphan se klasgee, en navorsing vir nuwe kurrikulum se opbou.
Sy besoek aan Suid-Korea saam met KRTS studente, 20-23 Mrt.
Sy aanbieding by ‘n landswye kamp vir universiteit-studente, 15 Maart.
Missie Japan bestuur se gesprekke met nuwe sendeling kandidate, 19-20 Maart.
Gegroet uit ‘n ysige Kobe, deesdae gereeld getooi in spierwit sneeu. Die werk-jaar is (by ons) al sedert 5 Januarie volstoom aan die gang, en ons is dankbaar vir goeie gesondheid en ‘n sinvolle ritme, dag-vir-dag. Ek deel graag nuus oor dinge wat vanjaar voorlê, en iets van die afgelope tyd. Opwindende nuwe projek vir 2018 Al ooit gewonder hoe jy julle gemeente se betrokkenheid in Japan kan verdiep? KIX (Kinders in Christus) het, in vennootskap met Missie Japan, ‘n opwindende nuwe projek om jou uit die blokke te loods! Dit sluit in: ‘n volledige projekles (in PDF en Powerpoint-formaat) met kreatiewe idees vir die hele jaar; video’s, musieksnitte en veel meer. Ons is regtig opgewonde die nuwe geleentheid om kinders se harte te laat vlamvat vir God se Koninkryk in Japan. Laai alle materiaal af deur hier te kliek. Pauline Matthee (KIX Voorsitter) en Elrika Esterhuizen (medewerker) verdien groot krediet vir die materiaal, waarvoor ons baie dankbaar is.
Nuwe sendeling aansoeke Vandag (31 Jan.) is die sluitingsdatum vir aansoekers wat as sendelinge na Japan wil kom via Missie Japan. Bid asb. saam met ons, dat die bestuurspan wat die aansoeke moet hanteer, die nodige wysheid sal ontvang. En verál dat die keuringsproses van geskikte kandidate onder leiding van die Heilige Gees, goed sal verloop.
Gesellige en vol tyd agter die rug Ons het die voorreg gehad om sedert middel Desember baie gaste, uit verskillende oorde, aan huis te ontvang. Gasvryheid en diep gemeenskap is (letterlik) van huis uit, deel van ons roeping hier in Kobe. Ons is dankbaar vir vele verrykende interaksies, veral ook vir ons kinders. Die foto’s hieronder vertel iets dáárvan en meer.
Gebedsversoeke en ons program vir Februarie volg heel onder Bid asb. ook saam met en vir ons. Ons bid spesifiek saam vir die voortgaande droogte krisis in talle streke van Suid-Afrika, en vertrou vir tydige uitkoms.
Baie dankie vir jou belangstelling en ondersteuning. Ons is dankbaar om vanjaar weer saam te kan aanpak!
Vrede en vreugde, in Christus. Stéphan, Carina, Annlie, Cornelius, Lodewyk en Stephan (jnr.)
Gebedsversoeke
Dank die Here saam met ons vir:
Goeie gesondheid, krag en visie om daagliks met vreugde aan te pak.
Baie sinvolle en geseënde ontmoetings die afgelope ses weke.
Genoeg geleenthede om te kan dien waar ons geroep is.
‘n Sterk netwerk van ondersteuners wat ons dra.
Die nuwe projek via KIX om ‘n jonger generasie te help fokus op Japan.
Vra in afhanklikheid van die Here vir Sy sorg in:
Die proses vir die werf van nuwe sendelinge na Japan, spesifiek in samewerking met die RCJ se ring van Shikoku.
Stéphan se werk by die Kobe kweekskool (klasgee, preek by kapeldienste en bidure) asook kerklike betrokkenheid. My program sluit o.a. in:
Ontvangs en leiding van ‘n kollega uit Australië (Sydney Anglikaanse kerk) wat as gasdosent hier meewerk (30 Jan – 2 Febr).
Ontvangs van en skakeling met ‘n Amerikaanse sendeling-kollega (van die CRCNA), wat ons jaarlikse dag van gebed kom lei (9 Febr).
Preek geleenthede by RCJ Marugame (11 Febr) en RCJ Sakai Mikuni (25 Febr) gemeentes.
Vergadering met Shikoku ring se sending samewerking-kommittee (12 Febr).
Carina se verantwoordelikhede rondom ons kinders se tuisskoling, gasvryheids-bediening, Engelse klasse vir enkele KRTS studente ens.
Gys en Linda Olivier, en hulle kinders Linie en Johan, vir hulle daaglikse werk by Seiwa meisiesskool in Kochi.
Ons Japannese vriende van Tokushima leer die kinders van NG Kerk Groot-Brakrivier hoe om Kanji te skryf – as deel van die Japannese skrifsisteem.
Beste ondersteuner,
Kleiner leefruimtes, groen tee, herfskleure in oormaat, meer vis, etes met stokkies, ‘n ander skrifsisteem … die lys gaan aan. Ons is terug by ons huis in Kobe, en reeds meer as ‘n maand terug in Japan. Sedert ons terugkeer was daar – tussendeur ‘n stywe werkskedule – min tyd vir behoorlik grondvat. Maar ons raak weer gewoond aan hoe die lewe lyk, proe en klink in die land van die opkomende son. Vreemd, dóg bekend.
Onvergeetlike besoek
Ons lywe is dié kant, maar ons gedagtes is dikwels nog in ons tuisland. Ons dink met diep waardering en dankbaarheid terug aan ‘n baie geseënde drie maande in Suid-Afrika: oorlaai met gasvryheid deur familie, vriende en ondersteuners. Ons het die geleentheid gehad om (aanvanklik) te rus, kuier én baie plekke – meer as 50 – en mense te besoek. Regoor die land, in verskillende tale en kulture, dorpies en stede.
Die kans om ou bande te verdiep, en nuwes te smee, was kosbaar. Verder is ons roeping gereeld bevestig en versterk, deur tallose medewerkers wat hulle hande en harte vir ons wawyd oopgemaak het. Dit was regtig bemoedigend! Maar terselfdertyd was dit erg onwrigtend om pal aan die beweeg te wees. Dis dié dat dit ook goed om ‘tuis’ te wees, op een plek (veral in die lig van 25 verskillende beddens waarin ek geslaap in die 100 dae in SA).
Uit ‘n heel ander hoek, het Annalise Wiid se artikel in die kerkbode ook ons roeping vertolk. Lees dit hier.
Jy kan ook hier kliek om die video te sien wat ons in Suid-Afrika gebruik het om oor ons bedieninge in Japan te vertel. Deel dit gerus wyer asseblief: https://youtu.be/MGx0o5HffiM
In verbondenheid
Ons is opnuut bewus van die uitdagings en realiteite in Suid-Afrika. Wees verseker van ons gereelde gebede vir julle wat dit daagliks deurleef. Daar word ook by ons kweekskool ook weekliks gebid vir julle daar. Kom ons bly bid vir mekaar – dit bly een van die diepste verbintenisse wat ons kan maak.
Ons gebedsitems volg hieronder. Dankie vir jou meelewing en ondersteuning!
Vrede vir jou.
Stéphan, Carina, Annlie (10), Cornelius (8), Lodewyk (word Vrydag 6) en Stephan (4)
——–
Gebedsversoeke
Kobe Theological Reformed Seminary (KTRS) se dosente en studente, veral dat die Here ook nuwe studente sal roep vir voltydse kerklike bediening.
RCJ Shikoku Ring se 17 gemeentes – spesifiek vir klein, plattelandse gemeentes wat sonder ‘n leraar is, asook vir die twee (nuwe) jong predikante wat onlangs in die bediening begin het (Shinji Kouchi en Suezou Omiya).
RCJ Tokushima gemeente, hul nuwe leraarspaar (Sumito en Akiko Furusawa), Happy Kids en English Fellowship bedieninge ens.
Gys en Linda Olivier, Missie Japan se Engelse onderwysers by SEIWA Meisiesskool in Kochi Stad. Ook vir hulle kinders, Linie en Johan.
Carina en ons vier kinders – met die tuisskoling wat nou weer in volle swang is. Carina werk baie hard om die jaar se kurrikulum te voltooi, en is ook reeds aan die voorberei vir 2018. Bid vir krag, geduld en wysheid.
Stephan se lesings (in Pastorale Teologie en Sorg) en lei van kapel-eredienste by KRTS. En verder:
18 Nov: Lei huweliksverryking-seminaar vir RCJ Westelike Ring (Kobe), saam met Carina.
23 Nov: Bied seminaar aan vir RCJ Noord-Oostelike Ring (Sendai) – oor kerk se getuienistaak in die lig van huidige samelewings-uitdagings
26 Nov: Lei erediens en bevesting van nuwe predikant (Sumito Furusawa) by RCJ Tokushima
Die foto hieronder is geneem by ‘n gebed-byeenkoms (en Missie Japan konferensie) by NG Kerk Stilbaai
During the past three and a half months we had the privilege to visit our home country South Africa, from the end of June until middle October. The purpose of the visit was to thank our supporters and to give feedback about our life and work in Japan. This is a necessary event every three years, in order to sustain long-term support for our sending organization, Mission Japan.
The whole visit took almost nine months of in-between planning and organizing, before our departure. In general everything went very well. To speak freely (and preach) in our mother tongue, Afrikaans, felt like a fresh breath of air. To experience South Africa’s rich bio-diversity, vast landscapes and its diverse peoples, was once again invigorating. In the process we were also able to see our family and friends and deepen our relational ties. The fellowship and sense of belonging in our homeland was a true blessing to experience. There was also time and opportunities for some necessary rest.
We realized afresh that we, as missionary family, are but a “small cog in a large wheel”. Our life and work forms part of a huge network of supporters and leaders that each have their own roles and responsibilities within Mission Japan. We are very grateful to be part of such a team, which wholeheartedly supports the long-standing partnership with the Reformed Church in Japan (RCJ).
I would like to shortly report on the following four aspects of the visit:
Visits to congregations
Deputation from Japan
Academic interactions
Mission Japan meeting
Visits to congregations
We had more than 50 opportunities to visit supporters, mainly coming from churches of the Dutch Reformed family of South Africa. Sunday morning and evening worship services made up 20 of these opportunities. It included more than 3500 people who heard the message concerning our life and work in Japan. The video and powerpoint presentations I shared, focused on the Japanese context in general, as well as on Kobe Reformed Theological Seminary and our other church related ministries.
The other 30 meetings with supporters consisted of groups between 5-50 people at a time, during weekdays. It ranged from small rural towns to big inner cities, and stretched over six very diverse, main regions of the country. I travelled more than 8500km to these destinations by car, and many more by airplane, to make these visits. In the process I slept in 25 different beds, and received the warm hospitality of countless friends. Carina and our children were also part of some of these visits, in the regions closer to our basis, which was located in Still Bay.
Our experience of the past three months brought Paul’s words in Philippians 1:3-6 to mind:
“I thank my God every time I remember you. In all my prayers for all of you, I always pray with joy because of your partnership in the gospel from the first day until now, being confident of this, that he who began a good work in you will carry it on to completion until the day of Christ Jesus.”
The keyword here is “partnership” (koinonia). Partnership for the sake of the gospel. The Philippians partnered with Paul on his missionary journey. No other church partnered with him when he left Macedonia. But the Philippians supported him consistently when he was in need, especially in tough and challenging times. Their concern for Paul was because they valued the truth of the gospel. And Paul himself ignited that attitude in them, fueled by the work of the Holy Spirit. This gave Paul much joy: that this wonderful, vulnerable group of people did so much good work. Their perseverance in partnership was a sure sign of God’s work in them.
We praise the Lord with deep joy and gratitude, for the big network of supporters that have been with us these past years. Some people whom I met while doing visits this time, have even been involved as supporters since more than 40 years ago. They possess a wealth of wisdom and depth of commitment that once again inspired us. On the other hand, many children and youth also became aware of Japan and its needs and realities. Their involvement adds a necessary dose of vitality to the partnership.
We are especially grateful for new individuals and congregations that have made fresh commitments to be with us on the long road ahead. Their prayers, involvement, encouragement and financial support, are indeed like a strong safety net for us. It gives us hope and new vision to continue with passion in the Japanese mission field, which is sometimes described as a marsh or a graveyard for missionaries.
One other meaningful dimension which was unique to this deputation visit, was the focus on diaconal partnerships. After the triple disaster (earthquake, tsunami and radio-active damage) that struck North-East Japan on 11 March, 2011, the RCJ got involved in various diaconal actions within various communities in Japan. Many valuable lessons were learned. The Dutch Reformed family of churches supported the RCJ in these efforts in various ways.
When South Africa experienced a similar crisis in terms of the recent fire disaster in Knysna (June 2017), our RCJ brothers and sisters assisted with financial aid. In these ways we are mutually supporting and learning from each other, in terms of relief care and diaconal work in terms of natural disasters and more. I was privileged to share discussion about such issues with the Diaconia team leaders (of the DRC and URCSA) in the Western Cape Synod. We look forward to deepen these discussions and involvements in the future.
Deputation from Japan
From August 29 to September 5, a delegation from the RCJ visited South Africa. Two pastors (Revv. Hirotsugu Mochida and Makio Nishi) as well as an elder (Dr. Shin Toyokawa) represented the RCJ Synod Diaconal Action Commission (RCJ DAC). The main purpose of their short visit was to deepen their involvement with a specific diaconal project in Botshabelo township, outside Bloemfontein. Furthermore, they were involved in visits to various congregations and church related events. This was done under the auspices of the DRC Free State Synod, and specifically its organization called “Partners in Mission”, led by Dr. Gideon Van der Watt.
The Botshabelo community is experiencing many difficulties due to extreme poverty, unemployment, disintegrating family life, the challenge of HIV and Aids, etc. There is a relatively high percentage of vulnerable and orphaned children – children at risk – in the Boshabelo area.
The RCJ DAC entered into a formal partnership with the Setshabelo Family & Child Services (SFCS). It is a registered welfare organisation (NPO) and designated Child Protection Organisation. SFCS has been working since 2014 in partnership with the Department of Social Development, local churches and communities, as well as international partners. It is currently receiving no grants from government and is dependent on donations, fund raising, sponsorships, etc. SFCS renders the following services: Adoption; Foster Care Services; Family Interventions / Family preservation services; Church Engagement, Parental Training and Screening; The Child and Youth Care Centre (CYCC); Administrative Support etc.
A Memorandum of Agreement was proposed, in which he RCJ intends to assist SFCS in the following ways:
Financial assistance (as and when possible), for specific projects as mutually agreed upon.
The focus of the assistance will be on: enhancing CYCC and assisting/corresponding with selected adoptive families.
When possible, the RCJ DAC will send volunteers for periods to assist with certain mutually agreed upon projects.
The visit of our three brothers from Japan was truly meaningful and inspiring in many ways. I was privileged to share many deep and hopeful experiences with them, as we travelled to many different places. We were constantly in conversation, trying to translate and make sense of a diversity of meetings with people from different backgrounds and cultures. Between Japanese, SeSotho, Afrikaans and English expressions, we enjoyed an overabundance of possible interpretations. It led to a rich experience of newfound relationships, and a shared vision for future partnerships, for the sake of God’s Kingdom.
The delegation’s visit also included the following visits / interactions:
a macro congregation (DRC Pellissier)
a church (DRC Towers of Hope) working with the homeless and poorest of the poor.
a Reformation 500 gathering where dr. Shin Toyokawa presented an excellent lecture on being Reformed in Japan
meetings and events in Botshabelo community, including homestay opportunities in the township
attendance of a meeting called the Reformed Initiative for Community Development
a safari trip in Brandfort area
social gatherings at Dr. Gideon Van der Watt’s home as well as with Rev. Yoshitsugu Onishi (theological exchange student at Free State Faculty of Theology) and his family
various church worship services and gatherings, including a ministry to the Chinese people at DRC Hugenoot
academic lectures which I presented at Free State Faculty of Theology
All in all, this RCJ delegation’s visit was really significant. To view South Africa and its people, the relations between church and community etc. through our Japanese brothers’ eyes, was truly meaningful and enriching. Once again our partnership – as brothers and sisters in Christ from radically different contexts – was deepened and strengthened. Indeed we need each other as members of one Body of Christ, albeit from different corners of the globe.
Academic interactions
During our visit I had the privilege of presenting academic lectures at two Faculties of Theology, at Stellenbosch University, as well as at Free State University (in Bloemfontein).
In light of this year’s Reformation 500 celebrations, I focused these lectures on the historical development of Pastoral Theology and Pastoral Care, from a Reformed perspective. The aim was to explore its significance and meaning today. I informed this topic from my experiences in pastoral ministries, both in South Africa and Japan.
It was an enriching experience to share ideas with under-graduate and post-graduate students, as well as with lecturers and pastors at these two faculties of theology. As a research fellow of the department of Practical Theology and Missiology, at Stellenbosch University, this kind of interaction is necessary and significant. The meaningful conversations that ensued, and the contacts made, will surely inform and enhance the content of my teaching at Kobe Reformed Theological Seminary.
Mission Japan meeting
From September 25-27, we have had a blessed meeting of Mission Japan’s general committee, gathering at Still Bay. We recommitted ourselves to our calling to be disciples of Jesus Christ in Japan. We built new relationships and reaffirmed our vision and mission. Mission Japan was also restructured to function more effectively and to strengthen our current support network.
The group of six pastors from the Dutch Reformed Church in South Africa, that visited Japan in April 2017, participated in a special conference hosted by DRC Still Bay congregation. Rev. Tobie de Wet and his wife Annalie, together with the local church leaders, led and hosted us all with warm hospitality. Many church leaders from surrounding towns also participated, and the group of six pastors shared various, very inspiring experiences from their visit to Japan.
After the conference, Mission Japan’s general committee continued discussions on numerous important issues concerning the future of our work. A decision was made to start a process to enlarge our involvement with the Reformed Church in Japan, by recruiting new missionaries. This process may still take some time, but we trust that God will provide in the need for new and able candidate missionaries. Mission Japan is also excited about the possibility that the Reformed Church in South Africa (our sister church) might join us, as an official partner in this venture. Discussions about these developments will in due course continue with the relevant RCJ representatives.
Furthermore, the management committee had a special pastoral conversation with myself and Carina. Their loving care and earnest concern for us was, as always, evident. We could share our honest feelings and experiences in the safe space of their empathetic listening. In hindsight these past three months were truly blessed, but also quite disruptive for our family at times. Carina had to continue with homeschooling in various new settings, and amidst the fact that I was away with church visitations for long periods of time. The consistent involvement and care of Tobie and Annalie made this bearable and meaningful.
During our meeting we could celebrate and bring thanks to God for the blessings bestowed upon Mission Japan – in multiple ways. Relationships between us as members of the Mission Japan team, were deepened. We were inspired to utilize our God-given gifts to the best of our abilities, for the purposes which God calls each of us to do.
Carina and I and our children were once again filled with gratitude and appreciation for such a compassionate and concerned team that support us. We praise God for a very blessed time of deputation. Soli Deo Gloria!
LEES ONDERTOE VIR AL SES LEDE VAN DIE GROEP SE INDRUKKE
Dr. Pieter Van Jaarsveld (NG Kerk Bothaville)
VERSLAG VAN BESOEK AAN JAPAN: 7 – 17 APRIL 2017
Versoek van die Reformed Church of Japan
Die Reformed Church of Japan het Missie Japan versoek om ‘n groepie jonger predikante van die NG Kerk na Japan te stuur om eerstens hulleself ten opsigte van die situasie in Japan op hoogte te bring en tweedens om die kerk in Japan met die besoek te verryk en derdens oor die situasie van die kerk in Japan te kom verslag doen.
Groep wat die besoek meegemaak het
Die groep wat die besoek meegemaak het, was Di. Cornis Botha van Klawer; Elsché Eygelaar van Constantia, Rudolph Grobler van George-Bergsig, Mias van Jaarsveld van Bethlehem-Wes, Johann Winterbach van George-Suid en dr Pieter van Jaarsveld van Bothaville.
Doelwitte wat gestel is
Om bande met die RCJ te versterk.
Om te luister wat die RCJ vir ons wil sê.
Om ‘n jonger generasie predikante van die NG Kerk blootstelling aan die kerk in Japan te gee.
Om die RCJ blootstelling aan ‘n jonger generasie predikante van die NG Kerk te gee.
Om ons sendelinge te bemoedig: Stephan en Carina van der Watt en hulle kinders en Gys en Linda Olivier en hulle kinders.
Persone, gemeentes, instansies en groepe wat besoek is
Teologiese Kweekskool van die RCJ in Kobe
Derdejaar klas van die Teologiese Kweekskool
RCJ gemeente Kita Kobe
RCJ gemeente Koshien
RCJ gemeente Tokushima
RCJ gemeente Shin-Urayasu in Tokyo
RCJ gemeente Inage Kaigan in Tokyo
Christen Meisieskool Seiwa Gakuen in Kochi
Sendingkommissie van die Ring van Shikoku
‘n Groep jonger leraars van die Ring van Shikoku
Ds. Taka Ashida
Gys en Linda Olivier en hulle kinders Linie en Johan
Stéphan en Carina van der Watt en hulle kinders Annlie, Cornelis, Lodewyk en Stephan
Mnr Yoshio en mev Yukiko Natori van die gemeente RCJ Shin-Urayasu
Mev Hadda van die gemeente RCJ Inage Kaigan
Behoefte wat uitgespreek is
Die behoefte aan nog sendelinge uit Suid Afrika is herhaaldelik by die kontakgeleenthede uitgespreek.
Vergadering met die Sendingkommissie van die Ring van Shikoku
Die vergadering met lede van die Sendingkommissie van die Ring van Shikoku in Kochi het op 12 April plaasgevind. Prof Makita, Ds Kobu en ‘n ouderling het die groep by die RCJ gemeente in Kochi ontmoet. Die volgende is gehoor:
Die Kommissie voorsien groot probleme vir Japan in die algemeen en vir die kerk in die besonder in die volgende 20 tot 40 jaar as gevolg van die veroudering van mense en die lae aanwassyfer. Gemeentes beleef ‘n 15% afname in die eredienste as gevolg van die veroudering van lidmate wat nie meer by die eredienste kan kom nie. Dit plaas druk op gemeentes se finansies. Daarom die behoefte aan sendelinge.
Daar is ‘n geweldige behoefte aan geestelike bemoediging en sendelinge kan daardie bemoediging gee. Shikoku word as die “stronghold” vir Boeddisme gesien. Die 200km plegrimstog vir Boeddiste is in die provinsie. Dit maak dit ‘n moeilike sendingveld. Bekeerlinge word geïsoleer deur hulle huismense en hulle omgewing. Dit is ‘n groot opoffering om geloof te behou. Die Kommissie meen dat Suid Afrika kan hier help omdat dit ‘n land is wat uitdagings verstaan. Ervaring het hulle geleer dat sendelinge die leraars van die RCJ help om in hulle roeping te volhard.
Daar is ‘n behoefte dat jongmense gemotiveer moet word. Dit is nie vir jongmense maklik om by die kerk betrokke te raak nie as gevolg van druk van die samelewing en sport en ekstra klasse op Sondae.
Jogmense se “koppe gaan oop” deur die oë van sendelinge. Japan is vasgevang in ‘n verwronge kompetisiegees. Die kompetisiegees maak Japanners moeg.
Daar is groot kommer oor die groeiende nasionalisme onder veral die jonger Japanners. Dit maak dat Japanners al hoe meer na binne gerig lewe. Sendelinge uit Suid Afrika kan help om horisonne te verbreed. Die jongmense wat Suid Afrika besoek het, het verruim teruggekom. Hulle getuienis het groot waarde in die kerk.
Byeenkoms met die jonger predikante van die Ring van Shikoku
Die byeenkoms met vyf jonger predikante van die Ring van Shikoku het op 12 en 13 April 2017 by ‘n vergaderplek buite Kochi plaasgevind. Die jonger predikante was: Di Tkashi Yoshida, Takashi Kashiwagi, Toshisuke Ozawa, Kei Kataoka en Rentaro Sakao. Sake wat bespreek is:
Die dalende geboortesyfer in Japan
Die jeug is ‘n probleem. As daar nie lewe in die jeug gaan kom nie, gaan die kerk uitsterf.
Die kerk sal ook moet verander om die nuwer generasie jongmense te kan akkomodeer.
Hulle visie is dat die kerk moet fokus op onderwys en die jeug.
Sendelinge help met geloof in praktyk.
Rudolp Grobler het ‘n skitterende bespreking gelei oor “Trends and challenges of the church in South Africa.” Dit het ‘n gesonde gesprekvoering tot gevolg gehad.
Klasbesoek aan die derdejaarstudente van die Teologiese Kweekskool
Die ontmoeting met die dosente en studente van die Teologiese Kweekskool in Kobe het op 11 April plaasgevind. Die vroegoggend biduur en kapeldiens is bygewoon. Daar was ‘n gesamentlike ete en program wat rondom die ete aangebied is en twee periodes saam met die derdejaar studente. Tydens die eerste periode het elkeen van ons groep ‘n tema (oor pastorale sorg in gemeentes), wat Stéphan voor die tyd gegee het, kortliks vanuit die praktyk bespreek en tydens die tweede periode het die studente geleentheid gehad om vrae te vra.
Dit het duidelik geword dat die studente met presies dieselfde vrae worstel as dié waarmee ons in Suid Afrika worstel.
Besoek aan Gys en Linda Olivier
Die groep het vir Gys en Linda Olivier en hulle kinders Linie en Johan op 13 April by die Christen Meisieskool Seiwa Gakuen in Kochi besoek. Hulle het die skool vir die groep gewys, hulle aan van die kollegas by die skool voorgestel en toe in hulle huis saamgekuier.
Ons het onder die besef van ons verantwoordelikheid teenoor die egpaar wat hulle lewe gee vir hulle roeping om op hulle terrein ‘n verskil te maak, gekom.
Die hartseerste was om te hoor dat hulle jaar vir jaar vandat hulle daar is, familie en vriende afsterf. Ons het gedink dat as daar onderwysers in ons gemeentes is wat met hierdie gesin kan kontak maak en met hulle kommunikeer om die bande met Suid Afrika te behou en hulle te bemoedig, sal dit goudwerd wees.
Besoeke aan Stephan en Carina van der Watt
Die groep het kontak met Stephan, Carina en hulle kinders Annlie, Cornelis, Lodewyk en Stephan gehad van 8 tot 11 April, maar het veral op die Sondagmiddag en –aand (9 April) en Maandag (10 April) saam met die gesin gekuier.
Ons kan die waarde van besoeke van hierdie aard nie genoeg beklemtoon nie. Ons besef dat kuiergaste ‘n ekstra las op veral Carina lê, maar die waarde daarvan mag nooit onderskat word nie.
Ons druk dit vir Missie Japan op die hart om nie die Van der Watts te vergeet nie.
Ons het ook gepraat in terme van maats vir die kinders. Die waarde hiervan kan nie onderskat word nie.
Besoeke aan gemeentes
Ons het die volgende gemeentes besoek:
RCJ Kita Kobe op 9 April: Elsché Eygelaar het die erediens in Engels gelei; Stephan het getolk en die groep wat saam met Elsché daar was, (Rudolph Grobler, Cornis Botha en Johann Winterbach het middagete saam met die gemeente geëet.
RCJ Koshien op 9 April: Pieter en Mias van Jaarsveld het die kategese en erediens bygewoon; ‘n vergadering met die gemeente gehad, saam met die kinders in ‘n park gespeel en middagete saam met die gemeente geëet.
RCJ Tokushima op 11 April: die hele groep het saam met Stephan die gemeente besoek; heerlik gekuier, saamgeëet en na ‘n power point aanbieding van die gemeente gekyk. ‘n Ouderling het die koste betaal om elkeen van die groep in ‘n hotel vir die nag te akkomodeer.
RCJ Shin-Urayasu op 16 April: Pieter en Mias van Jaarsveld, Johann Winterbach en Elsché Eygelaar het die gemeente besoek, die erediens sowel as die program wat die jongmense daarna aangebied het, bygewoon, gespreksgeleentheid gehad en saam met die gemeente geëet. Johann en Pieter het die oggend vroeg ‘n spesiale Paasfeesgeleentheid vir die kinders en hulle ouers in ‘n park bygewoon. Die hele groep het die middag en aand saam met Ds Taka Ashida, sy gesin en lidmate van sy gemeente gekuier. Dit was ‘n verrykende ervaring.
RCJ Inage Kaigan op 16 April: Rudolph Grobler en Cornis Botha het die gemeente besoek; mooi bande met die leraar, Ds Eiji Mikawa gebind; gesprekgeleentheid in die gemeente gehad en saam met hulle geëet.
Ds. Rudolph Grobler (NG Kerk George-Bergsig) se indrukke:
Die tyd in Japan het my uitgedaag, bemoedig en bekoor. Maar dit het my ook hartseer gemaak. Hartseer, maar vol hoop.
Ek is uitgedaag in my verstaan van die Kerk. Die Japanese Christene wat ons gesien het en die kerke wat ons besoek het, is ongelooflik toegewyd. Elke lidmaat is elke Sondag by die eredienste. Sommige reis selfs meer as 2 ure om daar te kom. Na die tyd eet hulle ook saam. Hulle leef hulle geloof uit in ’n land waar slegs 1% van die bevolking Christene is. Ons kon weer die realiteit raaksien dat dissipelskap jou hele lewe vra. Dis ’n toewyding wat dikwels ontbreek in ons konteks. Dit laat ’n mens weer jou eie blindheid raaksien.
Ek is bemoedig deur ’n ervaring van die eenheid van die Kerk. Op Paassondag is ’n vrou gedoop by die erediens wat ons bygewoon het. Ek dink by myself: ek het pas die nuutste gedoopte lidmaat van die wêreldwye Kerk gesien. En ek is in Japan. Sy is my suster en ek is haar broer. Ons is op soveel maniere ingesluit en gasvry hanteer. Ons het liefde ervaar wat alle tale transendeer. Ons kon deel wees van iets baie groter as onsself. Ek het dieselfde beleef in die interaksie met Stephan en sy gesin. Daar is iets buitengewoon in hulle huis. ’n Atmosfeer van liefde en diens. Ek kan sien hoe die koninkryk onder hulle heers.
Ek is bekoor deur die skoonheid, die harmonie en die stilte. Ons besoek was in die tyd van die kersiebloeisels (die Japanese noem dit die Sakura). Die bloeisels, die berge, die skoonheid van die riviere; dit was alles oorweldigend mooi. Daar is ’n harmonie wat heers in Japan. ’n Harmonie tussen mense. ’n Harmonie met die natuur. Mense tree op met die oog op die “common good”. Ons kan so baie daaruit leer. En dan is daar die stilte. Nie die ongemaklike stiltes wat ons so dikwels beleef nie. ’n Diep stilte. ’n Vrede en stilte wat gevul is met respek. Ek kan nie meer daaroor sê nie, want my beskrywings sal nie eintlik ’n bydrae kan lewer nie. Mens moet self die stilte beleef.
Maar daar was ook hartseer. Die hartseer van ’n nasie wat God nie ken nie. Tog was die hartseer gevul met hoop. In die vroeë oggendure van Goeie Vrydag het ek gelê in my bed en worstel:
“Goeie Vrydag het aangebreek. Ek is wakker en ek dink aan Japan. En ek dink aan die kruis. Ons het in die aand wat verby is deur die strate gestap, duisende gesigte wat by ons verbykom. Ek stap en dink: uit tienduisende mense is dalk n handvol Christene. Uit tienduisende mense weet net enkeles waaroor Paasnaweek gaan. Jesus het gesterf vir hulle. Daar is in my ‘n hartseer en ‘n ontnugtering: hierdie kultuur leef sonder God. Vir n oomblik wil ek mismoedig raak en oorweldig deur die grootheid van die taak. Maar dan kom ander gesigte by my op: RCJ (Reformed Church of Japan) se leiers en predikante wat ons hier ontvang het. Die gemeentes wat God se liefde uitstraal. God gee n baken van hoop vir Japan. Die 1% Christene is die sout en lig wat alles kan verander. Hulle is die kleipotte met die groot skat. Jesus self is die lig wat uitskyn.
Jesus het vir my gesterf, dit maak my nederig en dankbaar. Jesus het vir Japan gesterf, dit moedig my aan om die Goeie nuus te deel en hande met die Kerk te vat.
Dankie Here, dat ons in Japan Goeie Vrydag kan gedenk. Dankie dat U vir ons gely het en gesterf het. En dankie dat dit waar is of ons in SA of in Kyoto is. Ons is nooit alleen nie. Op hierdie Goeie Vrydag bid ons vir die RCJ, gee deur U Gees vir hulle ywer om die Goeie nuus met groot krag te verkondig. Gee hulle die moed om sterk te staan in hierdie kultuur. Seën die vennootskap wat ons met hulle het en lei ons in die toekoms in. Mag hierdie dag aan U gewy wees Here. Amen”
Mag die Here die werk van Missie Japan ryklik seën.
Ds. Elsché Eygelaar (NG Kerk Constantia) se indrukke:
Die eerste dag terug in die Kaap, ry ek na my eerste afspraak toe en die liedjie LOVE CAN van Shaun Jacobs speel op die radio. Hierdie lied vat vir my my Japan ervaring saam. Die lied se lirieke is as volg:
Shaun Jacobs – Love Can
Love can cross borders and love can break walls
Love can unbind us, love can define us
Love can see through what our eyes can’t undo
Love got me thinking love can do anything
Take my hand
It’s not that we’re lost
We’re just plotting a different course than we initially thought
We are free
When we’re on our knees
Put your hand in mine
We’ll make it in time you’ll see
Come with me
We’ll find what’s in store
For the heart that is bursting, the soul that is thirsting for more
We are free
Come and see
We’ll make it in time, we’ll find everything we need
Ek stap by kerke, eredienste, vergaderings, bybelstudies, pastorale lesings en huise in. Ons praat verskillende tale, maar daar is een taal wat ons dadelik saambind. Liefde. Ek is onmiddellik tuis.
In Japan het ek geleer hoe lyk opregte liefde vir my as mens, vir my as Elsché, vir my as vrou, vir my as dominee, vir my menswees.
2 Korintiers 5:14 – “Die liefde van Christus dring ons omdat ons tot die insig gekom het dat een vir almal gesterwe het”. Hierdie vers het vir my nuwe betekenis gekry.
LIEFDE VIND EK IN DIE MANIER VAN KERKWEES IN JAPAN:
VREUGDE
In Japan sal jy nie sommer ‘n Christen met ‘n lang gesig kry nie. Dit is vreugde wat oorloop. Die laaste aand in Tokyo het ek by ‘n man en vrou aan huis gebly. Ek is groot bederf, tot met ‘n glasie Japanese rooiwyn ook. Vandat ons daar aangekom het tot met ons vertrek het die oom en tannie nie ophou glimlag nie. Ons kon baie gebroke Engels met mekaar praat, maar hulle vreugde was aansteeklik. Hulle het met vreugde hulle bekeringsverhaal vertel en vertel van hulle doop (ongeveer ‘n jaar terug). Dit het my laat wonder, kan ons met soveel vreugde deel die dag toe ons God se liefde en genade vir ons besef het en ons lewe vir hom afgelê het?
GASVRYHEID
Ek het geleer van Jesus se gasvryheid in Japan. Jesus stuur nie mense weg nie, al is daar te min kos. Sy dissipels raak op ‘n stadium bekommerd omdat daar nie genoeg kos is nie en wil mense begin wegstuur en Jesus sê toe, nee… laat hulle kom.
In Japan is ons oorlaai met kos, geskenkies en glimlagte. Ek het op ‘n stadium baie opgewonde gelyk toe daar Tempura (“deep fried shrimp”) die tafel nader en hulle het opgetel ek hou daarvan, daarna is ek oorlaai met Tempura.
Wat saam met dit my diep geraak het is die manier waarop kinders verwelkom word. Jesus het gesê: “Laat die kindertjies na my toe kom”. Dit is wat jy ook sal beleef in die kerke in Japan. Alhoewel die kerk styl baie formeel en tradisioneel is (swart pakke, dasse, orrel, ens.), mag die kinders vrylik speel en teenwoordig wees in die eredienste en ook by gemeente etes. Die kinders speel vrylik en hulle word nie eenkeer stilgemaak nie. Niemand gee ‘n kind ‘n vuil kyk of vra hulle om stil te sit nie. Inteendeel, daar word baie moeite gedoen met die kinders. Hulle kry spesiale “fancy” stoeltjies en kospakkies.
DIENSBAARHEID
Wanneer die Here die opdragte aan die ouderlinge en diakens gee om die kerk te versorg, kry dit heeltemal nuwe betekenis en gestalte in Japan. Die ondersteuning aan hulle predikant en die toewyding waarmee hulle in die kerk dien is ‘n groot inspirasie. Daar is bv. ‘n onkoloog wat die kindermoment op Paassondag gedoen het. Die eredienste is eers 10:30, van die ouderlinge en diakens is al vanaf 8:00 by die kerk om al die voorbereidings vir die diens te doen. Die predikant kan net op sy preek fokus en hoef hom nie oor enige van die ander goed te bekommer nie.
Keer op keer is ek verras deur hoe fyn mense luister na ander se behoeftes en intensioneel self inisiatief neem om iets daaraan te doen. Ek staan en gesels met Kana (een van die Japanese predikante se dogter) terwyl ons besig is om te groet. Sy vra toe of ek nou lekker gaan slaap op die vliegtuig, ek sê toe dat ek maar baie sukkel om te slaap. Ons begin toe tasse laai en die gesprek loop tot ‘n einde. Nadat al die tasse gelaai is en ons begin groet maak Kana haar verskyning met ‘n warm gesigmaskertjie wat my kan help om te slaap op die vliegtuig. Keer op keer het soortgelyke dinge gebeur.
GEBED
Ek dink ons bid te min. In Japan het ek baie die geleentheid gehad om vir mense te bid en hulle vir my. Hulle bid in Japannees en ek in Afrikaans, God verstaan. Gebed opsigself is een van die beste vorme van motivering en seën. Om te kan intree vir iemand en saam in gesprek te wees met God is ‘n voorreg. Ons het ‘n persoonlike verhouding met God, wat ‘n wonderlike voorreg is dit nie om mekaar so te seën nie. Ons moet meer bid. Ons moet meer saam bid.
HOOP
In ‘n land waar daar minder as 1% christene is en van buite soos ‘n hopelose situasie lyk, het ek geleer wat hoop is. Wanneer ons op treine en busse ry, praat nie een Japannees met mekaar nie, niemand maak oogkontak nie. Dit voel afsydig, koud en kil.
Dan stap ons by ‘n klein geboutjie in met ‘n klein kruisie op die kant of by ‘n sendingpaar se huis en dan leer jy van hoop. Dan beleef ek wat dit beteken om radikaal anders te leef. Dan beleef ek wat hoop is. Hoop is iets wat God aan ons skenk. Dit is ‘n gawe van God. Ek het die voorreg gehad om Paasnaweek in Japan, Tokyo, te vier saam met die gelowiges daar wat my net weer geleer het dat dié lewende hoop is gegrond op Jesus Christus se dood en opstanding. Daar is geen ander gronde vir ons hoop nie.
Soren Kierkegaard vra die vraag: Hoe word ‘n Christen ‘n Christen? Dan antwoord ‘n teoloog: “Christene word Christene wanneer hulle kies om intensioneel naïef te leef.”
Christene is aspris naïef. Dit beteken om opreg te wees, weer met ‘n stuk verwondering deel te word van stories. Christene kies om doelbewus, opsetlik, intensioneel naïef te glo dat God se genade ons wêreld kan heel maak en dat sy genade vir alle mense is.
Japan se Christene het my geleer om intensioneel naïef te gee, intensioneel naïef te glo en intensioneel naïef lief te hê. Naïef is eintlik verkeerde woord… SOOS CHRISTUS is ‘n beter beskrywing. In Japan het ek beleef wat dit beteken om soos Christus te gee, om soos Christus te glo en om soos Christus lief te hê.
SAMESYN
Van my kosbaarste herinneringe van my Japan besoek is die kerkwees wat gebeur het buite die kerkgeboue en amptelike formaliteite. Die saam lag oomblikke, die saam eet in restaurante en parke, die gesprekke in die onsens (warmbaddens), die koffie stoppe langs die pad, die tee drink sessies, die inkopie ekspedisies, die kuier aan huis by mense en die rondry om die Sakura (kersie bloeisels) te kyk.
PERSOONLIKE ONTDEKKING
Ek was aanvanklik baie skepties om op ‘n vliegtuig te klim saam met 5 onbekende mans predikante (ons is nou goeie vriende, my broers). Ek het ook gewonder wat my ontvangs gaan wees in Japan waar daar nog nie vroue in die amp bevestig is nie. Ek was aangenaam verras. Ek het net weereens besef watter waarde my vrouwees tot die koninkryk toevoeg. Ek kon gesprekke met vroue in Japan voer wat nie moontlik sou wees indien ek ‘n man was nie. Dit het keer op keer gebeur dat ek in gesprek is met iemand en dan sal hulle in die gesprek noem dat ek die eerste vroue leraar is wat hulle ontmoet. In dit lê ‘n ontsaglike groot voorreg en ook verantwoordelikheid. Ek het die voorreg gehad om die eerste Sondag wat ons daar was te preek in Kobe, dit is ‘n ongelooflike voorreg om so as instrument gebruik te word. Woorde kan dit nie beskryf nie. Ek kyk met verwondering en ‘n groot stuk dankbaarheid terug.
Nie net het ek baie geleer van God se liefde in die manier van kerkwees nie, maar ook van Sy liefde vir my. My Japanese geloofsfamilie het my deur die manier waarop hulle my liefhet opnuut laat besef hoe lief God my het.
Die waardering wat daar nie net vir mekaar is nie, maar ook vir my as mens. Opregte liefde, sonder voorwaardes, sonder perke. Dit was vir my ‘n diepe besef en bevestiging van my roeping en Christus se liefde.
Dankie aan elke persoon wat die vertroue in my gestel het om my te stuur na Japan, my daar ontvang het en my die geleentheid gegee het om te preek. Dit is met ‘n hart wat oorloop van dankbaarheid en liefde wat ek terugdink aan my besoek aan Japan.
Ds. Johann Winterbach (NG Kerk George-Suid):
Japan is ʼn ongelooflike land met wonderlike mense, maar ek is eerder diep geraak deur my blootstelling aan lidmate van die Reformed Church of Japan (RCJ). Die natuurskoon en “sakura”-bloeisels is oorweldigend mooi en alles in die land werk soos ʼn goed ge-oliede masjien. Maar wat ek sal onthou is my broers en susters van die RCJ se diep toewyding aan die Here, die hartlike gasvryheid teenoor ons as groep en die onderlinge verbondenheid aan mekaar. Ek het iets beleef van ware kerkwees en voel bevoorreg en diep dankbaar dat die Here ook my hart in Japan kom aanraak het…
Ds. Mias Van Jaarsveld (NG Bethlehem-Wes) se getuienis en ervaring:
Elke jaar, vir omtrent twee weke, ondervind die Japanese landskap ‘n radikale verandering. Aprilmaande, lentetyd, is kersiebloeiselstyd. Oral waar jy jouself bevind, of dit nou in die Japanese hoogland, op die platteland of op die sypaadjie van een van Japan se digbevolkte, beknopte stede is, sal jy ligpienk kersiebloeisels, ‘cherry blossoms’ of ‘Sakuras,’ soos dit in Japanees bekend staan, sien. Dit lyk soos ligte spookasem op bruin stamme, soos wolkies wat bo-op die takke gebalanseer word – hemel op aarde! Dis geen wonder waarom die kersiebloeisel Japan se nasionale blom nie!
As mens navorsing doen oor Japan, hetsy dit op ‘n webwerf, in ‘n pamflet, in ‘n reisjoernaal of in ‘n koffietafelboek, sal Japan bemark word met hierdie kersiebloeisels. Die bloeiselbome verfraai die landskap, versier die strate en dit skep ‘n verwondering in die mense se gemoed – toeriste en inwoners s’n. Dis asof die jaarlikse verskyning van die bloeisels skoonheid en reinheid, harmonie en vrede bring – temas wat baie belangrik is in die alledaagse lewe van die Japanners. As mens Japan besoek op ‘n ander tyd as die kersiebloeiseltyd, mis jy verseker uit op die prag en die skoonheid daarvan, en ook die geleentheid om deel te wees van iets wat vir Japan baie belangrik is.
Tydens ons besoek aan Japan, het ek en twee ander jong-predikante een oggend ontbyt gaan eet by ‘n dosent by Kochi Theological Seminary, se vrou. Haar naam is Kiyoko. Sy het vir ons ‘n westerse ontbyt voorberei, messe en vurke uitgesit en kos opgedis in egte Norotaki porselein. Nog voordat ons geëet het, het ons iets beleef van die Japanese mense: hulle is konsidererend, hoflik en gasvry.
Voor ons geëet het, het Kiyoko vir dominee Rudolph Grobler gevra om ‘n teks uit die Bybel voor te lees wat sy gekies het. Dit het gegaan oor die kruisiging van Jesus Christus om te pas by die groot lydingsweek waarin ons is. Met die lees van die teks, kon mens sien dat sy diep geraak word en dat sy ywerig en versigtig luister na elke woord wat voorgelees word. Toe leer ek nog iets van die Japanese Christene: hulle is diep gelowige mense met ontsaglike respek vir die Bybel.
Tydens ete het Kiyoko uitgevra oor ons tuisgemeentes en ons bediening. Haar belangstelling was opreg, maar nie te persoonlik nie, want Japanners is van nature mense wat nie aanstoot wil gee nie. Na ete het ons vir Kiyoko die vraag gevra: ‘Hoe het jy tot bekering gekom?’ Sy begin haar getuienis met ons deel, en met haar woorde neem sy ons op ‘n geestelike reis van ‘n dogtertjie wat in haar wese altyd ‘n honger gehad het na iets meer. Toe Kiyoko Jesus ontdek en die evangelie gesnap het, was dit asof die honger gestil en haar dors geles is. Jesus het bevrediging gebring, en daar was rus in haar siel wat lewenslank soekend was.
Na ‘n lang, heilige stilte, eindig sy met die woorde dat daar nie eintlik veel mense is met wie sy hierdie verhaal gedeel nie, en dat sy bevoorreg voel dat drie dominees in haar storie belangstel. Ons kon sien dat die trane vlak sit, maar dit was nie trane van hartseer nie! Dit was van daardie soort trane wat iemand kry as hul wonderlike nuus ontvang het en graag wil deel. Dit was trane van verligting. Ons besef dat sy ‘n stukkie van haar siel met ons gedeel het. Ek het vir Kiyoko ‘n gebed gedoen – iets wat sy baie waardeer het, en rondom ‘n eetkamertafel in ‘n vreemde land, was die liefde van God, wat mense uit verskillende lande, talle, rasse en kulture tot ‘n nuwe eenheid kan saambind, tasbaar. Ons kon sien dat Jesus in Kiyoko se lewe gedoen het wat die kersiebloeisels jaarliks doen aan Japan se landskap. Haar hele lewe is vir altyd verander, en die mooi daarvan het ons eerstehands gesien en beleef deur haar getuienis.
Dis asof die kerk in Japan vol sulke verhale is. Mense woon in ‘n land waar minder 1% van die bevolking Christene is, maar dié wat die Here ontmoet het, het ‘n skat ontdek wat hul lewens inkleur en hul gemoedere lig. Hulle lewe kry nuwe sin en hul daaglikse bestaan is nie tevergeefs nie. Die liefde van die Here ‘blom’ in hulle lewe, en mens kom gou agter dat hulle anders is. Toe ons in Tokyo oorgebly het, het ek en dominee Elsché Eygelaar van Kaapstad oorgebly by ‘n paartjie, Yukiko en Yoshio Natori. Hulle is die ‘jongste Christene’ in die Reformed Church Shin-Urayasu, maar hulle is albei afgetree. Yoshio het tot bekering gekom nadat hy genees is van ‘n ernstige siekte, en daardeur die liefde van God ervaar het. Hy is die vorige Kersfees gedoop en so het hulle deel geword van die gemeente. Intussen is hy verkies op die kerkraad. Onmiddelik, net soos in die geval van Kiyoko, was daar ‘n band tussen ons en vreemdelinge. Dit is iets wat ek nie aan gewone mense kan verduidelik. In my binneste kan ek dit nie verklaar nie, maar ek weet dit is dieselfde Gees wat ons bly wat ons so saambind.
In my tyd in Japan het iets in my binneste ook begin blom – dis asof daar in my ook ‘n nuwe seisoen aangebreek het en dat die landskap van my lewe ook verfraai is. In die kerk in Japan is ek opnuut herinner en gewys wat dit beteken om ‘kerk’ te wees. Toegewyd aan aan die Here en aan mekaar. Gasvry teenoor vreemdelinge. Onbaatsugtige liefde teenoor jou naastes. Kindervriendelik. Eenvoudig. Nederig. Opreg.
Ek is eintlik jaloers op dit wat die kerk in Japan het, want dis asof hulle verstaan van kerkwees nog so nou gekoppel is aan die kerk waarvan ons lees in Handelinge; ‘n vorm van kerkwees waarvan ons in Suid-Afrika wegbeweeg het. Die kerk in Japan is vir my ‘n inspirasie van dit wat God in gelowiges se lewens kan doen, van dit wat Christus van sy kerk verwag en ook wat dit beteken om deel te wees van die liggaam van Christus. Die kosbare herinneringe van ons 10 dae in Japan, ons kontak met die gelowiges, gemeentes, teologiese studente en Stephan, Carina, Annlie, Cornelis, Lodewyk en klein Stephan, en die asemrowende land met sy kultuur sal my ewig bybly. Dit het my siening van kerkwees verryk en ek weet dit sal my bediening in die toekoms ook positief beïnvloed.
Tydens ons besoek aan Japan, veral toe ons in Tokyo was, het die woorde van Louis Brittz se liedjie ‘Unashamed’ aanhoudend in my kop gemaal. Die woorde gaan:
Wish that I could sing you
a more happy little song
But there are millions without a Saviour
I guess something’s really wrong…
…How I wish the world was different
Wish no one was lonely or lost
Dying without love
Should tell them about a story that is true
Tell them about a God who really cares for you
Tell them about a Saviour you can’t see
Tell them about His love that truly sets you free,
Free as you can be – tell unashamed!
My hoop, my droom en my wens vir Japan is dat genoeg mense gehoorsaam sal wees aan God se roepstem om die groot oes in te bring. My gebed is dat mense sal ervaar hoe Jesus Christus hulle kan bevry van ‘n doellose bestaan, en dat hulle sy liefde ook so tasbaar sal ervaar soos ons tydens die ontbyt met Kiyoko. Dat ons nog sal sien hoe Jesus Christus die land en sy mense sal vernuwe en verander soos die kersiebloeisels Japan se landskap verander in die lente.
Ds. Cornis Botha (NG Kerk Klawer) se opsomming:
Waar ek gegaan het om die kerk in Japan te gaan ondersteun, het die kerk in Japan my weer nuwe insig en motivering gegee om die plaaslike gemeente in Suid-Afrika te bedien. Dankie vir julle gasvryheid, julle geloof en julle openheid om ons te ontvang as broers en susters in Christus. Die RCJ is dalk klein, maar julle ken Jesus en volg Hom onbeskaamd.
In die golwende massas van Japan kan die sonderlingheid van individuele ontmoetings soms uit fokus raak.
ICHI-GO-ICHI-E (一期一会) beskryf die noodsaaklikheid daarvan om ontmoetings met mense te koester: een-vir-een. Dié Japannese uitdrukking is blykbaar eeue gelede geskep deur ‘n bekende meester van groentee seremonies. Dit kan vertaal word met “slegs hierdie keer” of “eenmaal in ‘n leeftyd”. ‘n Tydige herinnering om enige en elke ontmoeting as waardevol en betekenisvol te ag, omdat dit nie herhaal word nie.
Dít het ek opnuut die afgelope weke besef en beleef, terwyl ek die unieke geleentheid gehad het om deel te wees van twee groot byeenkomste van Christene in Japan.
Kyk na en deel gerus die 4-minute Youtube video, deur hierbo te kliek.
Onthou om die klank van jou rekenaar/slimfoon aan te skakel 🙂
Ons waardeer jou gebede, meelswing en ondersteuning!
Vrede en vreugde,
Stéphan, Carina, Annlie, Cornelius, Lodewyk en Stephan (jnr.)
Dear friend in Christ,
In the waving masses of Japan one can sometimes lose focus on the significance of individual meetings.
ICHI-GO-ICHI-E (一期一会) describes the need to cherish each meeting with people: one by one. This Japanese expression was apparently created centuries ago by a well-known master of green tea ceremonies. It may be translated with “only this time” or “once in a lifetime”. A timely reminder to regard any or every meeting as valuable and meaningful, seeing that it will not be repeated.
This reality dawned on me anew during the past weeks, when I had the unique opportunity to take part in two large gatherings of Christians in Japan.
Watch and share the 4-minute YouTube video, by clicking on it here above.
Remember to turn on the sound 🙂
We appreciate your prayers and support!
God’s Peace and Joy, in Christ.
Stéphan, Carina, Annlie, Cornelius, Lodewyk and Stephan (Jnr)
Missie Japan Blog deel vars insigte oor die uitdagings en vreugdes van Christen wees in Japan. God se Lig skyn hiér op unieke maniere.
Ons bedieningsfokus is tans gerig op die Kobe Gereformeerde Teologiese Kweekskool, asook Shikoku-eiland.
Hierdie blog help medewerkers om saam met ons betrokke te raak by die uitleef van Christelike geloof, hoop en liefde.
Oor die skrywer
Stéphan van der Watt (dr.)
is sendeling-predikant van die Reformed Church in Japan. Carina, sy vrou, en hulle vier kinders Annlie, Cornelius, Lodewyk en Stephan, deel in die bediening. Lees meer oor hulle en ander sendelinge van Missie Japan, deur hier te kliek.
Oor Missie Japan
Missie Japan is
• ‘n gesamentlike getuienisaksie van die NG Kerk familie, in noue vennootskap met die Reformed Church in Japan.
• ‘n vrywillige geloofsaksie wat ondersteun word deur individue, groepe, gemeentes en wyer kerkverbande regoor die wêreld.